Eksie perfeksie kort selfrefleksie: ’n TV-resensie

  • 0

“Alhoewel hy haar skaars ken, maak André die impulsiewe besluit om by sy nuwe meisie in te trek, net om dan uit te vind dat Dalene steeds bevriend is met al haar eks-kêrels. Geïntimideer deur hul teenwoordigheid, probeer André eers om met hulle bevriend te raak, maar dan ontdek hy dat al Dalene se verhoudings presies dieselfde patroon volg …”

Die opsomming hierbo verklap die hele storielyn. Hier en daar is ’n paar lekker afdraaie, ’n stuitige grap of vier, en ’n lieflike vertolking deur Pietie Beyers. Goeie Sondagaand vermaak voor die week begin.

Die goeie

In my rubriek oor Ek gee op, een van regisseur en draaiboekskrywer Corne Koegelenberg se vorige films, het ek die volgende kwyt geraak. Sy grootste talent is om komedie te skryf, maar sy vroulike karakters word te vlak uitgebeeld.

Ek is bly om te sien hy skryf nog steeds skerp, pittige dialoog. Sy “banter” tussen die hoofkarakters is met tye hardop-lag-snaaks en meestal vars en lekker dwars. Ek is egter verheug dat sy vroulike karakters in hierdie rondte effe beter vaar. Kyk, al die karakters is maar eendimensioneel. Dit is per slot van rekening ’n standaard rom-kom.

........
[Die] uitspattige oomblikke werk as gevolg van Pietie Beyers se aardse vertolking van Andre. Hy anker die waansin. Sy comedic timing is foutloos, en hy voeg baie emosie by, soos reeds genoem, ’n heel eendimensionele karakter.
........

Daar is uitsonderlike snaakse en uitspattige tonele waar Koegelenberg wel rom-kom cliches onderstebo keer. Die dans in die stegie wat meer lomp as romanties is, die poep in die bad, die miltsteek wanneer die verliefdes na mekaar toe aangehardloop kom. Die woord Lesotho gaan vir my nooit weer dieselfde wees nie.

Hierdie uitspattige oomblikke werk as gevolg van Pietie Beyers se aardse vertolking van Andre. Hy anker die waansin. Sy comedic timing is foutloos, en hy voeg baie emosie by, soos reeds genoem, ’n heel eendimensionele karakter.

Die slegte

Die produksiewaardes is nie wat wonders nie en dit breek die film af. Die kamerawerk is vervelig. Die redigering moes strenger wees. Die film is te lank.

Emma van Heyn se vertolking is staccatorig en steek veral af teenoor Beyers se lawwe, bedonderde, maar oulike Andre.

Ideaal sou ek ’n aks meer diepte waardeer het. Ek praat nou nie van Stephen Spielberg melodrama nie, maar net bietjie meer lyf.

Opsommend

Eksie perfeksie gaan nie pryse wen nie, maar dit is wel nog ’n stap in die regte rigting vir Koegelenberg.

Lees ook:

TV-oorsig: Juffrou X op kykNET – ’n blik op Suid-Afrikaanse skole

Halo: a TV review

Koek – die eerste drie episodes vars uit die oond uit

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top