Réney Warrington

My st 8 Afrikaans-juffrou het gesê ek moet eerder nie tale gaan swot nie. Die uitdrukking op haar gesig het beteken ek sal dit nie maak nie.

My st 8 Engels-juffrou het gesê ek moet asseblief ’n getekende kopie van my eerste boek vir haar bring. Ek dink ek glo eerder my Engels-juffrou.

Die ondernemers op Showmax – die lig in die donker: ’n TV-resensie

Réney Warrington TV 2024-08-13

"Die ondernemers wys jou wat dit verg om ’n begrafnis glad te laat afloop. Matte, duiwe, pamflette, die lyk mooi versorg, grafte wat inval as gevolg van los sand, ’n dominee wie se preek vrek kort is en ’n koeëlvaste baadjie vir sekere areas."

 

Eksie perfeksie kort selfrefleksie: ’n TV-resensie

Réney Warrington TV 2024-08-08

"Uitspattige oomblikke werk as gevolg van Pietie Beyers se aardse vertolking van Andre. Hy anker die waansin. Sy comedic timing is foutloos, en hy voeg baie emosie by, soos reeds genoem, ’n heel eendimensionele karakter."

TV-oorsig: Juffrou X op kykNET – ’n blik op Suid-Afrikaanse skole

Réney Warrington TV 2024-06-11

"By Victory Heights Sekondêre Skool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood. Juffrou X, die wiskunde-onderwyseres, bevind haar in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Al dieper begeef sy haar in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe."

Halo: a TV review

Réney Warrington TV 2024-03-26

"Halo has oodles of heart and soul and characters that resonate deeply."

Koek – die eerste drie episodes vars uit die oond uit

Réney Warrington TV 2024-03-19

"Dit gaan jou eie morele kode bevraagteken. Hoe ver sal jy gaan om walglike, seksistiese varke ’n les te leer. Laat ons nou maar eerlik wees: By vroue is daar ’n kollektiewe gatvol-wees vir die mishandeling wat ons deurgaan."

Wyfie – die eerste vier episodes: ’n resensie

Réney Warrington TV 2024-02-23

"Met al die universiteitsdrama in die land – geheime kamers, poppe met KKK-kappies, piepie op jou buurman se lessenaar – kon Wyfie nie vir ’n beter zeitgeist gevra het nie. Die draaiboek skiet wel te kort in vele ander afdelings."

Ek gee op: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2024-01-16

"Die dialoog is skerp, en van die tonele, soos die een waar polisiebeamptes ondersoek instel, is surrealisties snaaks. Ek dink wel dit sou snaaksser en donkerder gewees het as Koegelenberg vrye teuels gehad het."

Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg – ’n soort nabetragting

Réney Warrington Boeke en skrywers 2023-11-20

"Ek slaan die boek oop, maar die gedagte aan die skrywer se verlies bly by my. Ek beleef Hans se nuutste krisisse. Een, die sabotasie van sy status as Huis Madeliefie se voorste vermaaklikheidster en welverdiende posisie as mondstuk van die onderdruktes."

Festival voor het Afrikaans 2023 | My broer, Gertjie: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2023-11-16

"My broer, Gertjie is eerder ’n portret van ’n sanger en digter, maar ook ’n enigmatiese mens, ’n skaam mens wat werklik nie roem najaag nie. Die keuse om die film in swart en wit te skiet, dra daartoe by."

Die nuwe TV-reeks Straat is ’n verrassing

Réney Warrington TV 2023-10-31

"Ná net een episode is ek nuuskierig om hierdie unieke karakters beter te leer ken. Niemand is wie hulle voorgee nie. Elke speler is perfek vir die rol gekies."

Devil’s Peak – the first two episodes: a review

Réney Warrington TV 2023-10-24

"The number of Deon Meyer novels I have read have all been vastly enjoyable. Page-turners. The tension runs high; the characters are weird and wonderful. Yet, none of the film/TV adaptations I have seen, come close to the quality of the novels."

Hans steek die Rubicon oor: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2023-10-03

"Jare lange ervaring en opgeboude kennis word opsy geskuif oor ’n oom nie ’n slimfoon kan werk nie, of ’n tannie gehoorapparate nodig het. Ons ontneem hulle van hul waarde, maar beroof onsself van ’n kans om te leer. Ons het werk om te doen." Lees Réney Warrington se resensie van hierdie film wat ook by die Toyota US Woordfees 2023 vertoon word.

An interview with the South African creators of a Star wars: Visions short film, Aau’s song

Réney Warrington, Nadia Darries, Daniel Clarke Interviews 2023-08-31

"The more fantasy, visual effects and large world set-ups in a story, the more it lends itself to animation. Animation makes anything possible."

Barbie – ewe veel verheerliking, verwyt en vermaak

Réney Warrington Film 2023-08-01

"Barbie gun die pop die krediet wat sy toekom, maar spreek ook die skade aan wat sy verrig het. Gerwig vra ook hoe ons verder beweeg: Hoe lyk die nuwe vergestalting van die speelding? Wat word sy in 2023, of 2033, toegelaat?"

7de Laan: ’n fenomeen, of jy nou daarvan hou of nie

Réney Warrington TV 2023-07-21

"Musikant en TV-ster Keabetswe Mamosadi, meer algemeen bekend as KB, maak haar verskyning in die reeks in 2017. Haar karakter was nie veronderstel om veel Afrikaans te praat nie, maar KB het vir meer Afrikaanse dialoog gevra. 'I have studied Afrikaans and I feel confident about my abilities, but for me it is more about showing that Afrikaans and black culture are not from different worlds and can co-exist.'"

Top