Réney Warrington

My st 8 Afrikaans-juffrou het gesê ek moet eerder nie tale gaan swot nie. Die uitdrukking op haar gesig het beteken ek sal dit nie maak nie.

My st 8 Engels-juffrou het gesê ek moet asseblief ’n getekende kopie van my eerste boek vir haar bring. Ek dink ek glo eerder my Engels-juffrou.

Stromingsbeoordeling: Stranger things versus Pluribus – een van die twee was skouspelagtig, maar leeg

Réney Warrington TV 2026-01-15

"Pluribus word deur die kritici as ’n baken van moderne televisie gesien. Dit word geprys vir sy intellektuele erns en sy weiering om voor die altaar van populisme te buig. Dit is ’n reeks wat oor 50 jaar nog bestudeer sal word, terwyl Stranger things teen daardie tyd waarskynlik net ’n voetnota in ’n Netflix-algoritme sal wees."

Khaki fever is louwarm

Réney Warrington Film 2025-08-27

"In vandag se klimaat sal ’n Suid-Afrikaanse gehoor ’n goeie komedie verwelkom. Khaki fever se platvloerse humor en verbeeldinglose storie onderskat ons intelligensie."

What to watch: A TV guide

Réney Warrington Lifestyle and entertainment 2025-08-07

"Feeling overwhelmed with all the shows on offer? Here is a list of highly rated shows to watch, covering varying genres."

Semi-soeter (Netflix) is semi-bitter

Réney Warrington Film 2025-07-07

"Semi-soeter is eerstens ’n generiese romkom. Die geykte Hollywood-resep is daar. Die mense en die Kaap is mooi. ... Die spelers het almal hope talent, niemand mompel nie, en hier en daar styg hul vertolkings bo die draaiboek uit. As Hélène Truter uithaal en wys, dan luister jy. Dit is egter omtrent waar die goeie nuus eindig." 

Die dekonstruksie van Retta Blom: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2025-05-23

"Met Henriëtta Gryffenberg as draaiboekskrywer, veral na Die dinge van ’n kind, het ek hoop gehad vir Die dekonstruksie van Retta Blom."

Adolescence: Réney Warrington se TV-indrukke

Réney Warrington TV 2025-04-02

"Die reeks stel rekords op. Britse Premier, Keir Starmer, voel dit moet in die parlement en Britse skole gewys word. Hoekom het Adolescence ’n aar getref?"

’n Rand vir ’n tand deur Chareldine van der Merwe: foto’s en video van die boekbekendstelling

Réney Warrington Kinderboeke 2025-02-27

Chareldine van der Merwe se volgende kinderboek, ’n Rand vir ’n tand, is onlangs in Gauteng bekendgestel. Réney Warrington was daar en het foto’s en ’n video gaan neem.

Die ondernemers op Showmax – die lig in die donker: ’n TV-resensie

Réney Warrington TV 2024-08-13

"Die ondernemers wys jou wat dit verg om ’n begrafnis glad te laat afloop. Matte, duiwe, pamflette, die lyk mooi versorg, grafte wat inval as gevolg van los sand, ’n dominee wie se preek vrek kort is en ’n koeëlvaste baadjie vir sekere areas."

 

Eksie perfeksie kort selfrefleksie: ’n TV-resensie

Réney Warrington TV 2024-08-08

"Uitspattige oomblikke werk as gevolg van Pietie Beyers se aardse vertolking van Andre. Hy anker die waansin. Sy comedic timing is foutloos, en hy voeg baie emosie by, soos reeds genoem, ’n heel eendimensionele karakter."

TV-oorsig: Juffrou X op kykNET – ’n blik op Suid-Afrikaanse skole

Réney Warrington TV 2024-06-11

"By Victory Heights Sekondêre Skool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood. Juffrou X, die wiskunde-onderwyseres, bevind haar in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Al dieper begeef sy haar in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe."

Halo: a TV review

Réney Warrington TV 2024-03-26

"Halo has oodles of heart and soul and characters that resonate deeply."

Koek – die eerste drie episodes vars uit die oond uit

Réney Warrington TV 2024-03-19

"Dit gaan jou eie morele kode bevraagteken. Hoe ver sal jy gaan om walglike, seksistiese varke ’n les te leer. Laat ons nou maar eerlik wees: By vroue is daar ’n kollektiewe gatvol-wees vir die mishandeling wat ons deurgaan."

Wyfie – die eerste vier episodes: ’n resensie

Réney Warrington TV 2024-02-23

"Met al die universiteitsdrama in die land – geheime kamers, poppe met KKK-kappies, piepie op jou buurman se lessenaar – kon Wyfie nie vir ’n beter zeitgeist gevra het nie. Die draaiboek skiet wel te kort in vele ander afdelings."

Ek gee op: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2024-01-16

"Die dialoog is skerp, en van die tonele, soos die een waar polisiebeamptes ondersoek instel, is surrealisties snaaks. Ek dink wel dit sou snaaksser en donkerder gewees het as Koegelenberg vrye teuels gehad het."

Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg – ’n soort nabetragting

Réney Warrington Boeke en skrywers 2023-11-20

"Ek slaan die boek oop, maar die gedagte aan die skrywer se verlies bly by my. Ek beleef Hans se nuutste krisisse. Een, die sabotasie van sy status as Huis Madeliefie se voorste vermaaklikheidster en welverdiende posisie as mondstuk van die onderdruktes."

Top