........
Retta Blom het die perfekte lewe. Of so lyk dit. ’n Liefdevolle man, ’n seun, ’n hond en haar droomhuis in ’n groen, gegoede buurt in Johannesburg. Maar een oggend sien haar perfeksionistiese oog ’n klein krakie in die vernis raak. Sy begin twyfel. Sy begin ondersoek instel.
........
Retta Blom het die perfekte lewe. Of so lyk dit. ’n Liefdevolle man, ’n seun, ’n hond en haar droomhuis in ’n groen, gegoede buurt in Johannesburg. Maar een oggend sien haar perfeksionistiese oog ’n klein krakie in die vernis raak. Sy begin twyfel. Sy begin ondersoek instel. Miskien is haar man, Tobias, nie alles wat hy voorgee hy is nie. Kan dit wees dat hy al jare lank ’n donker geheim vir haar wegsteek? Wanneer sy en haar maltrap-kunstenaarsvriendin Leigh ’n road trip Kaap toe onderneem, begin die legkaartstukke een vir een inmekaarpas. En met elke nuwe stuk wat pas, rafel Retta nog ’n bietjie verder uit.
Ek wou nie hierdie film kyk nie, wat nog van daaroor skryf. (Contrary to popular belief, wil ek nie die plaaslike filmbedryf eiehandig vernietig nie.) Die voorprent was al genoeg voorbrand vir wat sou volg. Toe ek dit wel onder oë kry, het dit my so omgekrap dat ek genoop gevoel het om iets neer te pen.
Rotten Tomatoes gee Borderlands met die legendariese Cate Blanchett en Jamie Lee Curtis ’n skandalige 10%. Hul windgat opsomming? “Glitching out in every department, Borderlands is balderdash.”
Met ander woorde, nonsens op alle vlakke. As ’n aanhanger van Blanchett en Curtis was dit ’n bittere pil om te sluk, so ek besluit toe om self te besluit. ’n Uur en 42 minute later, besluit ek my puntetelling lê nader aan die 53% van die Springmieliemeter (voorheen die Gehoormeter).
Ja, daar is enorme probleme met die film. Daar is wel talle oomblikke waar die regisseur se maltrap visie en ongebreidelde passie deurskemer. Die humor is subversief. Die karakters is prikkelend. Blanchett, met ’n prettige rooi pruik, en Curtis as ma-figuur styg bo die dolheid uit. Gina Gershon se Moxxi is ’n sexy juweel. Die geheel het nie gewerk nie, maar jy is bereid om alle rede in die wind te gooi, want daar is emmers vol van wat die Engelse noem movie magic.
........
Met Henrietta Gryffenberg as draaiboekskrywer, veral na Die dinge van ’n kind, het ek hoop gehad vir Die dekonstruksie van Retta Blom.
........
Met Henriëtta Gryffenberg as draaiboekskrywer, veral na Die dinge van ’n kind, het ek hoop gehad vir Die dekonstruksie van Retta Blom. My hoop was misplaas. Daar is niks magies aan hierdie film nie, nie een oomblik waar ek myself wou oorgee aan die regisseur se (passielose) visie nie. Die film is die ekwivalent van ’n korporatiewe brosjure.
Die Netflix-film, I care a lot, bevat nie een enkele aangename karakter nie. Die hele spul van hulle is afskuwelike mense. Maar hulle is boeiend. Jy word vasgevang in hul doen en late. Jy wil die ongeluk sien gebeur en wanneer dit gebeur voel jy tog jammer vir die etters. (Dianne Wiest se Jennifer Peters was die uitblink-vertolking.) Is dit nie die doel van onaangename karakters nie? Om jou eerstens af te sit, maar tog in te trek en dan jou eie vooroordele te bevraagteken?
In Retta is die meerderheid karakters, insluitende Retta, onaangenaam, maar ongelukkig nie interessant nie. Jou opinies oor hulle verander ook nie. Hoe moet die kyker betrokke raak by die film? Of omgee wat van Retta of Leigh of Suria word? Antoinette Louw en Hilda Cronje doen hul absolute beste, maar kan nie baklei teen die regie nie.
In Good luck to you, Leo Grande verskyn Emma Thompson naak aan die einde van die film. Dit is ’n uiters treffende toneel waar sy voor die vollengte spieël vir haarself van bo na onder kyk. Haar hele groeiproses word opgesom en gesement in daardie paar sekondes. Die naaktheid het bygedra tot die kuns van die film.
Die naaktonele in Retta voel vir my oorbodig. Retta wat die handdoek laat val en in die stort klim, voeg niks by tot die film nie. Dieselfde gaan vir die seks met Tobias. Die toneel waar Tobias sy hand by haar bloes indruk en haar bors gryp, grens vir my aan uitbuiting. Dalk sou ’n vroueregisseur ’n ander aanslag gehad het? Selfs ’n regisseur wat ’n aanvoeling het vir vrouevraagstukke? Ieder geval, ek voel jammer vir Antoinette Louw.
Dit bring my by die trans karakter, Ave. Sy verskyn nie in die boek nie. Nou, trans-regte is ’n warm patat op die oomblik, so as jy jou hand waag om ’n trans karakter in te skryf, moet jy vrek seker wees van jou saak.
.........
Ek sê nie alleenlik trans vroue kan oor trans vroue skryf nie. (Dit sal maar vrek vervelig raak.) In die huidige klimaat waar ’n eens gerespekteerde skrywer soos JK Rowling gekanselleer word omdat sy vrae vra, maar tog verdedig word deur ’n New York Times-joernalis en bekende komediant, Eddie Izzard, self ’n trans vrou, kort ons ’n deeglike gesprek.
.........
Ek sê nie alleenlik trans vroue kan oor trans vroue skryf nie. (Dit sal maar vrek vervelig raak.) In die huidige klimaat waar ’n eens gerespekteerde skrywer soos JK Rowling gekanselleer word omdat sy vrae vra, maar tog verdedig word deur ’n New York Times-joernalis en bekende komediant, Eddie Izzard, self ’n trans vrou, kort ons ’n deeglike gesprek. Dus, die toevoeging van Ave sou 1) moes bydrae tot die storie, 2) deeglik omskryf word en 3) nie slegs gebruik word om sensasie te skep nie. Nul uit drie vir Retta.
........
Die film ly ook aan tegniese gebreke. In ’n land wat oorloop van talentvolle kinematograwe, klankingenieurs, redigeerders, ensovoorts, kan jou kamerawerk nie gemiddeld wees nie, jou klank nie krap nie en die spring tussen tonele nie lukraak oorkom nie.
.........
Die film ly ook aan tegniese gebreke. In ’n land wat oorloop van talentvolle kinematograwe, klankingenieurs, redigeerders, ensovoorts, kan jou kamerawerk nie gemiddeld wees nie, jou klank nie krap nie en die spring tussen tonele nie lukraak oorkom nie.
Laastens, die hond, Sam. My nekhare het gerys toe Retta en Leigh teen ’n spoed in die convertible by die bergpas afry en Sam sit op die agterste sitplek en uitkyk bo oor die windskerm. Retta en Leigh is vasgegordel. Sam is nie. Tydens die skiet van dié toneel, en ’n paar ander, was Sam in moontlike gevaar. In 2024 kan ’n produksiespan niemand se lewe in gevaar stel om die skoot te kry nie.
Sam se behandeling eggo wel vir my hoe die bronmateriaal, die akteurs en die naaktheid benader is – effens onverskillig.


Kommentaar
Goeie genade! Het ons dieselfde fliek gesien?
Ek en drie vriendinne, een trans, het daarna gaan kyk en dit baie geniet. Ja, dalk kon daar hier en daar verbeter geword het, maar dat die hele fliek so swak was? Ek weet darem nie.
Nee, JK Rowling vra nie vrae nie. Sy is afgryslik, oor haar sit jy dit pot ver mis.