
Minke Marais, Mila de Villiers en Paul Strydom (foto: https://atkv.org.za/nuus/posts/atkv-toneeluitblinkers-skitter-in-reenboogrant/)
Reënboogrant Tieners was ’n reeks toegespits op hoërskoollesers, wat gevolg het op die Reënboogrant Maats-reeks vir jonger lesers. Reënboogrant Tieners is nou ’n TV-reeks, en dis beskikbaar op Showmax en kykNET. Hier is nog inligting oor wanneer dit uitgesaai word (en dit kan natuurlik ook gestroom word).
Paul Strydom, wat die karakter Dolf in die TV-reeks vertolk, vertel vir Naomi Meyer van sy rol, wat hy van die reeks dink – en hy het ook ’n boodskap vir al die ouers wat die reeks kyk.
Hallo Paul, geluk met jou realistiese en natuurlike vertolking van die karakter Dolf in die reeks Reënboogrant. Dit voel soos gister dat jy nog op die verhoog was met al die ATKV-Tienertoneelstukke waarvoor jy pryse ingepalm het, en hier is jy op die TV-skerm. Vertel iets van jou karakter en van jouself – wat is dieselfde, wat is verskillend tussen julle twee?
Dolf is iemand wat ’n situasie deurdink van alle kant af, waar ek dit glad nie sal doen nie. Veral nie toe ek op hoërskool was nie. Op hoërskool het ek daai vinnige, in-die-oomblik-besluite gemaak wat my min of meer altyd in die moeilikheid gekry het, so dit is die grootste verskil tussen my en Dolf, die karakter.

Paul Strydom, saam met Minke Marais en Mila de Villiers (https://www.youtube.com/watch?v=APWhtJ4wgq8)
Wat ek en Dolf egter wel gemeen het, is Dolf, sien ek, is baie grounded. En eenvoudig op ’n baie goeie manier. Hy sê wat hy bedoel. Hy sê wat hy gaan doen.
..........
Hy praat nie in double meanings of code nie. Almal weet waar hulle met hom staan en waarvoor hy staan. Ek dink dis ’n baie sterk eienskap van Dolf. Dit is iets waarmee ek very much resonate.
............
Hy praat nie in double meanings of code nie. Almal weet waar hulle met hom staan en waarvoor hy staan. Ek dink dis ’n baie sterk eienskap van Dolf. Dit is iets waarmee ek very much resonate.

Johnny Potsanyane, Minke Marais, Mila de Villiers en Paul Strydom
Jy was nie te lank gelede nie self nog op hoërskool. Dink jy die Reënboogrant-reeks is 'n realistiese reeks? Vertel van die chaos, die pyn en die vreugdes van die hoërskoollewe – op die skerm, en weg van die skerm?
Reënboogrant is een van die mees realistiese voorstellings van hoërskool wat ek al ooit gesien het. Blatant net omdat my eie persoonlike ervaring van hoërskool ontsettend baie ooreenstem met hierdie hoërskool.
..........
Reënboogrant is een van die mees realistiese voorstellings van hoërskool wat ek al ooit gesien het. Blatant net omdat my eie persoonlike ervaring van hoërskool ontsettend baie ooreenstem met hierdie hoërskool.
..............
Baie van die goed wat jy in die reeks sien gebeur, het selfs met my gebeur. Met my, as Paul.

Skermafdruk afkomstig uit die lokprent (https://www.youtube.com/watch?v=APWhtJ4wgq8)
Daarom dink ek dat ’n reeks soos Reënboogrant regtig al daai “the good, the bad and the ugly” ... al daai goed van hoërskool wys. So ek sal absoluut vir mense sê dis van die beste wat ek al gesien het, en in Afrikaans.
Wanneer jy gevra het van die vreugdes en die pyn van tieners … ek dink die excitement van hoërskoolverhoudings is baie naby aan hoe dit op Reënboogrant is. Ek kan nog onthou hoe ek op hoërskool was … en hoërskoolverhoudings is baie anders as wanneer mens uit die skool is. En ek dink hoe die reeks dit interpreteer, is baie akkuraat.
Waarom sou jy die reeks vir enigiemand aanbeveel – tieners én hulle ouers? Moet die ouers dalk hulle veiligheidsgordels vasmaak?
Dis ’n baie goeie vraag. Dis ’n reeks, dis vermaak, maar dis ook kuns. Dit wys vir mense ’n spieël. Die meeste reekse help ons om te escape. Die ouers wat dit kyk, sal wel agterkom: die tieners in slegte situasies het nie altyd beheer oor hulle omstandighede nie. Hulle wil graag die regte ding doen. Baie ander reekse wys net die negatiewe kante van hoërskool. Reënboogrant wys ook die mooi.
Lees ook:
Tieners skitter in #Simbiose-toneelkompetisie: ’n oorsig van die ATKV se top 10 produksies
ATKV-tienertoneel: ’n onderhoud oor Parel Vallei Hoërskool se drie benoemde toneelstukke
Kanniedood, kopieregwetgewing en stories: ’n onderhoud met Joha van Dyk