Prent: Canva
Die ondersteuning van Afrikaanse skrywers kry ’n hupstoot met ’n verhoging in die prysgeld van die kykNET-Rapport-boekpryse, voortaan bekend as die Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse.
Die prysgeld van dié toonaangewende Afrikaanse boekpryse beloop nou altesaam R1,4 miljoen. Dié bedrag sluit die nuwe Breyten Breytenbach-prys vir Afrikaanse poësie in.
Die pryse word van vanjaar af soos volg toegeken: R350 000 elk vir fiksie (romans) en niefiksie; R200 000 elk vir die Herman Binge-filmprys, Breyten Breytenbach-prys en Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- en tweede prosawerke, en R50 000 elk vir fiksie- en nifiksieresensies.
Die verhoogde prysgeld het ten doel om as erkenning, onderskraging en aansporing te dien vir Afrikaanse skrywers en resensente om skryfwerk van gehalte in hul moedertaal te lewer.
Die toetrede van Netwerk24 as borg lui ’n nuwe hoofstuk in vir die boekpryse, wat in 2014 vir die eerste keer toegeken is.
............
“Met hierdie borgskap wil Netwerk24 help verseker dat Afrikaanse woordkuns nie net oorleef nie, maar floreer,” sê Henriëtte Loubser, hoofredakteur van Netwerk24. “In ’n wêreld waar kunsmatige intelligensie toenemend inhoud genereer, het ons ’n verantwoordelikheid om oorspronklike skryfwerk deur vlees-en-bloed-mense te bevorder.
..............

“Afrikaanse boeke het ’n spesiale plek in Netwerk24 en die inhoudsaanbod van al ons nuus- en leefstyltitels. Ons help graag die weg baan vir nuwe skeppings, ook deur toekomstige geslagte skrywers.”
Die wenners van die Netwerk24 kykNET Rapport-pryse word in September aangekondig.
Lees ook:
Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach