Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach

’n Poësieprys wat hulde bring aan een van Afrikaans se literêre ikone, Breyten Breytenbach, word voortaan jaarliks toegeken. Die nuwe Breyten Breytenbach-prys vir Afrikaanse digkuns beloop R200 000 – sonderlinge aansporing in ’n genre wat relatief min erkenning kry in die vorm van literêre pryse. Die prys maak deel uit van die jaarlikse kykNET-Rapportpryse en word toegeken vir Afrikaanse digbundels wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.