Teach you a lesson leer vir opvoeders ’n les

  • 0

Teach you a lesson – Koreaanse TV-reeks: Het mag die katalisator vir die ontwrigting in die onderwysstelsel kom word?

As eerstejaarstudent kom leer ek die volgende stelling: “Politics is education, and education is politics.” Ek kon nooit die stelling begryp nie, maar dit het maar later kom sin maak dat politics alles betrek, tot op die klere wat jy dra. Dis eintlik afgryslik as jy daaraan dink.

Die nuutste Netflix- Koreaanse TV-reeks maak sy verskyning en die titel wek reeds belangstelling. Dalk omdat die belange van opvoeding in die land vir my so ’n pertinente saak bly. Nou, meer as ooit. UNESCO skryf ’n verslag (2021) oor die krisisse in opvoeding ter wêreld. Dis amper vyf jaar gelede. Ander akademici in Suid-Afrika poseer dieselfde narratief met betrekking tot opvoeding. Dis in my opinie ’n saak wat verby kommerwekkend en robust gesprekke is. Opsommenderwys, kyk die TV-reeks na kwessies waarmee skole in dié land gekonfronteer is. Elke episode kyk na ’n ander scenario. Van afknouery (boelie), geweld teenoor onderwysers, selfmoord van leerders as gevolg van voortdurende mishandeling, dobbelary onder leerders tydens klastyd, tot betrokkenheid en diktatorskap van ouers en ouers wat leerders forseer om hulle droom te leef. Al beteken dit, dit is ten koste van die kind se geestes- en fisiese gesondheid. Die minister van onderwys stig dan ’n Onderwysregtebeskermingsagentskap (ERPA) wat beoog om orde in skole te herstel. Hulle gebruik onkonvensionele en soms gewelddadige metodes om leerders, ouers en selfs skoolbestuurders aanspreeklik te hou. Ek sal later praat oor die onkonvensionele metodes wat gebruik word deur die ERPA. Maar dit gee aanleiding tot die vraag: Wat is dissiplinêre metodes in ’n moderne onderwysstelsel? Bestaan dit ooit?

Vanuit die staanspoor maak ek die volgende stelling aan myself: Hierdie documentary is broodnodig. Maar ek sit ook terug en dink vir myself: Gaan dit net nog ’n gesprek wees in die gang by skole en universiteite, of dat leerders gevra word om akademiese opstelle daaroor te skryf? Nie in een van die episodes vergestalt dat die regisseur of dramaturg ’n apatiese houding teenoor leer het nie. Ek bly maar my bedenkinge hê oor die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum.

Selfs dít is nie uitdagend of so uniek in hierdie reeks nie, maar bogenoemde temas wat belig word – dis orals in die wêreld uitdagend. Die hartseer realiteit is dat dit globale temas is. Ek kon onmiddellik resoneer met die inhoud van die TV-reeks, omdat ek in die onderwys is.

My eerste argument is gebaseer op die pligte en verantwoordelikhede van onderwysers (ELRC 1998). Dit lees: “The ability of our education system to compete in an increasingly global economy depends on our ability to prepare both learners and educators for a new and changing environment.” Ek belig hierdie belangrike stelling in die beleid se aanhef, want dit weerspreek presies wat ons in die onderwysstelsel uitoefen. Ek is ’n voorstander vir die idee dat onderwysers ten minste elke drie tot vyf jaar heropleiding ontvang. Hierdie opleiding moet ’n ineenvloeiing van rolspelers bevat wat elke dag binne die realm van opvoedkunde werk. Bevoegde rolspelers. Ons hoef nie te wag vir maande om oor die kop geslaan te word met nuwe trends en uitdagings nie. Dit gebeur binne weke. My vraag is dan: Wie dra die swaarste las? As onderwysers (skole) nie opgelei is om met hierdie uitdagings te werk nie, is dit maar net een tikkende tydbom. Eers dan skrik belanghebbendes wakker en wil ingryping doen. Teen daardie tyd is ’n onderwyser se lewe reeds in gedrang. En die kind kry “progressiewe dissipline”.

Tweedens, saam met vryheid kom verantwoordelik. Leerders verstaan en leef nie die konsep van aanspreeklikheid nie. As ouers baie gou reageer met die antwoord dat hulle kind “progressive” is – wat beteken hulle kan hul opinie regverdig lig – beteken dit ook dat hulle progressive met akademie kan wees. Soos om ’n pen skool toe te bring wat eintlik werk. Of ’n boek oor te trek, al is dit met koerantpapier. Of om die datum te weet! Of eenvoudig ’n bladsy te plak wat jou minder as ’n minuut gaan neem. Hierdie klein, praktiese takies word eenvoudig misgekyk. Beleide en wette fokus te veel op die leerder en nie hoe ons die leerder kan bemagtig nie, deur eintlik te verseker dat progressiveness geëmuleer word binne skole. Die kognitiewe dissonansie ontstaan wanneer die leerder probeer fout vind, of nie begryp waarom ’n onderwyser hom regstel wanneer hy nie ’n bladsy geplak het nie. Die geleidelike dissipline in hierdie geval werk nie meer as dit amper ses keer gebeur nie.

Die hoofkatalisator vir kwaliteit-opvoeding berus op die onderwysdepartement se aktiewe betrokkenheid. Ek wil glo dat onderwysers en hul werkgewers bestaan binne disharmonie. En dis normaalweg die begin van ’n afwaartse spiraal. Dis wat ons alreeds ervaar. Die krisis binne opvoeding. Onderwysdepartemente kyk na leerders as syfers en nie as iemand (kind) wat ’n bydrae kan lewer in die samelewing nie. Hul leuse weerspreek die realiteit. Hierdie proses waar die onderwysdepartement leerders “oorplaas” om die syfers en getalle te laat klop, sodat hulle globaal en internasionaal kan kompeteer, laat veel te wense oor. Dis hier waar die fokus te veel op die onderwyser is – en leerders kry dan die geleentheid om die reëls en grense te toets.

.......
Vanuit ’n opvoedkundige oogpunt word die dissiplinêre maatreëls wat in die reeks uitgebeeld word, oorwegend as onvanpas en onaanvaarbaar binne hedendaagse skoolkontekste beskou. In Suid-Afrika word dissipline deur wetlike en beleidsraamwerke, leerders se regte en die beginsels van prosedurele billikheid gereguleer. Gevolglik sou fisiese intimidasie, vernedering en vigilanteoptrede bots met die waardes van die Grondwet en bestaande onderwysbeleide. Maar die reeks se oordrewe dissiplinêre metodes simboliseer frustrasie met ondoeltreffende stelsels en nooi kykers uit om oor moeilike vrae na te dink:
.........

Wat die onkonvensionele en buitengewone dissipline-aksies betref: Vanuit ’n opvoedkundige oogpunt word die dissiplinêre maatreëls wat in die reeks uitgebeeld word, oorwegend as onvanpas en onaanvaarbaar binne hedendaagse skoolkontekste beskou. In Suid-Afrika word dissipline deur wetlike en beleidsraamwerke, leerders se regte en die beginsels van prosedurele billikheid gereguleer. Gevolglik sou fisiese intimidasie, vernedering en vigilanteoptrede bots met die waardes van die Grondwet en bestaande onderwysbeleide. Maar die reeks se oordrewe dissiplinêre metodes simboliseer frustrasie met ondoeltreffende stelsels en nooi kykers uit om oor moeilike vrae na te dink:

  • Wat gebeur wanneer skole die vermoë verloor om orde te handhaaf?
  • Hoe behoort leerders se regte met onderwysers se regte gebalanseer te word?
  • Wie dra die gevolge wanneer dissiplinêre stelsels misluk?

Die verwysing na mag in die openingsparagraaf stel uiteindelik die vraag: Wie wen en wie verloor? Die een met die baie min hulpbronne dra die las en dit gee die geleentheid vir wanorde ... of nie? Dit bly ’n debat. Ander kan argumenteer dat omstandighede nie jou bestemming voorsê nie. Hoe dit ook al sy, die spoedige ingryping van die departement is van kardinale belang. Ons tree bloot reaksionêr op. En dit is uiters gevaarlik. Hersien die beleide en dokumente. Is die mag en geld so belangrik dat mensereg verontagsaam word, want onderwysers bly mens? Dis ’n bron wat nooit met ’n robot of ander vorm van kunsmatige intelligensie vervang kan word nie. Die konstante hersiening en herposisionering van wetgewing binne opvoeding stel voorkomende maatreëls in plek, wat beide onderwysers en leerders beskerm.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top