SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |

Follow and join the ongoing conversation on South African schools.

Wanneer ’n taalreg soos ’n spesiale vergunning lyk: die broosheid van moedertaalonderrig in Suid-Afrika

Michelle Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-09-05

"Met die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette ... wat taalbeleide verder onder die beheer van die Departement van Basiese Onderwys sentraliseer, is die vraag: Gaan hierdie kwalifiserende bepalings nóg meer ruimte kry om moedertaalonderrig uit te hol?"

Die totstandkoming van die Nasionale Raad vir Onderwys en Opleiding: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-29

"Ons kan eenvoudig nie nog praatberade hou nie; ons moet nou aksie sien."

Wenke vir matrieks: ’n matriekleerder wat verlede jaar haar eindeksamen in die hospitaal geskryf het, deel haar suksesstorie

Naomi Meyer, Marshalene de Jongh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-25

"Moenie jouself onderskat nie."

Wenke vir jongmense wat wil skryf of in die boekebedryf wil werk: ’n onderhoud met Jannes Erasmus

Naomi Meyer, Jannes Erasmus Onderhoude 2025-08-19

"Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste 'advertensie/bemarking' is. Niemand anders ken jou beter as jouself nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en dit vir tydskrifte te stuur."

Bela: Regulasies bring helderheid maar enkele kwessies pla nog

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-13

"Van taal gepraat: As voormalige taalonderwyser en taaldosent vir wie taal na aan die hart lê, het ek noukeurig opgelet na die taal waarin die regulasies geskryf is. Die dokument verwys op meer as een plek daarna dat die verskillende partye met mekaar moet praat in die soeke na oplossings (kom ons noem dit ons eie onderwysdialoog in die kleine)."

Swak gevaar in die tweede kwartaal se skooleksamen? Hier is hulp en raad

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-30

"Ek weet van leerders wat in Junie-eksamens gedruip het in vakke soos wiskunde en ander leervakke en die einde van die jaar met ’n 70%-slaagsyfer weggestap het. Hulle het eenvoudig besluit die druippunt is net ’n wekker wat hul wakkergemaak het om die erns van die saak te besef."

Derde skoolkwartaal: verwikkelinge rondom die Bela-wet en skoolsake – ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-25

Die nuwe skoolkwartaal het pas begin. Hoe lyk die situasie in die middel van die jaar vandat die nuwe wetgewing onderteken is? Jaco Deacon vertel.

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderrig: kommer oor inheemse tale

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-18

"Wat sou Madiba dus sê as hy vandag, op sy verjaarsdag, na ons taallandskap kyk? Ek glo hy sou baie hartseer gewees het om te verneem dat sy visie vir inheemse tale ’n muis gebaar het."

Genadendal-onderwysberaad spreek onderwyskrisis aan

Maryke Roberts SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-02

"Die 'pandemie van middelmatigheid wat stelselmatig wegvreet aan kennis, vaardigheid en geletterdheid' in die huidige Suid-Afrikaanse onderwysstelsel, het die pasafgelope Saterdag ’n groot groep onderwysers, professore en doktore op Genadendal byeen gebring vir die Genadendal-onderwysberaad wat deur Kaapse Forum aangebied is. Elke spreker het die swak stand van opvoeding, die regering se dowe oor jeens die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig, en die afwesigheid van ouers in die opvoedingsproses in hul aanbiedinge beklemtoon."

Foute in vraestelle: Sal die kinders vir die gelag betaal?

Naomi Meyer, Jaco Deacon, Paul Philip Sauer, Maryna Besseling SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-01

Die media het onlangs oor foute in sekere departementele matriekvraestelle berig. Sommige van die flaters was lagwekkend, soos die periodieke tabel wat verkeerdelik en foutiewelik in Afrikaans vertaal is. Belangrike vrae oor gehaltebeheer van die vraestelle behoort egter gevra te word – en die sielkundige effek van foute in ’n eksamenvraestel kan nie buite rekening gelaat word nie. Rolspelers van Fedsas en SAOU gee hul menings.

VVA se Boektrommelprojek bring leesvreugde na Stellenbosch se laerskole

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2025-06-27

"Die VVA glo dat lees aangeleerde gedrag is wat deur die voorbeeld van volwassenes gevorm word. 'Net soos ’n atleet moet oefen om te presteer, moet kinders gereeld lees om goeie lesers te word,' voeg Van der Merwe by. Deur boeke en storievoorlesing bevorder die VVA nie net geletterdheid nie, maar ook waardes en verbeelding."

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en Afrikaans-kurrikulum: ’n Afrikaans-onderwyser van die Kaapse Vlakte deel sy ervarings

Faeed Amardien SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-06-13

"My groot kommer en vraag is hoe lank ons wil voortgaan om hierdie onrealistiese kurrikulum op leerders af te dwing. Daar is ... ’n divorce tussen die realiteit (leerders) en die kurrikulum. Die instelling van die huidige kurrikulum (KABV 2012) spreek tot die leerder se nadeel, en hoe langer ons blindelings na hierdie narratief staar, hoe meer is ons medepligtig in die onreg wat leerders in skole ervaar. ... [D]aar moet erkenning gegee word aan leerders se identiteit en erfenis."

Reading for comprehension deur Michael le Cordeur: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-05-28

"Die behoefte vir ’n boek soos hierdie een bestaan dus in die eerste plek in die ouerhuis, omdat ek in hoofstuk een reeds vir ouers leiding gee waarvoor hulle moet uitkyk om te weet of hul kind ’n leesprobleem het al dan nie. Dan is dit ’n noodsaaklike instrument vir die onderwyser in die klaskamer. Ons almal wil hê ons kinders moet beter lees, maar niemand weet wat om te doen nie."

Wenke vir die ATKV-redenaars 2025 se semifinale rondte: 'n onderhoud met Elbie Adendorff

Naomi Meyer, Elbie Adendorff ATKV-Portaal 2025-05-08

Elbie Adendorff gee in hierdie onderhoud wenke vir deelnemers van die ATKV se redenaarskompetisie wat deurgedring het na die volgende rondte - en ook vir deelnemers wat nie deurgedring het nie.

Te min geld vir onderwys: ’n onderhoud oor die regering se plig en ouers se taak

Naomi Meyer, Jaco Deacon, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-04-25

"Skole en onderwysers is toenemend onder druk deur ouers wat ’n verbruikersingesteldheid openbaar, eerder as dié van ’n vennoot. Skole kan nie in sewe uur regmaak wat huishoudings en die samelewing in 17 uur breek nie."

Onderwys se begrotingsprioriteite

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-04-14

Noudat dat die begroting uiteindelik goedgekeur is, neem Michael le Cordeur die vrymoedigheid om 10 onderwysprioriteite voor te stel.

Menseregtedag 2025, belangrike dae in die onderwys – en hoe onderwysers se regte soms geskend word

Naomi Meyer, Faeed Amardien Menings 2025-03-20

"In ’n kontemporêre wêreld kan dit lyk asof die regte van onderwysers dalk uitgeruil word vir die regte van leerders (nog altyd menseregte)."

Persverklaring: Wes-Kaapse skole by WOW-skoolmedia-gala vereer

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-03-11

Woorde Open Wêrelde (WOW) het Donderdag 6 Maart 2025 uitblinkers van die WOW-skoolmediakompetisie by ’n galageleentheid in Stellenbosch vereer.

VVA-Leeskonferensie: "Elke kind wil lees"

Marzahn Botha ATKV-Portaal 2025-02-27

Dis weer in die nuus: Die meeste Suid-Afrikaanse kinders kan nie met begrip lees nie. Lees ’n verslag van die belangrike werk ten opsigte van kinders en lees wat onlangs as deel van die Adam Small-fees in die gedaante van ’n leeskonferensie aangebied is.

Sosialemedia-wetgewing: verskansing, foltering of verheffing?

Coert Mommsen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-26

Coert Mommsen, afgetrede sielkundige, dink die onlangse wetgewing in ander lande wat sosialemediagebruik onder jongmense inperk of verbied, is nie noodwendig ’n goeie ding nie: "Elke gebruik van die internet of selfoon skep daagliks / uurliks vir die gebruiker kommunikasienetwerke en kontakte. Sulke netwerke is ’n lewende werklikheid vir elke gebruiker en hulle is noodwendig psigologies hieraan gebind."

Top