SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |

Follow and join the ongoing conversation on South African schools.

Nuwe Geskiedeniskurrikulum: Afrika het ook ’n geskiedenis

Johan Wassermann SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-04-15

"Die opvoedkundige uitkoms daarvan is ’n verstaan van wat Afrika is en hoe bekwaam Afrikane was. Dit is fundamenteel anders as wat elke skoolgeskiedeniskurrikulum nog ooit in Suid-Afrika as kernfokus op die voorgrond geplaas het."

The fear of erasure: On South Africa’s history curriculum and the Afrikaner question

Mphuthumi Ntabeni SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-04-15

"The bittereinder dying of typhoid in a Bloemfontein camp and the black child buried without a name in a Free State field are not statistics in a structural argument; they are the argument. A curriculum that cannot make a schoolchild feel the weight of those deaths in their own chest has failed at its most essential task."

Die klas as lewende verhoog

Toyer Hefca SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-04-02

"Onderwys is nie ’n perfekte uitvoering nie. Dit is ’n voortdurende proses van aanpas, leer en groei. Dit is ’n verhoog sonder ’n vaste draaiboek, en dalk is dit juis waar sy grootste waarde lê."

'n Onderhoud oor kunsmatige intelligensie en die algoritme in die klaskamer: ’n probleem of probleemoplossing?

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-03-24

"Die grootste toekomsgedagte wat ek het, is dat ons nie moet praat van die KI-revolusie nie, maar van die KI-evolusie. Revolusie het negatiewe konnotasies, en evolusie kan vir ons dalk dui op genormaliseerde veranderinge en aanpassings."

Leesgeletterdheid, intergenerasietaalverskuiwing en mobiliteitsideologie: ’n sosiolinguistiese ontleding van middelklas bruin gemeenskappe in postapartheid Suid-Afrika

Merlyn van der Rheede SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-03-05

"Ouers kies Engels as simboliese en ekonomiese kapitaal. Afrikaans bly emosioneel sentraal, maar verloor funksionele domeine. Hierdie dinamika speel af binne ’n onderwysstelsel waar fundamentele leesgeletterdheid reeds onder druk is."

VVA-Leeskonferensie 2026: "Die wysie van die taal"

Marzahn Botha SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-02-26

"'Want ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind,' verkondig die digter, Antjie Krog, wyd en syd. Dit was die boodskap op die onlangse VVA-Leeskonferensie wat verlede Donderdag tydens die Adam Small-fees by die PC Peterson Primêr in Kylemore vir onderwysers en opvoeders van veral die voorskoolse kind aangebied is." Lees Marzahn Botha se berig oor die opwindende konferensie en kyk ook foto’s van die geleentheid. 

Onderwys op Groote Eylandt in Australië: ’n onderhoud met Rethamari le Roux

Naomi Meyer, Rethamari le Roux SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-02-20

"Ek was gelukkig om werk te kry by Angurugu Skool in Angurugu. Groote Eylandt ... behoort aan die Anindilyakwa Land Council en is Aboriginale land. Daar is drie dorpe op die eiland: Alyangula, wat die myndorp is waar ons woon, Angurugu en Umbakumba, wat Anindiliyakwa-dorpe is."

Afrikaans: die taal van Afrika en die Afrikaner as ’n "African" – erkenning vanuit ’n onverwagse oord

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-01-30

"Die groot Suid-Afrikaanse tragedie is dat Afrikaans nie as ’n inheemse taal erken word nie. Afrikaans word gekortwiek om sy plek langs ander Afrikatale in te neem. Dit alles is ’n somtotaal van die ideologiese benadering tot die onderwyssisteem. Daarvolgens is Engels die taal van onderwys en die staatsdiens in die algemeen en is ’n groot bydraende faktor tot die swak prestasies in die onderwys."

Laventelolie-projek ontvang twee toekennings by internasionale wetenskapekspo: ’n onderhoud met Wium van Niekerk

Naomi Meyer, Wium van Niekerk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-12-18

"Daar is aan my by WISPO ’n goue medalje toegeken, asook ’n 'Grand Award', wat beteken dat ek my kategorie van Environmental Sciences gewen het. Ek het gehoop dat ek ten minste ’n medalje sou wen, maar ek het glad nie verwag om my kategorie te wen nie."

Bestekopname na die matriekeksamen: ’n onderhoud

Maryna Besseling, Naomi Meyer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-12-04

"Die vraag is – voldoen die voorbereiding van werkers in hierdie land aan die eise wat die land het, of bou ons aan ’n akademiese kwalifikasie wat nie verskillende gawes van die kinders van die land in ag neem nie?"

Universiteit of ambag vir skoolverlaters? ’n Onderhoud met Sonja Squires

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-11-26

"Die stigma aan alles wat nie universiteitsgebore is nie, moet ons afskud. Die wêreld is veel groter as akademie. ... Suid-Afrika het ’n tekort van meer as 10 000 ambagspersone en wêreldwyd sit groot lande ook met soortgelyke tekorte – die wêreld is eintlik jou oester as jy in ’n ambag wil kwalifiseer, en boonop kan jy ’n kans kry om oorsee te reis."

Wanneer ’n taalreg soos ’n spesiale vergunning lyk: die broosheid van moedertaalonderrig in Suid-Afrika

Michelle Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-09-05

"Met die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette ... wat taalbeleide verder onder die beheer van die Departement van Basiese Onderwys sentraliseer, is die vraag: Gaan hierdie kwalifiserende bepalings nóg meer ruimte kry om moedertaalonderrig uit te hol?"

Die totstandkoming van die Nasionale Raad vir Onderwys en Opleiding: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-29

"Ons kan eenvoudig nie nog praatberade hou nie; ons moet nou aksie sien."

Wenke vir matrieks: ’n matriekleerder wat verlede jaar haar eindeksamen in die hospitaal geskryf het, deel haar suksesstorie

Naomi Meyer, Marshalene de Jongh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-25

"Moenie jouself onderskat nie."

Wenke vir jongmense wat wil skryf of in die boekebedryf wil werk: ’n onderhoud met Jannes Erasmus

Naomi Meyer, Jannes Erasmus Onderhoude 2025-08-19

"Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste 'advertensie/bemarking' is. Niemand anders ken jou beter as jouself nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en dit vir tydskrifte te stuur."

Bela: Regulasies bring helderheid maar enkele kwessies pla nog

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-13

"Van taal gepraat: As voormalige taalonderwyser en taaldosent vir wie taal na aan die hart lê, het ek noukeurig opgelet na die taal waarin die regulasies geskryf is. Die dokument verwys op meer as een plek daarna dat die verskillende partye met mekaar moet praat in die soeke na oplossings (kom ons noem dit ons eie onderwysdialoog in die kleine)."

Swak gevaar in die tweede kwartaal se skooleksamen? Hier is hulp en raad

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-30

"Ek weet van leerders wat in Junie-eksamens gedruip het in vakke soos wiskunde en ander leervakke en die einde van die jaar met ’n 70%-slaagsyfer weggestap het. Hulle het eenvoudig besluit die druippunt is net ’n wekker wat hul wakkergemaak het om die erns van die saak te besef."

Derde skoolkwartaal: verwikkelinge rondom die Bela-wet en skoolsake – ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-25

Die nuwe skoolkwartaal het pas begin. Hoe lyk die situasie in die middel van die jaar vandat die nuwe wetgewing onderteken is? Jaco Deacon vertel.

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderrig: kommer oor inheemse tale

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-18

"Wat sou Madiba dus sê as hy vandag, op sy verjaarsdag, na ons taallandskap kyk? Ek glo hy sou baie hartseer gewees het om te verneem dat sy visie vir inheemse tale ’n muis gebaar het."

Genadendal-onderwysberaad spreek onderwyskrisis aan

Maryke Roberts SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-02

"Die 'pandemie van middelmatigheid wat stelselmatig wegvreet aan kennis, vaardigheid en geletterdheid' in die huidige Suid-Afrikaanse onderwysstelsel, het die pasafgelope Saterdag ’n groot groep onderwysers, professore en doktore op Genadendal byeen gebring vir die Genadendal-onderwysberaad wat deur Kaapse Forum aangebied is. Elke spreker het die swak stand van opvoeding, die regering se dowe oor jeens die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig, en die afwesigheid van ouers in die opvoedingsproses in hul aanbiedinge beklemtoon."

Top