
Marshalene de Jongh (foto: verskaf)
Marshalene de Jongh het verlede jaar matriek geslaag.
Sy vertel vir Naomi Meyer hoe sy dit reggekry het.
Marshalene, vertel my van verlede jaar hierdie tyd. Waar was jy – en hoekom?
Laas jaar hierdie tyd was ek ‘n matrikulant van Loeriesfontein Hoërskool, en die skool se hoofdogter. Ek was ‘n gewone leerder en het altyd my beste probeer gee. Ek was iemand wat stil was, maar was ook nou en dan stout, iets wat elke leerder doen.
Dalk is daar hierdie jaar ander matrikulante wat nou baie benoud voel. Wil jy vertel wat jy gedoen het toe jy verlede jaar so gevoel het?
Ek altyd gebid elke oggend, want dit gee jou krag omdat jy weet die Vader gaan saam met jou stap. Elke oggend het ek myself herinner hoekom ek skool wil klaar maak, hoekom ek altyd myself eerste moet stel. Voor ek ‘n probleem oplos, dink ek na oor wie is almal betrokke en wat kan gebeur as ek ‘n verkeerde besluit neem.
Wat het toe gebeur? Wat het aan die einde van die jaar gebeur?
.........
Die eindeksamen het begin, die groot oomblik, my laaste hoërskooleksamen het begin. Ek begin skryf my eksamen in ons lokaal by die skool. Hier gebeur ‘n ongewone ding – ek is verlam in my eksamentyd. Ek maak kontak met die waarnemende skoolhoof. Sy kom tot by my en daar word planne gemaak. Daarna gaan ek kliniek toe met haar hulp. Daar kry ek die slegste nuus ooit – Ek moet Calvinia-hospitaal toe gaan en daai Woensdag moet ek skryf.
.............
Die eindeksamen het begin, die groot oomblik, my laaste hoërskooleksamen het begin. Ek begin skryf my eksamen in ons lokaal by die skool. Hier gebeur ‘n ongewone ding – ek is verlam in my eksamentyd. Ek maak kontak met die waarnemende skoolhoof. Sy kom tot by my en daar word planne gemaak. Daarna gaan ek kliniek toe met haar hulp. Daar kry ek die slegste nuus ooit – Ek moet Calvinia-hospitaal toe gaan en daai Woensdag moet ek skryf. Wel, dit gaan moeilik wees. Ek kom in Calvinia, die dokters sien my en daar kry ek ‘n antwoord, "Jy moet hier bly, want ons moet toetse doen en saam die spesialiste in Kimberley praat." Ek maak kontak met die hoof en sy maak my kalm en sê ek sal kan skryf solank ek die hospitaalpersoneel inlig. So gedoen en ek kry baie ondersteuning van hulle af en dit laat voel my ‘n bietjie beter. Laat in die nag moes ek leer en seker maak ek is reg vir die volgende dag. Ek het die meeste van my vraestelle in die hospitaal geskryf, my laaste vraestel in Kimberley-hospitaal ver van die huis af en net vreemdelinge se naby ondersteuning. My huismense het my ondersteun en almal se ondersteuning naby en ver het my gedra en dit alles was die moeite werd.
Kan jy onthou hoe jy gevoel het wanneer die toesigpersoneel die vraestelle voor jou neergesit het in die eksamen? Watter vakke was vir jou die moeilikste – en wat het jy dan gedoen, daar in die eksamen?
Ek was senuweeagtig, bekommerd, het gewonder of ek ooit genoeg geleer het. Ek het diep asem gehaal en daarna in my gedagte gebid sodat die Here my kan kalm maak en dat ek reg is vir skryf. In die hospitaal was ek baie senuweeagtig, ek het altyd gedink ek het nooit genoeg geleer nie. Ek het altyd gebid en seker gemaak ek is reg. Die moeilikste vak vir my was Lewenswetenskappe. Ek het die vraestel stadig deur gelees en na die toesighouer gekyk asof hy vir my hulp kon aanbied. Ek het die vraestel deurgegaan in my leestyd, en toe ek mag begin skryf toe antwoord ek die maklike vrae in potlood op die vraestel en begin die ander so stadig antwoord met die wete ek gee my beste.
Wat is jou raad vir ’n matrikulant wat hier lees?
........
Moenie jouself onderskat nie. Hou uit en maak die beste van jou laaste jaar en moet nooit hulp wegwys wat van goeie mense af kom nie.
............
Moenie jouself onderskat nie. Hou uit en maak die beste van jou laaste jaar en moet nooit hulp wegwys wat van goeie mense af kom nie. Moenie vergeet om tot God te bid nie, Hy is en sal altyd aan jou sy wees. Maak seker jy leer genoeg, slaap genoeg en drink genoeg water. Jou drome kan waar word. Jy moet jou beste gee en maak die Vader deel van jou planne. Moet nooit jouself onderskat nie. As ek dit kon doen, dan kan jy ook. ‘n Hospitaalbed en niemand naby jou is hartseer, maar toe ek my uitslae sien, moes ek ‘n traan stort, want dit alles was die Here se hand oor my lewe en my gedagte wat reg was.
Moet nooit jou drome weggooi of eenkant toe skuif nie, jy kan dalk later spyt wees. Jy is verantwoordelik vir jou eie lewe en jou drome.
Lees ook:
Swak gevaar in die tweede kwartaal se skooleksamen? Hier is hulp en raad

