Loeriesfontein Hoërskool behaal ’n 100%-slaagsyfer: oud-matrikulante vertel hoe hulle dit reggekry het

  • 1

Juanicia Bates, Jody Tieties, Jeandré van Wyk, Marshalene de Jongh, Hendrik Urion (alle foto’s is verskaf en verskyn met toestemming)

Daar is ’n groot getal Suid-Afrikaanse skoolkinders wat nie tot by matriek vorder nie. Daar word in hierdie onlangse Netwerk24-artikel daaromtrent geskryf. Dit blyk hieruit dat dit ook nie vanselfsprekend is vir diegene wat by graad 12 uitkom, om die graad te slaag nie. Juis daarom is die volgende gesprekke kleinverhale van hoop.

Op LitNet het Sonja Squires verlede jaar met Naomi Meyer gepraat oor hoe ’n program waarby sy betrokke is, honger skoolkinders se skoolprestasies laat verbeter het.

Lees die volledige onderhoud hier en lees ook die eerste onderhoud oor hierdie program hier.

Aan die begin van 2024 kon berig word dat die matrikulante die hele jaar tussen 27% en 35% as slaagsyfer behaal het. In die finale nasionale eksamen was die slaagsyfer van 2023 73,3%, wat ’n reuseverbetering is.

In 2024 is die mylpaal bereik: Loeriesfontein behaal ’n 100% slaagsyfer.

Matrikulante van 2024 beantwoord hier onder Naomi Meyer se vrae oor hul uitslae en oor wat hulle bereik het.

Hendrik Urion

Wie is jy en wat is jou passies of wat maak jou opgewonde in die lewe?

Ek is Hendrik Urion en wat my opgewonde maak in die lewe, is om met vee te werk.

Hoekom was dit vir jou belangrik om matriek te slaag? Hoe het jy dit reggekry?

...........
Dit was vir my belangrik, omdat ek verder wil gaan studeer en om iets te bereik in die lewe. Hoe ek dit reggekry het om te slaag: Ek het my namiddagklasse bygewoon en hard gewerk om seker te maak ek is reg vir ’n vraestel.
..............

Het jy in Afrikaans skoolgegaan? Hoe dink jy sou dit met die matriekuitslae gegaan het as jy in ’n ander taal moes skoolgaan?

As ek moes in ’n ander taal onderrig gehad het, sou dit slegter gegaan het. Afrikaans is my huistaal wat ek mee grootgeword het en dis die taal wat ek die meeste gebruik en verstaan. 

...........
As ek moes in ’n ander taal onderrig gehad het, sou dit slegter gegaan het. Afrikaans is my huistaal wat ek mee grootgeword het en dis die taal wat ek die meeste gebruik en verstaan. 
...............

Marshalene de Jongh

Wie is jy en wat is jou passies of wat maak jou opgewonde in die lewe?

Marshalene de Jongh. My passie is om ander te help en raad te gee. Om elke aand in my bed te klim en te weet dat ek ’n verskil in iemand anders se lewe gemaak het.

Hoekom was dit vir jou belangrik om matriek te slaag? Hoe het jy dit reggekry?

Om uit te styg uit my omstandighede, ’n beter toekoms vir myself te bou. Deur hard te werk, elke dag myself te motiveer en altyd my beste te gee.

............
Om uit te styg uit my omstandighede, ’n beter toekoms vir myself te bou. Deur hard te werk, elke dag myself te motiveer en altyd my beste te gee.
..............

Het jy in Afrikaans skoolgegaan? Hoe dink jy sou dit met die matriekuitslae gegaan het as jy in ’n ander taal moes skoolgaan?

Ja, ek het in Afrikaans skoolgegaan. Dit sou swaarder gewees het, omdat dit nie my huistaal is nie. 

Juanicia Bates

Wie is jy en wat is jou passies of wat maak jou opgewonde in die lewe?

Juanicia Bates. Wat my opgewonde maak, is dat ek ’n voorbeeld kan wees vir ’n ander kind.

Hoekom was dit vir jou belangrik om matriek te slaag? Hoe het jy dit reggekry?

Om iets in die lewe te bereik, deur hard te werk en meer aandag te gee.

..........
Om iets in die lewe te bereik, deur hard te werk en meer aandag te gee.
............

Het jy in Afrikaans skoolgegaan? Hoe dink jy sou dit met die matriekuitslae gegaan het as jy in ’n ander taal moes skoolgaan?

Ja, ek was in ’n Afrikaanse skool. As ek ’n ander taal moes kies, sal ek baie swaar die werk verstaan het. 

Jeandré van Wyk

Wie is jy en wat is jou passies of wat maak jou opgewonde in die lewe?

Jeandré Van Wyk. Wat my opgewonde maak, is die feit dat ek elke dag kon opstaan en hoop om ’n verskil te maak.

.............
Wat my opgewonde maak, is die feit dat ek elke dag kon opstaan en hoop om ’n verskil te maak.
..............

Hoekom was dit vir jou belangrik om matriek te slaag? Hoe het jy dit reggekry?

Om uit te styg uit my omstandighede, deur hard te werk, opofferings, samewerking en fokus.

Het jy in Afrikaans skoolgegaan? Hoe dink jy sou dit met die matriekuitslae gegaan het as jy in ’n ander taal moes skoolgaan?

Ja, ek het in ’n Afrikaanse skool skoolgegaan. Ek sou nie ’n ander taal verkies nie, want dan sou die werk net swaarder wees om te verstaan.

Jody Tieties

Wie is jy en wat is jou passies of wat maak jou opgewonde in die lewe?

Jody Tieties. Die feit wat my opgewonde maak, is dat ek kon skool klaargemaak het en my ouers baie trots gemaak het.

Hoekom was dit vir jou belangrik om matriek te slaag? Hoe het jy dit reggekry?

Om ’n sukses van my lewe te maak en bo my omstandighede uit te styg. Hoe ek dit reggekry het, is deur my samewerking wat ek gegee het en ek het gefokus gebly.

Het jy in Afrikaans skoolgegaan? Hoe dink jy sou dit met die matriekuitslae gegaan het as jy in ’n ander taal moes skoolgaan?

Ja, ek het in Afrikaans skoolgegaan. Ek sou nie ’n ander taal verkies nie, omdat dit moeiliker sou gewees het omdat ek slegs Afrikaans kan praat. 

...........
Ja, ek het in Afrikaans skoolgegaan. Ek sou nie ’n ander taal verkies nie, omdat dit moeiliker sou gewees het omdat ek slegs Afrikaans kan praat. 
..............

Lees ook:

Eet en leer jou slim, Hantam Hoërskool!

Daar is hoop vir die Noord-Kaap en vir die land se kinders: ’n gesprek oor hoe Loeriesfontein Hoërskool se skoolprestasies verbeter het

Matriekuitslae in Loeriesfontein: Sonja Squires deel ’n verhaal van hoop

"Behalwe (die besit van) skryfbehoeftes, is dit ook belangrik dat die leerders elke dag in die skool moet wees": wenke vir ’n suksesvolle skooljaar

’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier

https://www.litnet.co.za/matriekuitslae-in-loeriesfontein-sonja-squires-deel-n-verhaal-van-hoop/https://www.litnet.co.za/behalwe-skryfbehoeftes-is-dit-ook-belangrik-dat-die-leerders-elke-dag-in-die-skool-moet-wees-wenke-vir-n-suksesvolle-skooljaar/

  • 1

Kommentaar

  • Barend vd Merwe

    Pragtig! Ek kan spog dat ek al julle dorpie een keer besoek het (ek wonder hoeveel mense kan). En ook al na die windpompmuseum gaan kyk het. Met sulke jongmense, is daar hoop vir die toekoms!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top