...........
Uitslae van 73,3% in die finale nasionale eksamen einde van 2023, ná heeljaar 27%–35%.
............
Sonja Squires het onlangs met Naomi Meyer gepraat oor hoe ’n program waarby sy betrokke is honger skoolkinders se skoolprestasies verbeter het. Die program se naam is Rise and Excel Ability Identity (dis van Neurolink).
Sy het vertel van die uitdagings en die groei die afgelope paar jaar.
Lees die volledige onderhoud hier en lees ook die eerste onderhoud oor hierdie program hier.
Die matriekuitslae van 2023 is nou bekend.
Naomi Meyer vra haar vir terugvoer.
Sonja, die matriekuitslae is bekend. Hoe het dit met Hoërskool Loeriesfontein se klas van 2023 gegaan?
Naomi, ek is alweer op jou voorstoep met vars witbrood warm uit die oond ná die matriekresultate bekend gemaak is.
Wil maar net met jou deel: Die Here is amazing. En die span by die hoërskool wat saam met ons met die leerders gewerk het.
Hoekom dan so?
Die graad 12’s het ’n 25%-slaagsyfer gehad in Junie en September se eksamens.
Die skoolhoof het haar hare uit haar kop getrek. Sommige van die leerders het boonop ook swanger geword en kon nie altyd skryf nie.
Hul het ’n maksimum 40%-slaagsyfer verwag en was mistroostig tot die einde.
Wat het julle gedoen?
Ons het ingegaan tydens lewensoriëntering, graad 12-leerders gemeet met breinprofiele en met leerders gewerk in terugvoer rondom elkeen se brein se unieke reaksie op stres en hoe om hoë vlakke van stres te kortwiek, aangesien dit die sintuie uniek by elke kind affekteer. Die tyd was so min, maar ons wou doen wat ons kon.
.............
Die tyd was so min, maar ons wou doen wat ons kon.
.............
Hoe het dit prakties gewerk?
Ons het ’n praktiese pretsessie gehad, genaamd Noodhulp vir die Brein, waar elkeen hul sintuie wat neurologies blokkeer in spanning volgens die profielresultate, moes toeplak met verbande en pleisters, om te wys hoe spanning hul absorbering van inligting benadeel. Dit het omtrent gehelp om te verstaan hoe dit in ons brein lyk – hulle was almal in intensiewe sorg behalwe een leerder, so te sê. Een van die leerders het byvoorbeeld haar een oog toegeplak om haar sintuiglike sensitiwiteit te demonstreer.
Toe het ons ook mooi scrapbooking-papier gebruik om vir hulle notaboekies oor te trek vir die eindeksamen. In dit het ons ook motiverende versies vir hulle gegee om te plak.
Verder het ons ook goue-uur-sessies met afgetrede top-onderwysers ter aanvulling van vakke gehad waarin hulle vasgebrand het en hul geheelbreinvaardighede moes toepas.
Hul het ook breinkospakkies gekry vir die eksamens en toetsreekse, want geen kind kan leer op ’n leë maag nie.
Wat was die uitslae toe?
Ons is verstom: uitslae van 73,3% in die finale nasionale eksamen einde van 2023, ná heeljaar 27%–35%. Die skool het sommer vroeg verdaag om fees te vier. Almal was so dankbaar.
...........
Ons is verstom – sien die uitslae van 73,3% in die finale nasionale eksamen einde van 2023, ná heeljaar 27%–35%. Die skool het sommer vroeg verdaag om fees te vier. Almal was so dankbaar.
.............
Ek is so trots op hulle, die skoolhoof en leerkragte wat soveel gedoen het om leerders by te staan, die skoolbeheerliggaam wat ons toestemming gegee het om ook te kom help, ons fasiliteringspan van Rise and Excel Ability Identity in Neurolink wat saamgewerk het met individuele leerderondersteuning in een groot poging.
Loeriesfontein se graad 12’s het letterlik soos in daardie film Racing Stripes, soos die klein sebra, van agter af gekom en hulself oortref tot hul oor die wenstreep genael het.
Lees ook ’n onderhoud met Sonja Saal, ’n opvoeder by die skool, oor hoe leerders ’n suksesvolle skooljaar kan beleef: