Sonja Squires

 Sonja werk vir Neuro-Link.

Universiteit of ambag vir skoolverlaters? ’n Onderhoud met Sonja Squires

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-11-26

"Die stigma aan alles wat nie universiteitsgebore is nie, moet ons afskud. Die wêreld is veel groter as akademie. ... Suid-Afrika het ’n tekort van meer as 10 000 ambagspersone en wêreldwyd sit groot lande ook met soortgelyke tekorte – die wêreld is eintlik jou oester as jy in ’n ambag wil kwalifiseer, en boonop kan jy ’n kans kry om oorsee te reis."

Swak gevaar in die tweede kwartaal se skooleksamen? Hier is hulp en raad

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-30

"Ek weet van leerders wat in Junie-eksamens gedruip het in vakke soos wiskunde en ander leervakke en die einde van die jaar met ’n 70%-slaagsyfer weggestap het. Hulle het eenvoudig besluit die druippunt is net ’n wekker wat hul wakkergemaak het om die erns van die saak te besef."

Loeriesfontein hou ’n skole-expo en skep geleenthede: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-24

"Ons visie is om landelike kinders (meestal Afrikaanssprekend) ’n kans duisend te gee! Om persoonlike interaksie op die dag van die Loopbaanskou te hê – met kundiges, bestuurders van besighede, alumni en/of werwers vir tersiêre en ander loopbaangeleenthede en verdere studie."

Matriekuitslae in Loeriesfontein: Sonja Squires deel ’n verhaal van hoop

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-01-24

"Loeriesfontein se graad 12’s het letterlik soos in daardie film Racing Stripes, soos die klein sebra, van agter af gekom en hulself oortref tot hul oor die wenstreep genael het."

Daar is hoop vir die Noord-Kaap en vir die land se kinders: ’n gesprek oor hoe Loeriesfontein Hoërskool se skoolprestasies verbeter het

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-12-04

"[T]oe het ons programme begin om ook die verskaffing van middele vir die 10 hoofstrome van intelligensie aan te help. In 2023 het die hoërskool oor die 20 leerders opgelewer wat kon deelneem aan distriks-, provinsiale en nasionale proewe in verskeie sportsoorte, meer as 10% van leerders wat musiekinstrumente kon begin speel, en deelname aan eisteddfods en ander feeste is verhoog."

Eet en leer jou slim, Hantam Hoërskool!

Sonja Squires, Naomi Meyer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2014-05-16

Hantam Hoërskool het 'n 82%-matriekslaagsyfer, maar wil 100% behaal. Sonja Squires vertel hoe haar breingebaseerde voedings- en leerproses hulle help.

Top