
Prente: Canva
Sonja Squires is al ’n geruime tyd lank besig met voedings- en opvoedingsprogramme by skole in die Noord-Kaap. Lees hierdie onderhoud en ook hierdie een. Verlede jaar het die Hoërskool Loeriesfontein ’n 100%-slaagsyfer behaal.
Sonja Squires praat hier onder met Naomi Meyer oor ’n loopbaanskou wat die skool vroeg in Maart aanbied.
Sonja, vertel ons lesers van julle visie?
...........
Ons visie is om landelike kinders (meestal Afrikaanssprekend) ’n kans duisend te gee!
Om persoonlike interaksie op die dag van die Loopbaanskou te hê – met kundiges, bestuurders van besighede, alumni en/of werwers vir tersiêre en ander loopbaangeleenthede en verdere studie.
..............
Ons visie is om landelike kinders (meestal Afrikaanssprekend) ’n kans duisend te gee!
Om persoonlike interaksie op die dag van die Loopbaanskou te hê – met kundiges, bestuurders van besighede, alumni en/of werwers vir tersiêre en ander loopbaangeleenthede en verdere studie.
Dit sou andersins nooit vir die ouers of die kinders moontlik wees om al die verskaffers te besoek of hul pad te vind op die dig bevolkte internet nie.
Wie gaan die Landbouskou kom bywoon?
In gesprek met die Department van Onderwys is dit nou bevestig dat 230 graad 12’s en ’n verdere 320 graad 11’s beskikbaar sal wees vir bywoning - weens afstande so ver soos 800 km retoer wat eenvoudig nie haalbaar is vir een dag nie.
Agt skole voldoen aan hierdie radius-afsnypunt van 500 km retoer, oftewel 250 km eenrigting.
Dis steeds baie skole, as jy dink aan die opoffering wat hul bereid is om te maak om die verskeidenheid geleenthede te kom besigtig en te ontdek.
As enige van ons lesers hiervan lees en kan help: Wat het julle nodig?
Ons moet diegene wat dit kom bywoon, se petrol en vervoer dek, aangesien die Departement van Onderwys verklaar het dat hul nie kan bydra nie, gegewe hul huidige begrotingstekorte.
Ons het besluit op ’n vyfledige plan om dit vir leerders moontlik te maak:
- Ons verkoop ’n standaardstalletjieruimte van 9 vierkante meter teen R5 500 vir enige opleidingsinstansie wat hul dienste wil bekendstel.
- Ekstra bemarkingspasie kan teen ’n fooi bygelas word. Sien ons tariefkaart in die pakkie.
- Indien ’n universiteitsfakulteit of -instansie bemarkingsmateriaal wil stuur, maar nie self bywoon nie, is daar ook ’n billike koste.
- Ons stel ’n Skougids saam vir elke besoeker en enige opleidingsinstansie wat ’n diens of produk het om te adverteer.
- Natuurlik is die verwelkomingsgeskenksak ons groot opgewondenheid, en as iemand iets met ’n vrolike hart wil bydra vir dié sak vir ons besoekende leerders, sal dit so welkom wees. Enige iets van studiehulpmiddele tot kondensmelkkoekies vir die pouse is welkom.
Daar is so baie kinders in julle skool met potensiaal; ons het nou julle matriekuitslae gesien. Die kinders wil seker iewers gaan studeer na skool. Het julle spesifieke inligting vir mense wat wil adverteer?
Ja, ons het die bemarkingspak in beide Afrikaans en Engels beskikbaar.
Maar ons wend alle pogings aan om soveel belangstellende uitstallers as moontlik op enige wyse in te trek, persoonlik of via materiaal by ’n tafel vir uitstallers wat op die dag elders sal wees – selfs gap-jaar-voorsieners, e-leer-webwerwe, private instansies soos myne wat loopbane bied. Niemand moet onaangeraak bly nie.
Ons het selfs die nasionale weermag, vloot en lugmag reeds betrokke. Ek wil wel nie hê hulle moet nou van ons kinders werf voordat hulle studeer het nie, jy weet! 😉
Wie kom stal uit?
Uitstallers soos die breinvoedingmaatskappy Genesis Nutrition, ’n top kulinêre opleidingsinstansie van Stellenbosch, CTIA, Akademia van Pretoria, Landboukollege Vrystaat, Northern Cape Rural TVET van Upington, UP, NWU, NMU, US, Africa Skills en andere oorweeg dit nugter dog met deernis. Plaaslik het ons suksesvolle besighede en kleinmansake (entrepreneurs) wat ook gaan uitstal en hul storie vertel. Nasionale kleinhandelaars kyk ook na deelname. Niemand is uitgesluit in die storie van hoe om ’n lewensvatbare loopbaan en eerbare inkomste te vind in die huidige klimaat in ons land nie.
Almal het beperkings in begrotings, en propvol kalenders, maar waar ’n wil is, is daar ’n weg. Veral universiteite en TVET’s oorweeg net die vertoon van bemarkingsmateriaal op ’n handelsmerktafel sonder om self ’n stalletjie te beman ten einde kostes aansienlik te verminder. Ons sien die hart van elke uitstaller raak, en dis kosbare aansporing.
Ons wil elke moontlike uitstaller wat nie fisies tot by Loeriesfontein kan kom nie, uitnooi om ook so te maak. Besigtig ons tariewekaart vir die bemarkingspasie sonder teenwoordigheid.
Wil julle weer so iets in die toekoms doen?
........
Dit kan vir seker groei tot ’n gesonde jaarlikse instelling vir die Namakwastreek in die mees onwaarskynlike ligging, Loeriesfontein, van waar ’n lewenskragtige pyplyn vir kandidate vir werwing deur opleiers kan ontwikkel. Die skoolgemeenskap het ’n huppel in hul stap gekry met die vooruitsig van so ’n loopbaanskoudag op eie bodem.
...........
Dit kan vir seker groei tot ’n gesonde jaarlikse instelling vir die Namakwastreek in die mees onwaarskynlike ligging, Loeriesfontein, van waar ’n lewenskragtige pyplyn vir kandidate vir werwing deur opleiers kan ontwikkel. Die skoolgemeenskap het ’n huppel in hul stap gekry met die vooruitsig van so ’n loopbaanskoudag op eie bodem.
Hoekom doen julle dit, Sonja?
Ons het soveel talentvolle leerders, maar hul sal nie maklik op hul eie stoom by plekke van voorkeur vir studie en werk kan uitkom nie. Die afstande en koste van vervoer en verblyf vir verkenning van die moontlikhede is eenvoudig nie ekonomies lewensvatbaar vir die gewone gesin nie.
............
Ons het soveel talentvolle leerders, maar hul sal nie maklik op hul eie stoom by plekke van voorkeur vir studie en werk kan uitkom nie. Die afstande en koste van vervoer en verblyf vir verkenning van die moontlikhede is eenvoudig nie ekonomies lewensvatbaar vir die gewone gesin nie.
............
Ons moet egter niemand agterlaat nie en elkeen in alle menswaardigheid ’n regverdige kans gee om betyds uit die blokke te kom. Die alternatief is ondenkbare swaarkry wat reeds dreig.
Ons moet soos die spreekwoordelike barmhartige samaritaan die slagoffer op ons eie donkie laai en hom na die herberg neem en laat versorg teen eie koste.
Hoeveel vreugde verskaf dit my nie as ek die graad 12’s in ons streek so dankbaar sien vasbyt tot hul matrikuleer. Hul kom uit die nederigste van nederige huise en hul kom met ’n verwagting van suiwer hoop op ’n blink toekoms ongeag wat doemprofete sê. Hoe kan ons hul ooit wegwys as ons almal skatte van kennis, lewenservaring, vaardigheid en selfs geleenthede het om te deel. Nie een van ons het ’n eenvoudige of vinnige pad na volhoubare inkomste gehad nie, so ons kan praat van die grit wat nodig is, en hulle so aanmoedig.
En langtermyn?
Langtermyn wil ons hande vat met betroubare studie-, werks- en beursinstansies om jaarliks die kern- landelike Afrikaanse teikengroep met hulle te verbind eers deur eendag- lewenskragtige kontak en uitruil van inligting, en wie weet, selfs later ’n geakkrediteerde opleidingsentrum te vestig in die hartjie van die distrik. So sal ons streek se leerders die belofte op môre se horison sien, selfs verder as net deel wees van die 100%-slaagsyfer.
Die datum is juis so gekies dat dit drie dae voor die eerste toetsreeks vir graad 12’s plaasvind.
Die jeug hou van vars inspirasie wanneer hul leer. Ons kinders het die tydige motivering nodig, en eerstehandse ondervinding kry altyd die wenprys.
Loeriesfontein is besig om sy aspoestertjiegewaad af te gooi en dapper die voortou te neem om ons leerders te begelei van die skool na die werk- en studieplek, ondanks al die verskonings van geen geld vir die sogenaamde luuksheid van kennis nie.
Die koste vir ons land se ekonomie is veel groter as ons niks doen nie – ons is nie mense wat na die wolke kyk en dan besluit of ons ploeg nie. Ons ploeg met hoop, want God beantwoord geloof groot. Sy getrouheid deur sy Woord staan vas.
Lees ook:
Matriekuitslae in Loeriesfontein: Sonja Squires deel ’n verhaal van hoop
Hoe los ons die onderwyskrisis op? Faeed Amardien se oplossings
’n Wenslysie vir onderwys in Suid-Afrika: Alana Bailey soek na oplossings