
Foto van Jannes Erasmus: verskaf; foto van boeke: Canva
Dis die tweede semester van die jaar. Miskien is daar jongmense wat in boeke belangstel en oor hulle toekoms wonder. Miskien is daar ruimte vir jou in die boekewêreld?
Jannes Erasmus is nou eers onlangs klaar met skool. Hy bemark reeds boeke vir ’n uitgewer, skryf artikels vir ’n paar publikasies en is doenig in die boekewêreld.
Naomi Meyer het by Jannes gaan hoor wie hy is en hoe dit gekom het dat hy, nou eers onlangs klaar met skool, reeds by ’n uitgewer betrokke is.
Jannes, ek het die eerste keer van jou kennis geneem toe jy jou indrukke van ’n boek geskryf het – hierdie een. Wat het jou geïnspireer om dit te skryf?
Hallo Naomi! Ek lees gewoonlik ’n boek elke week. Soms doodgewone normale boeke wat nie noodwendig my asem wegslaan nie. Maar elke nou en dan kruis my pad met ’n boek wanneer ek wens dat die gevoel om dit vir die eerste keer te lees met elke nuwe boek weer op my maag sal verskyn. Dit is dáárom. Wanneer ek ’n boek soos Mayflies lees, wil ek die gevoel vasvang sodat ander mense dit dalk ook sal kan ervaar in al die aspekte wat die storie heel maak.
Jy het my al vertel jy het nie “papiere” agter jou naam nie en jy skryf net oor jou "eie kennis". Watter boeke lees jy graag?
Tydens die begin van die Covid-tyd in 2019 het my ouers besluit dat ons twee kinders, wat nog in die huis was, tuisskool sal begin. Dit is besluit nadat die skole traag was om tot ’n besluit te kom vir wanneer hullr weer sou begin. Hierdeur het ons dus amper twee maande se skool verloor. Ek het net met graad agt begin. Die tuisskool wat ek bygewoon het, het toegelaat dat ons vakke kies wat presies belyn was met dit wat ek eendag wou doen as beroep (vir my is dit eerder ’n passie). Ons het vanaf die Amerikaanse sillabus GED (General Education Diploma) gewerk. Dit het toegelaat dat ek ses maande vroeër my matriek gekry het.
........
Maar ek het reeds op 15 vryskut skryf- en fotografiewerk begin doen vir aanlyn besighede. Dit het weer toegelaat dat ek my eie geld verdien en dat ek kursusse kon bekostig om myself op te lei in die rigting waarin ek vandag is.
........
Maar ek het reeds op 15 vryskut skryf- en fotografiewerk begin doen vir aanlyn besighede. Dit het weer toegelaat dat ek my eie geld verdien en dat ek kursusse kon bekostig om myself op te lei in die rigting waarin ek vandag is. Die meeste van my kennis is selfgeleerd. Ander dinge waarin ek goed is, is te danke aan my pa en ma wat altyd probeer om (steeds vandag) my vrae te beantwoord. As ek eerlik moet wees, my tuisskooltoesighouer het altyd gesê “Mens kry nie iets soos ’n dom vraag nie”, dit is daarom dat ek vandag die dinge weet wat ek weet – omdat ek nie bang was (en steeds is) om vrae te vra nie.
Een van my grootste doelwitte vir 2025 is om 50 boeke te lees. In 2024 het ek dit amper gehaal, met 42. Ek glo dit is ook die feit dat ek baie lees dat ek die letterkunde-“veld” goedgesind is. Ek weet nie net wat in die letterkundewêreld aangaan nie, maar ek weet nou ook meer waaroor die lesers van hou om te lees, en wanneer ek ’n boek lees, weet ek óók hoekom. As ek die tipe boek moet beskryf waarvoor ek my hand gaan uitstrek in ’n boekwinkel (of aanlyn), sou die kriteria waaraan dit moet voldoen, die volgende wees: Om ’n ampere fisiese leeservaring te hê.
........
Ek weet nie net wat in die letterkundewêreld aangaan nie, maar ek weet nou ook meer waaroor die lesers van hou om te lees, en wanneer ek ’n boek lees, weet ek óók hoekom. As ek die tipe boek moet beskryf waarvoor ek my hand gaan uitstrek in ’n boekwinkel (of aanlyn), sou die kriteria waaraan dit moet voldoen, die volgende wees: Om ’n ampere fisiese leeservaring te hê.
........
Ongelukkig gaan ek die een wees wat sê dat binne die eerste drie sinne van die eerste bladsy moet ek oorreed wees van iets. Ek gee nie om of ek nie daarmee saamstem nie; dit is juis die feit dat die skrywer my dalk verkeerd gaan bewys oor iets (of iemand). Dit bring ’n ampere fisiese aspek na die boek en die leeservaring. Buiten hierdie eerste en belangrike punt kyk en na boeke wat ’n sterk storielyn het. In Engels word dit beskou as ’n “high concept idea”. Ek moet die boek maklik in een sin kan beskryf en tydens daai een sin moet ek iemand kan oorreed om dit ook te lees.
.......
Ek moet die boek maklik in een sin kan beskryf en tydens daai een sin moet ek iemand kan oorreed om dit ook te lees.
........
Ek kyk na boeke van mense en plekke waarmee ek niks gemeen het nie. Dit help my om die hoofkarakter/plek/situasie beter van nuuts af te leer ken. Dit versterk ook vir my die emosionele vlak daarvan.
Jy het al artikels geskryf vir Weg!, Idees en Taalgenoot. Waaroor skryf jy die graagste en watter artikel se navorsing het jy die meeste geniet?
Ek is baie bevoorreg om baie te reis en deur die land te toer. Daarom kan ek oor baie meer dinge skryf. Baie dinge interesseer my. Vir elk van hierdie publikasies doen ek verskeie ander goed. Vir Weg! het ek in Junie/Julie 2024 se uitgawe ’n reisgids geskryf vir die suide van die Olifantpark in Mosambiek. Die Idees-tydskrif is weer ’n heeltemal ander tipe leser. Hier ontwerp en skryf ek hekelpatrone, waar die finale produk dan ook deur my gehekel is, wat afgeneem word vir die publikasie. Taalgenoot is meer tradisionele artikels. Maar die onderwerpe is altyd vars. Die laaste artikel wat ek geskryf het, was oor die opkoms van Afrikaans op sosiale media. Elke publikasie waarvoor ek skryf, is heeltemal anders en dit beteken dat elke stuk wat ek skryf, ander navorsing en idees/fokus benodig. Ek skryf ook baie oor geestesgesondheid vir ’n aanlyn tydskrif, Seisoen. Dit fokus meer op die Christelike fasette van ons lewens en hoe ons elke seisoen van ons lewens soos dié van die aarde moet aanpak. As ek vir elke stuk kon reis om ’n reisgids te skryf, sou ek. As ek elke stuk nuut doen om ’n hekelpatroon te ontwerp, sou ek nie juis ja sê nie, juis omdat dit so verskillend is. Maar ek kan wél maklik sê dit is die diversiteit van my werk waaroor/waarvoor ek skryf wat my positief ek kreatief laat bly. Dit sou nie dieselfde gewees het sonder een of net met een nie. Daarom kan ek nie juis ’n gunsteling kies nie.
Jy doen deesdae bemarking vir ’n uitgewer. Hoe het dit gekom? Kan jy ander jongmense wat van boeke en lees hou, aanraai om uitgewers te laat weet van hul belangstellings en beskikbaarheid?
My rol in bemarking by die uitgewer waar ek tans werk, het einde Januarie as ’n advertensie op Facebook verskyn. Ek het aansoek gedoen en dit het so uitgewerk dat ek die werk gekry het en dat dit (so glo ek) wat ek voorheen genoem het (alles waarmee ek besig is en kan besig wees), die besluit makliker gemaak het om te neem. Ek dink ook omdat ek jonger is, kan ek ’n vinniger en ’n vars perspektief na die tafel toe bring. Dit is altyd belangrik om soveel mense moontlik van jouself in kennis te laat stel. Ek probeer altyd sonder om skaam te wees soveel mense moontlik te vertel wat ek tans mee besig is en wat ek beplan om te doen. Dit is verstommend om te sien hoe mense onder mekaar praat. Dit is juis daardeur dat mens kontakte begin bou. Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste “advertensie/bemarking” is. Niemand anders ken jou beter as jouself nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en vir tydskrifte te stuur.
........
Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste “advertensie/bemarking” is. Niemand anders ken jou beter as jouself nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en vir tydskrifte te stuur.
........
Dalk word jou artikel nie gepubliseer nie, maar die tydskrif neem wel kennis van jou en wat jy doen. Dit geld ook vir enige ander werk of posisie. Veral by uitgewers. Navorsing oor wat mense van hou om te lees, wat mense wil lees en wat hulle nog nie van weet nie wat hulle sal wil lees.
Wat het jy al van die uitgewersproses geleer vandat jy daar werk?
Soms vergeet ek dat ek nog jonk is. Party dae raak ek angstig dat ek nie genoeg tyd gaan hê om alles te doen wat ek wil nie. Maar as ek stil raak en weer terug aarde toe kom, kom ek agter dat ek (eintlik) nog nie eers met my lewe begin het nie. Ek het reeds die voorreg om te doen waarvan ek baie hou, en eintlik doen ek al reeds die meeste van die dinge waaroor ek baie lank gedroom het toe ek klein was. Daarvoor werk ek ook baie hard. Een van die redes hoekom ek elke oggend al reeds vieruur aan die gang is.
Soveel meer gaan in elke boek wat uitgegee word – meer as wat ek ooit sou kon geraai het. Die belangrikste ding wat ek agtergekom het, wat my so trots maak om deel van hierdie literêre “wêreld” te wees, is dat elke persoon wat deel uitmaak van die proses, ongelooflik passievol is oor wat hulle doen. Dit is juis daarom dat ons nog die voorreg het om boeke te kan lees. En in my geval: die voorreg om deel te vorm van ’n span wat boeke uitgee.
Jannes, dalk is hier jongmense wat hierdie onderhoud lees en self ook graag in die boekewêreld betrokke wil raak. Het jy raad vir hulle?
Ek sukkel soms om raad te verwoord. Ek dink ook dat raad nie altyd toepaslik is op almal nie, selfs al werk dinge dieselfde of word dinge dieselfde gedoen tussen wie ook al raad deel en ontvang. Ek wéét wel die volgende: Die belangrikste eienskap wat iemand kan hê, is om iets ten volle te verstaan. Om seker daarvan te wees en ook selfs anders daarna te kyk om te sien hoe dinge sal wees en hoe verskillende goed sekere omstandighede sal kan verander.
Ek gee die volgende raad spesifiek vir iemand wat in die boekewêreld wil instap en ’n verskil wil maak:
Die boekewêreld bestaan wel hoofsaaklik uit boeke, maar daar is soveel meer wat agter die boek skuil. Ek praat nie nou van die redigering of van die uitleg of verkope van die boek nie. Wat ek wil uitlig, is die “hoekom” of “hoe” agter die boek. Verstaan jy wat jy lees? Weet jy hoekom sekere goed gestel of gesê is soos dit tans voor jou staan? Sodra mens hierdie vrae begin beantwoord, begin die vrae meer en meer word. ’n Boek word dus om ’n sekere rede goedgekeur deur die uitgewer.
........
Die boekewêreld bestaan wel hoofsaaklik uit boeke, maar daar is soveel meer wat agter die boek skuil. Ek praat nie nou van die redigering of van die uitleg of verkope van die boek nie. Wat ek wil uitlig, is die “hoekom” of “hoe” agter die boek. Verstaan jy wat jy lees? Weet jy hoekom sekere goed gestel of gesê is soos dit tans voor jou staan? Sodra mens hierdie vrae begin beantwoord, begin die vrae meer en meer word. ’n Boek word dus om ’n sekere rede goedgekeur deur die uitgewer.
........
Lees boeke as die leser, maar dink en verteer die boek deur vrae te vra en te wonder “Hoekom het hiérdie boek in my hande beland? Wat maak dit so spesiaal?”
Sodra mens begin wonder, gaan deure oop en dit is die lekker ding van boeke – daar is soveel fasette wat help dat mens nooit werklik die antwoord gaan kry waarna mens soek nie.
In ’n era waartydens kunsmatige intelligensie ’n onstuitbare golf is wat nie gekeer sal kan word nie: Hoe dink jy gaan die boekewêreld en die toekoms vir die geskrewe woord (deur mense) beïnvloed word? Enige gedagtes daaromtrent?
Ek wonder baie oor hieroor. Maar ek bekommer my nie daaroor nie. Hierdie vraag kan ek eintlik baie vinnig en kort antwoord (maar ek sal uitbrei): Ek dink ons grootste sterk punt as dit by KI kom, is dat ons as mense ons stem en styl klaar gevestig het. Mens kom dadelik agter wanneer iemand KI gebruik het om iets te skryf. Daarom kan mens uitklaar wanneer iets nie logies deur ’n persoon geskep of geskryf is nie. Ek dink ook nie dat hierdie “golf” ’n impak gaan hê op uitgewers nie. Wel ’n groot impak op skrywers. Ons moet ook aanvaar dat die seisoene verander en dat ons nie in beheer is van wat aangaan in die wêreld nie.
Máár: Dit is juis ons wat toegelaat het dat dinge is waar dit nou is. So ons het logies die krag om iets daaromtrent te doen. Ek twyfel wel baie sterk dat KI regtig so ’n groot virus of pandemie is as wat ons dit laat lyk. So wat ek wil sê, is ons sal wel nie KI kan stop nie, maar ons kan dit wel in die rigting stuur waar beide partye goed sal kan baat.
Lees ook:
’n Vriendskap wat woorde te bowe gaan: ’n lesersindruk van Mayflies deur Andrew O’Hagan
The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk
Waar takke stilweg reik: ’n lesersindruk van White Ivy deur Susie Yang
’n Onderrigraamwerk vir selfgerigte lees van letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: verleentheid of geleentheid?
NB-Uitgewers se nuwe uitgewershoof: ’n gesprek met Annie Olivier

