
Boekomslag: The heart is the size of a fist deur PP Fourie (Kwela, 2021)
Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.
Titel: The heart is the size of a fist
Skrywer: PP Fourie
Uitgewer: Kwela (2021)
ISBN: 9780795709982
Epub ISBN: 9780795709999
Ek gee selde terugvoer oor boeke vóór ek hulle klaargelees het. Gewoonlik wag ek tot die laaste bladsy, tot die storie in my klaar gesak het – soos modderwater wat moet lê voor jy sien wat op die bodem is. Maar met PP Fourie se The heart is the size of a fist het ek op bladsy 125 my pas moet stuit. Ek moes asemhaal. Moes luister na iets wat binnekant beweeg het.
Ek het al baie boeke gelees. Maar nog nooit vantevore het ek een soos dié in my hande gehad nie.
........
Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word.
........
Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word. Ek dink dis die hoogste lof wat ek aan enige boek kan gee: dat dit my herinner aan my grootste doel – om ’n droom te kán onthou nadat ek wakkergeword het.
Dié boek het dit vir my moontlik gemaak.
Wat ek veral waardeer, is hoe subtiel die skrywer werk – sonder om ooit oorweldigend of melodramaties te wees. Die emosionele spanning is fyn getrek, amper soos ’n tou tussen twee geboue – altyd daar, altyd gevaarlik, altyd pragtig. En tog, tussen die pyn en verlies is daar sagtheid. ’n Menslike warmte. ’n Asem van hoop.
Wat my dalk die diepste geraak het, is hoe Fourie my laat besef het: Maak nie saak hoe traumaties ’n verhouding met jou pa – of enige figuur in jou lewe – mag wees nie, daardie persoon bly deel van jou bloed. En op een of ander manier, soms stil en sonder verduideliking, sal ’n deel van jouself steeds daardie persoon liefhê. Hierdie gevoel – dié innerlike spanning van pyn én liefde – is vir my beter verduidelik in hierdie boek as wat enige prentjieboek dit sou kon waag om te probeer.
........
Ek vind dit moeilik om die gebeure of die storie self te probeer resenseer, want dit wat geskryf is, ís wat werklik gebeur het. En in my opinie: Ek kan my nie indink dat hierdie storie, soos die skrywer dit vertel het, op enige manier beter oorgedra kon word nie.
........
Ek vind dit moeilik om die gebeure of die storie self te probeer resenseer, want dit wat geskryf is, ís wat werklik gebeur het. En in my opinie: Ek kan my nie indink dat hierdie storie, soos die skrywer dit vertel het, op enige manier beter oorgedra kon word nie.
Ek het dit klaargelees omdat ek nie anders kon nie. En ek skryf hierdie resensie nie uit plig nie, maar omdat ek iets in myself raakgelees het in PP Fourie se woorde – iets wat ek nie wil vergeet nie.
In eenvoud: Ek hou baie van hierdie boek. Maar dit voel amper té eenvoudig om dit só te sê. Want die waarheid is, ek voel hierdie boek.
Lees ook:
’n Brief aan PP Fourie, by die lees van ’n Hart is so groot soos ’n vuis
’n Hart is so groot soos 'n vuis deur PP Fourie: ’n resensie


