Jannes Erasmus het met Annemarie van der Walt oor die Kaapsehoop Boekenaweek gesels.
2026-08-31"Die mense wat die Boekenaweek bywoon, is merendeels eende uit dieselfde dam en ek het volle vertroue in hulle om te 'boek' en te kuier."
Wie of wat is werklik? ’n Lesersindruk van Erla Diedericks se Jagspinnekop
2026-08-12"Die vraag is dus nie net wie die moordenaar is nie. Dit word toenemend: Wie van hierdie mense bestaan werklik soos hulle hulself aanbied? Dáár begin die boek lekker onder ’n mens se vel inklim."
Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met Marijda Kamper, die Vrystaat Kunstefees se programbestuurder
2026-08-04"As iemand net een dag by die Vrystaat Kunstefees het, hoop ek hulle vat ’n bietjie van alles saam huis toe. Die fees bied soveel geleenthede om te ontdek, te leer, te lag, te dink en geïnspireer te word."
Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met Mia Kahts, die literatuurfeeskoördineerder
2026-08-04"Bekende skrywers lok natuurlik gehore en baie feesgangers kom spesifiek om hulle gunstelingskrywers te ontmoet. Dit is belangrik om daardie verwagting te vervul. Terselfdertyd sien ek die Vrystaat Kunstefees ook as ’n plek waar nuwe stemme ontdek kan word."
Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met die bestuurder van die feesmark
2026-07-10"Die mark vertel ’n eie unieke storie en sy mense dra by tot die kleur en gevoel wat aansluit by die groter artistieke visie van die fees. Die Kunstemark weerspieël die soort artistieke én kommersiële gehalte waarmee die Vrystaat Kunstefees hom wil vereenselwig."
Kaiings van wysheid deur Daniël J Louw: ’n resensie
2026-05-28"Hebreeuse woordontledings, Bybelse narratief, Suid-Afrikaanse plaasstories en verwysings na kontemporêre politiek staan saam op dieselfde bladsy. Maar juis die weiering om teologie in ’n gesteriliseerde akademiese ruimte te hou, is wat Kaiings van wysheid sy tande gee."
Celeste Slabber-Loriston se Die speletjie: ’n lesersindruk
2026-05-07"Die besonderhede is onskuldig: ’n deur wat nie oopgemaak mag word nie, ’n standbeeld wat jou dophou en ’n gasvrou wie se vriendelikheid iets wegsteek. Die spanning lê in hierdie opstapeling van onverklaarde dinge. Elke toneel skuif die grond effens onder Talia se voete."
Of all things, we need hope by Sally Cranswick: A reader’s impression
2026-04-29"The book leaves residue – unease that outlives the page, compelling readers to dwell in its frictions."
Stinkhout deur Philip Rademeyer: ’n resensie
2026-04-07"Onder die uitgestrekte takke van ’n stinkhoutboom kom twee mans weer bymekaar, asof die jare tussen hulle net vir ’n enkele oomblik weer teruggehaal kan word. Die boom staan daar met onmenslike geduld, beskermer oor die grond wat meer onthou as wat enigeen van die twee mans hardop kan sê. Hier, in hierdie boom se skadu, probeer Gert en Louw weer taal vind vir mekaar, ná nege jaar se afwesigheid en ’n leeftyd se versluierings."
Om ná verlies wéér te kies: ’n resensie van Madelie Human se Ter wille van
2026-03-10"Geloof en godsdiens word gebruik as deel van die karakters se soeke na sin. Dit is iets wat LUCA konsekwent regkry: geloof wat geïntegreer word sonder om voorskriftelik te raak. Dit bly deel van menswees, nie ’n oplossing of die antwoord op alles nie."
Trapped by Valerie Tagwira: a reader’s impression
2025-11-18"At the heart of the novel lies a painful paradox: education, once a promise of progress, has become a burden in a country where opportunity has collapsed."
Wenke vir jongmense wat wil skryf of in die boekebedryf wil werk: ’n onderhoud met Jannes Erasmus
2025-08-19"Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste 'advertensie/bemarking' is. Niemand anders ken jou beter as jouself nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en dit vir tydskrifte te stuur."
The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk
2025-05-21"Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word."
Waar takke stilweg reik: ’n lesersindruk van White Ivy deur Susie Yang
2025-04-29"Die kulturele spanning waarmee Ivy worstel – as Chinese Amerikaner wat balanseer tussen ’n tradisionele familie en ’n moderne wêreld wat haar nie altyd verstaan nie – het my diep geraak."

