My dood

  • 2

Foto: Canva

My dood

Vasgevang,
My lyf,
my kettings,
Ek sien jou ... skree vir my
Ek sien jou ...
skree vir my 

Die lig van donker is op pad,
Ek sien jou
Ek leef vir nou 
My asem is kort 
My lyf seer
Ek sien jou

Vasgevang my siel en lyf
Ek wag
Ek wag vir jou
Leef jy aan 
Tyd stap aan
Gee my nog tyd 
Tyd saam met jou
Ek sien jou

Laaste soen, my lief, my engel 
Skoon lug my asem is weg 
My lewe was ’n lied 
Vir ewig ’n droom 
Ek sien jou 
Ek mis jou

My lewe, my lig is donker sonder jou
Ek mis jou, my lief
Tot die lig jou kom haal
Wag ek vir jou

  • 2

Kommentaar

  • Hi Jannes, ek sien die is jou eerste gedig op hierdie platform, baie geluk! Dit herinner my aan een van TT Cloete se laaste bundels - "Uit die wit lig van my hand gesny"

    “Van alle onthou
    van my en van jou onthou ek jou
    helder langs my, in profiel langs my,
    oral uit die wit lig van my hand gesny.”

    Ek gaan hom vannaand weer oopslaan. Dankie!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top