SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |
Follow and join the ongoing conversation on South African schools.
Foute in vraestelle: Sal die kinders vir die gelag betaal?
2025-07-01Die media het onlangs oor foute in sekere departementele matriekvraestelle berig. Sommige van die flaters was lagwekkend, soos die periodieke tabel wat verkeerdelik en foutiewelik in Afrikaans vertaal is. Belangrike vrae oor gehaltebeheer van die vraestelle behoort egter gevra te word – en die sielkundige effek van foute in ’n eksamenvraestel kan nie buite rekening gelaat word nie. Rolspelers van Fedsas en SAOU gee hul menings.
VVA se Boektrommelprojek bring leesvreugde na Stellenbosch se laerskole
2025-06-27"Die VVA glo dat lees aangeleerde gedrag is wat deur die voorbeeld van volwassenes gevorm word. 'Net soos ’n atleet moet oefen om te presteer, moet kinders gereeld lees om goeie lesers te word,' voeg Van der Merwe by. Deur boeke en storievoorlesing bevorder die VVA nie net geletterdheid nie, maar ook waardes en verbeelding."
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en Afrikaans-kurrikulum: ’n Afrikaans-onderwyser van die Kaapse Vlakte deel sy ervarings
2025-06-13"My groot kommer en vraag is hoe lank ons wil voortgaan om hierdie onrealistiese kurrikulum op leerders af te dwing. Daar is ... ’n divorce tussen die realiteit (leerders) en die kurrikulum. Die instelling van die huidige kurrikulum (KABV 2012) spreek tot die leerder se nadeel, en hoe langer ons blindelings na hierdie narratief staar, hoe meer is ons medepligtig in die onreg wat leerders in skole ervaar. ... [D]aar moet erkenning gegee word aan leerders se identiteit en erfenis."
Reading for comprehension deur Michael le Cordeur: ’n onderhoud
2025-05-28"Die behoefte vir ’n boek soos hierdie een bestaan dus in die eerste plek in die ouerhuis, omdat ek in hoofstuk een reeds vir ouers leiding gee waarvoor hulle moet uitkyk om te weet of hul kind ’n leesprobleem het al dan nie. Dan is dit ’n noodsaaklike instrument vir die onderwyser in die klaskamer. Ons almal wil hê ons kinders moet beter lees, maar niemand weet wat om te doen nie."
Wenke vir die ATKV-redenaars 2025 se semifinale rondte: 'n onderhoud met Elbie Adendorff
2025-05-08Elbie Adendorff gee in hierdie onderhoud wenke vir deelnemers van die ATKV se redenaarskompetisie wat deurgedring het na die volgende rondte - en ook vir deelnemers wat nie deurgedring het nie.
Te min geld vir onderwys: ’n onderhoud oor die regering se plig en ouers se taak
2025-04-25"Skole en onderwysers is toenemend onder druk deur ouers wat ’n verbruikersingesteldheid openbaar, eerder as dié van ’n vennoot. Skole kan nie in sewe uur regmaak wat huishoudings en die samelewing in 17 uur breek nie."
Onderwys se begrotingsprioriteite
2025-04-14Noudat dat die begroting uiteindelik goedgekeur is, neem Michael le Cordeur die vrymoedigheid om 10 onderwysprioriteite voor te stel.
Menseregtedag 2025, belangrike dae in die onderwys – en hoe onderwysers se regte soms geskend word
2025-03-20"In ’n kontemporêre wêreld kan dit lyk asof die regte van onderwysers dalk uitgeruil word vir die regte van leerders (nog altyd menseregte)."
Persverklaring: Wes-Kaapse skole by WOW-skoolmedia-gala vereer
2025-03-11Woorde Open Wêrelde (WOW) het Donderdag 6 Maart 2025 uitblinkers van die WOW-skoolmediakompetisie by ’n galageleentheid in Stellenbosch vereer.
VVA-Leeskonferensie: "Elke kind wil lees"
2025-02-27Dis weer in die nuus: Die meeste Suid-Afrikaanse kinders kan nie met begrip lees nie. Lees ’n verslag van die belangrike werk ten opsigte van kinders en lees wat onlangs as deel van die Adam Small-fees in die gedaante van ’n leeskonferensie aangebied is.
Sosialemedia-wetgewing: verskansing, foltering of verheffing?
2025-02-26Coert Mommsen, afgetrede sielkundige, dink die onlangse wetgewing in ander lande wat sosialemediagebruik onder jongmense inperk of verbied, is nie noodwendig ’n goeie ding nie: "Elke gebruik van die internet of selfoon skep daagliks / uurliks vir die gebruiker kommunikasienetwerke en kontakte. Sulke netwerke is ’n lewende werklikheid vir elke gebruiker en hulle is noodwendig psigologies hieraan gebind."
Loeriesfontein hou ’n skole-expo en skep geleenthede: ’n onderhoud
2025-02-24"Ons visie is om landelike kinders (meestal Afrikaanssprekend) ’n kans duisend te gee! Om persoonlike interaksie op die dag van die Loopbaanskou te hê – met kundiges, bestuurders van besighede, alumni en/of werwers vir tersiêre en ander loopbaangeleenthede en verdere studie."
Top matriekuitslae ≠ beste onderwysstelsel
2025-02-19"So wat kan erger wees as om matriek te druip? Dit is om jou gat af te werk sodat jy teen al die verwagting in slaag en met ’n matrieksertifikaat sit wat jou toegang gee tot ’n graadstudie maar daar is nêrens plek vir jou nie."
Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!
2025-02-14Klik hier vir gratis vraestelle en antwoordstelle, van graad 1 tot graad 12, plus nog skakels vir onderwysers, leerders, ouers, navorsers en akademici.
’n Wenslysie vir onderwys in Suid-Afrika: Alana Bailey soek na oplossings
2025-02-12"Dit sal wonderlik wees as Suid-Afrikaanse onderwys kan wegbeweeg van die oorbeklemtoning van akademiese prestasie, wat nie vir alle leerders moontlik is of bevrediging gee nie, en reeds op skoolvlak meer praktiese onderrig kan bied sodat iemand na twaalf of dertien jaar op die skoolbanke direk ’n eie besigheid kan bedryf of ’n spesialisloopbaan kan begin."
Hoe los ons die onderwyskrisis op? Faeed Amardien se oplossings
2025-01-31"Om die krisis aan te spreek, moet daar heelwat verbetering wees in die gelyke verspreiding van byvoorbeeld toerusting en hulpbronne ... Hoe lyk dit vir ’n werkersklaskind?"
Loeriesfontein Hoërskool behaal ’n 100%-slaagsyfer: oud-matrikulante vertel hoe hulle dit reggekry het
2025-01-22"As ek moes in ’n ander taal onderrig gehad het, sou dit slegter gegaan het. Afrikaans is my huistaal wat ek mee grootgeword het en dis die taal wat ek die meeste gebruik en verstaan."
Is matriek regtig die towerstaffie?
2025-01-15Die matriekuitslae is bekendgemaak en uit regeringskringe is daar groot opwinding oor die hoë slaagsyfer. Vertel dit egter die hele storie? Alana Bailey dink nie so nie. Freek Robinson het met haar gesels.
Waarom KI in die klaskamer aanwend? ’n Onderhoud met Riaan van der Bergh
2025-01-14"Ons gaan ons aanwending moet verander en die digitale brug skep waar leerders op skaal na die beste wiskundeles kan kyk op iets soos YouTube. ... Waar duisende leerders toegang kan kry tot die massa gratis leerhulpbronne op die internet, wat klassieke literatuur en goeie artikels insluit. Ons moet die brug bou terwyl ons die skeiding sien."
Bela, stiefmoeder van noodgedwonge vernuwing
2025-01-08"Hoewel tradisionele skole om baie redes bo tuisonderrig verkies kan word, moet daar nuut, en op ’n nuwe manier, na tuisonderwys gekyk word as ’n alternatiewe model ... KI maak moedertaalvertalings van byna enige leermateriaal moontlik."
