Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en Afrikaans-kurrikulum: ’n Afrikaans-onderwyser van die Kaapse Vlakte deel sy ervarings

  • 1

Foto van Faeed Amardien: verskaf

Faeed Amardien woon in Parkwood op die Kaapse Vlakte. Hy verwerf sy baccalaureusgraad in onderwys (BEd) by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) in 2020. Die hoofvakke wat hy aanbied is Afrikaans en rekeningkunde. Hy is op die oomblik besig met sy honneursstudie in onderwys by UWK en spesialiseer in taal en letterkunde. Hy gee onderwys by Hoёrskool Plumstead. Hier is ’n diverse groep leerders van verskillende agtergronde op skool en hulle verteenwoordig uiteenlopende kulture en narratiewe. Ongeveer 65% van die leerders in hierdie skool kom van die Kaapse Vlakte en townships.

........
Binne ’n komplekse onderwysstelsel wat broodnodig verandering verg, blyk dit dat geen iemand antwoorde of oplossings kan bring om die disfunksionering binne die onderwysparadigma aan te spreek nie. Daar word talle gesprekke gevoer tussen onderwysers wat daagliks met hierdie uitdagings gekonfronteer word, maar dis egter waar dit bly. ’n Oorweldigende stagnante benadering van die hoër gesag (onderwysdepartement) wat werklik wil glo dat die huidige stand van sake binne die realm van opvoedkunde alright is. Die kondisie binne Suid-Afrikaanse skole versinnebeeld egter ’n paradoks.
........

Binne ’n komplekse onderwysstelsel wat broodnodig verandering verg, blyk dit dat geen iemand antwoorde of oplossings kan bring om die disfunksionering binne die onderwysparadigma aan te spreek nie. Daar word talle gesprekke gevoer tussen onderwysers wat daagliks met hierdie uitdagings gekonfronteer word, maar dis egter waar dit bly. ’n Oorweldigende stagnante benadering van die hoër gesag (onderwysdepartement) wat werklik wil glo dat die huidige stand van sake binne die realm van opvoedkunde alright is. Die kondisie binne Suid-Afrikaanse skole versinnebeeld egter ’n paradoks.

Is dit dalk hier waar onderwysers, unies en ander belanghebbendes tog moet argumenteer dat die oorhoofse figuur in die onderwysstelsel (minister) ten minste ’n graad in opvoedkunde behou, of ’n paar jaar van onderwysondervinding onder die knie het? Om ten minste konteks en agtergrond te begryp van wat in skole gebeur. Dis ’n relevante vraag wat as uitgangspunt dien vir die krisis waarmee ons worstel in die onderwys.

Ek doen ’n kort survey met drie onderwysers van verskeie skole. My een vraag aan hulle is: Som op baie kortliks wat jy tans ervaar in skole. Die volgende is hulle response:

Onderwyser 1: We’re panic stricken because of the syllabi that might not be completed in time. We’re anxious because we try and get learner X to pass Mathematics with 80% because his mother believes he MUST become a doctor. We’re emotionally drained because the introverted girl confessed how she’s being abused.

Onderwyser 2: Education in the last two weeks, especially in our Cape Flats schools, feels like a mother crying over her son who became a gangster due to lack of opportunities.

Onderwyser 3: By the end of the work week, I am running on empty. I feel mentally drained, physically worn out, and emotionally overstimulated. My brain buzzes with the unfinished tasks, unanswered emails, and lesson preparations that still need attention even though the clock says “weekend”.

Die reaksie van jou meer ervare onderwysers is dikwels dat dit wel so gaan hierdie tyd van die jaar. Na die Junie-eksamen sal jy kan rus. My vraag is dus: Hoe is hierdie tipe gevoel enigsins normaal? Wanneer het ons so gekondisioneer geword dat ’n onstabiele geestesgesondheid eenvoudig onderdruk of ignoreer moet word as gevolg van sperdatums en administratiewe pligte wat die sisteem afdwing? Dis net een aspek van die oormatige lys van eise en sogenaamd verantwoordelikhede.

My groot kommer en vraag is hoe lank ons wil voortgaan om hierdie onrealistiese kurrikulum op leerders af te dwing. Daar is egter ’n divorce tussen die realiteit (leerders) en die kurrikulum. Die instelling van die huidige kurrikulum (KABV 2012) spreek tot die leerder se nadeel, en hoe langer ons blindelings na hierdie narratief staar, hoe meer is ons medepligtig in die onreg wat leerders in skole ervaar. ’n Pertinente vraag is dalk: Waarom moet graad 12-huistaalleerders 12 gedigte dek? Afgesien van ’n roman en drama wat ook getoets word. Dit is genoeg om leerders emosioneel en geestelik te verlam. In baie van hierdie gevalle sien ons hoe die leerders faal, want die uitdaging is net te oorweldigend. Waarom nie drie gedigte nie? Of vier? In hierdie opsig – as kurrikulumontwerpers – is jy tegemoetkomend met leerders wat letterkunde op ’n tersiêre vlak wil studeer.

Bygevoeg, die taalgebruik strook nie met die tipe leerder nie. Die argaïese gebruik van byvoorbeeld Afrikaanse woorde en frases veroorsaak die gaping wat leerders “wegstoot” van hulle boeke. My ervaring met digkuns is dat leerders dink dit is te kompleks en gedagteprikkelend. Jy wil kritiese denkers ontwikkel, maar wie wen en wie verloor? In Ngũgĩ wa Thiong’o se Decolonisation of the mind maak dit ons attent om met ’n progressiewe houding en lens na letterkunde en taalkunde te kyk.

........
Dit wil sê dat daar erkenning gegee moet word aan leerders se identiteit en erfenis. Leerders se insae vir Nathan Trantraal se Delft of Ronelda Kamfer se Martha is roerend en besonders, versus Eugène Marais (wat in my opinie skitterende letterkunde geproduseer het) se Dans van die reën. Fanie Viljoen se Betower gee leerders dieper insig in die magiese wêreld wat leerders skielik van vergeet het, omdat hulle nie meer op primêre skool is nie, maar dit spreek die dringende kwessie van sosiale media aan. Zulfa Otto-Salies se Diekie van die Bo-Kaap laat leerders aan my lippe hang terwyl ek die teks aan hulle voorlees, want hulle begryp Diekie se vermoë om ’n meisie te beïndruk en sy sterk konneksie met sy ouma.
........

 

Dit wil sê dat daar erkenning gegee moet word aan leerders se identiteit en erfenis. Leerders se insae vir Nathan Trantraal se Delft of Ronelda Kamfer se Martha is roerend en besonders, versus Eugène Marais (wat in my opinie skitterende letterkunde geproduseer het) se Dans van die reën. Fanie Viljoen se Betower gee leerders dieper insig in die magiese wêreld wat leerders skielik van vergeet het, omdat hulle nie meer op primêre skool is nie, maar dit spreek die dringende kwessie van sosiale media aan. Zulfa Otto-Salies se Diekie van die Bo-Kaap laat leerders aan my lippe hang terwyl ek die teks aan hulle voorlees, want hulle begryp Diekie se vermoë om ’n meisie te beïndruk en sy sterk konneksie met sy ouma. Dis vars, hedendaags en spreek tot die verpersoonliking waarna ons almal smag.

Hoe belangrik is konteks en tyd? As dit ten koste is van leerders se wil om te leer, dan is dit nie meer pragmaties nie. Dus, die kurrikulum wat ontwerp is, is nie in lyn met leerders se kognitiewe vlak in Suid-Afrikaanse skole nie. Die feit dat ons die slaagsyfer tot 30% moes verander spreek tot die feit dat die kurrikulumontwerpers en departement self bewus is van die onpraktiese aard en slaggate wat die kurrikulum behels.

Die reaksie van die drie anonieme onderwysers is ’n gevolg van die kurrikulum. Onderwysers wil die beste gee aan hul leerders, maar dis onmoontlik met ’n kraan wat leeg getap is. Geen energie, motivering of dryfkrag om die beste uit hul leerders te kry nie, want hul onnie lyk asof hulle lui is. Dis asof ek die analogie kan gebruik van ’n motor sonder petrol. Hy sal jou dus nêrens kan neem nie.

........
Die realiteit is dat ons kinders wil leer. Hulle wil daarop fokus om hulself te bemagtig en toe te rus met die kennis om hulself en hulle omstandighede te verbeter. Dis ’n universele narratief, dalk meer en broodnodig vir die werkersklaskind, maar die ekonomiese toestand en globale en internasionale mark dwing die leerder om progressief te wees sodat hulle plaaslike, en op ’n hoër skaal, oorweldigende bydraes kan lewe.
........

Die realiteit is dat ons kinders wil leer. Hulle wil daarop fokus om hulself te bemagtig en toe te rus met die kennis om hulself en hulle omstandighede te verbeter. Dis ’n universele narratief, dalk meer en broodnodig vir die werkersklaskind, maar die ekonomiese toestand en globale en internasionale mark dwing die leerder om progressief te wees sodat hulle plaaslike, en op ’n hoër skaal, oorweldigende bydraes kan lewe. Ons sien hoe die jeug veral in verskeie departemente, hetsy dit sport, kultuur of akademie is, ons land verteenwoordig.

Die skreeu van die onderwysers is dalk harder en meer intens as wat ons dink. Dis tyd dat ons die gesprekke meer openlik voer om praktiese oplossings, nie vir ons nie maar vir ons leerders, vind.

Lees ook:

COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Faeed Amardien

Betower: Betree ’n moderne sprokie

Ronelda Kamfer (1981–)

 

Nathan Trantraal (1983–)

Is djy dom of is djy free, wan dié issie freedomie

Regering moet skuld dra vir swak onderwys

Skoleseminaar: Aanspreeklikheid in die onderwys

  • 1

Kommentaar

  • Barend vd Merwe

    Ek sal nooit kan verstaan hoekom 'n onderwyser 4 lange jare moet studeer, net om voorgeskryf te word hoe hulle die job moet doen nie. Wat is die punt?

    En ja, die leerplan wat so in yster gegiet is. Daarby die waansinnige druk om te presteer...Dis toksies.

    Die probleem lê alles by die eindpunt. Ons weet eintlik nog steeds nie hoe om mense na 12 jaar van skoolopleiding sinvol te assesseer nie. 12 jaar se pogings word gemeet in 2 ure.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top