Is djy dom of is djy free, wan dié issie freedomie

  • 5

Die niewe jaar is nou al ampe drie wieke oud. Laas wiek hettie skole amptelik begin mettie niewe skooljaar. Soe twie wieke geliede hettie matrieks van 2016 se uitslae innie land uit gekom. Die hele koerante se voorbladdens was vol geplak mettie heppie gesigte van kinners wat hulle graad 12 geslaag het. Baie kinners het goed gedoen, ennie res het gegie wat hulle kon. Dan was daa mee assie helfte vannie skoolbanke wat leeg by matriek uit gekommit. As ek oek soe in klasse geprop was, miskien sou ekkie nou hie geskryf hettie. Die Departement van Basiese Onderwys gooi parties virrie “top 20” vannie matrieks. Reg genoeg, die kinners wat soe hard lee, en soe “alles” insit, is mos geregtig op daai eer wat hulle kry. But was ôs al ooit rêrig eerlik met ôsself oo hoekô dinge soe sleg gan en hoekô kinners soes vlieë uittie skool uit drop? In KwaZulu-Natal het hulle ’n groot party gegooi virrie matrieks van daai distrik. Nie vir wattie, but om te wag virrie uitslae van hulle matrieks terwyl daa nog ’n nood is vi toilets en klaskames met elektrisiteit in eThekwini. Die Departement van Onderwys lykit vi my warry nie oo hoe en wat by die skole gebeerie, wan as hulle gewarry het dan sal klaskamesie volgeprop wôttie of hulle sal warry oo hoekô daa soe baie kinners uittie skool uit val. Hoe moetie kinnes lee en hoe moet onnewysers skoolgie? Hoe moet ôs se land groei? Hoe?!

Nou ek wil net gou ’n tree trug vat soe na die einde van laas jaa toe. Voo die matriekresultate uit gekommit, was daa ees die saak vannie wiskundepunte, vannie graad 7’s tot 9’s. Facebook is een van my grootste resources, wan ’n mens kry mossie nettie storie vannie koerante offie nuuslesers affie. Djy hoo mos oekie kant vannie mense oppie grond. Terwyl amal biesag was met hulle krismis-shopping en amal was deel van daai gees wat ôs amal mos tref, was daa baie onnewysers wie sommer die hel in was. Hulle wassie te gelukkig mettie Departement van Onderwys wie opdrag gegie het dat kinners moes oogeplaas wôt na die volgende graad toe, al was hulle nie gereetie. Soes gewoontlik spin die gawwemint-department, wie aan geraak wôt, mos net gou ’n press conference of twie en stuu soe ’n paa mediaveklarings uit, dan is hulle mos wee op dreef. Dié wat raas wôt dood gedruk onne die stemme van bo af, soes dit altyd die geval is. Maa dit maak nou nie saak offie geraas, wat al hoe harder wôt, weggedruk wôttie, allie gemors wat onne die mat lê raak meer en meer soes daa net meer en meer gemors by gevie wôt. Ek mien djy moet sieke baie dom wies, ek bedoel, baie onopgevoed wies, ommie te sien wat hie biesag is om te gebeerie.

Baie mense gloe dattie huidige probleme wat kinners ervaar met hulle skool, gan oo ouersie genoeg belangstelling in hulle kinners se skoolwêk hettie. Miskien is daa waarheid daa, wan ’n kind se skool begin mos byrie huis, voo die dag wat hulle uit hulle maens se baarmoeders uitklim. En dit moet oek vêder aangaan byrie huis. Daai eeste paa jaar van by die huis wies wôt djy voogeskryf hoe om daai laaitie (’n meisiekind of ’n seunskind) te wies. Djy wôt gewys hoe om jouself te gedra innie wêreld. Djy begin oek te lee hoe om jou brein te gebruik. Byrie huis wôt djy gelee hoe om jouself te sien, of hoe die wêreld jou sien en hoe ommie wêreld te sien. Djy is eeder ’n gemors, stoutgat, ongehoorsaam, dom, stadig, lelik, vet – die lys kan aangaan. Natuurlik is daa daai huise waa ’n kind van kleins geonnersteun wôt en die woodeskat is een wat praat van hoe intelligent, slim, sterk, vinnig, pragtig, gehoorsaam djy is, en die lys kan oek aan gaan.

Soe die mense naaste aan jou vannie begin van jou liewe stel mos nou vi jou voo aan jouself. Ek wiet dit klink soes dit plein en simpel is, djy wiet, dat dit wit-en-swart is, but die storie dra meedere klere dan net wit en swart. Opvoeding is ’n storie van “klas”, of eeder, wie het geld en wie hettie. Dit voel soes ’n fantasy world as djy in ’n “bloukraag”-huishouding in instap en djy sien kinners wat met boeke in hulle hanne sit. Die storie strek soe diep dat dit uitroep na mee as net een rubriek. Soe vegiewe my as dit voel ek dwaal.

Dan issit die neks step van jou liewe waa djy uitie huis uit gan en met jou skool begin. Wanne djy begin met kleuterskool of crèche, wat djy tussen een jaar en vier jare loep voo djy “grootskool” toe gan. Nou is jou leë plek nie net mee by die huisie, but jou liewe het nou gegroei, djy sit nou tussen anne kinners van anne huise, en jy’t nog een of twie grootmense by gekry wat vi jou vetel hoe djy moet wies as kind. Die tyd wat djy hier spandeer, moet eindelik wies om jou reg te kry vi die grootskool, maa baie vannie plekke issie reg ingerig om kinners voo te berei nie. Dan is dit tyd vi jou om grootskool toe te gaan. Die eeste dag is ’n dag wat baie ouers en laaities tesame hartseer maak, wan hie wiet djy, as ouer, dat djy is rêrigie mee die een wat jou kind gan lee hoe ommie liewe aan te vattie. Ek kan nie my eeste dag op grootskool onthou nie, but ek wiet dattie skool was ’n baie onregverdige plek. ’n Plek waa ek van Boet-en-Saartjie gelee het, en hoe kinners van my velkleur nie sommer site kry om hulle stories te vetellie. Dit het soe ’n bietjie gechange. Oek ’n plek waa ek kom vestaan het dat as djy nie ’n siekere way operatie of lykie, dan gannit maa swaa.

Nou die ding is van dié: dit hang siekelik af vannie skool wat djy bywoon. Of jou ma en pa genoeg geld het om jou na ’n “ordentlike” skool toe te stuur. ’n Skool waa djy kan reg lee hoe om jou brein te gebruik, hoe ommit te groei. ’n Skool waa dom-wies reg mie gedeal wôt. Net om clear te wies. Dom-wies gan mos oo hoe djy jou vestand gebruik, of groei, reg? Hoe help die skool waa djy in gesit wôt jou om jou vestand te groei. Hoekô issit dat soe baie kinnersie warry oo skoolie? Hoekô is soe baie kinners dom? Skool is dan soe ’n belangrike deel van ’n mens se grootraak. Dis mos daa wat “dom-wies” die pad kan gewys wôt. Elke graad het sy doel, van prieprimêre skool tot graad 12 en dan oek vêder. Die brein wôt ontwikkel en mens kan dit bieter gebruik. Natuurlik is daa baie mense wat hulleself gelee het sonner die hulp van formele skool, nog steeds. Maa dom-wies, dom-wies is iets grote as net kinners wattie hard wêkie. Kinners vallie veniet uittie skole uittie en dit issie net die onnewysers se skultie.

Toe ek nog op skool was, was dit die grootste sonde om oogesit te wôt sonne dat djy “gewêk” het daavoo. Nou toe ek nog ’n kind was, het ekkie die storie vestaan waaoo dit gannie. Ek het net gewiet dit gan oo my. Ek het net gewiet dat as djy oogesit wôt, dan is djy dom en wie willan nou dom wies? Nou natuurlik is daai mos nou net helfte vannie storie. Al het ek met goeie punte innie volgenne graad ingestap, was ek nog steeds dom. Ek hettie gewiet daa is soe baie dinge om nog te leerie. Nog steeds, daai tyd was dom-wies net ’n swak ding om te wies, iets waaoo djy moet sleg voel. Elke jaa wassit dieselle ding, uit hoeveel onnewysers se monne het ôs dittie gehoorie. Som kinners, en meeste vannie selle tyd wassit dieselle kinners wie elke dag moes hoo hoe dom hulle is. Daa was die swart donkete wat oo dom-wies gehang het. Die onnewysers en jou ouers het soe gekarring op jou kop oo dom-wies dat djy moes skaam voel. Dit was iets wat ryk mense nie wassie, iets wat hardwerkende mense nie wassie, iets wat top-presteerdersie wassie. Maa om nie dom te wiesie is mee dan net jou brein toepas. Djy moet sieke eeste lee hoe om jou brein te gebruik. Dit maak siekelik ’n groot veskil. Wanne djy gebore wôt, wôt djy gebore met ’n leë blad. As kind, jong mens, is dit siekelik nie jou skuld of jou veantwoodelikheid om daai blad op te vullie. Dis mos sieke hoekô ôs institusies het wat moet help mettie opleiding van mense.

Wat ek wel nou weet van “dom”, deu die hulp vannie pragtige woodeboeke wat langs my lê, is dat djy, die een wie dom is, eintlik kan beskou wôt as iemand wat baie min vestand het. Dom-wies kan oek beskryf wôt as iemand wat onskuldig is, wattie geleedheid hettie, wattie nc!a kan dinkie. Nou volgens die hele klompie sinonieme wat ek nou al oo gelies het innie woodeboeke, is daa somme ’n klomp wat vi “dom” dek. Om dom te wies, het niks te doen mettie feit dat ’n mens lui is offie lui issie, of dat mensie hardwêkend is of dat ’n mensie kan dinkie. Nou as kind het ekkie dié vestaanie en ek dink daa is sieke baie grootmense oek wat dit oekie vestaanie. Om dom te wies, issie iets wat nooit kan reggemaak wôttie. Dom-wies gan oo hoe djy lee om jou brein te gebruik, hoeveel infomasie djy daain sit. Hoe djy dit stêk hou en watse dinge djy doen om jou brein te groei. Dis hoekô onnewysers daa is, reg? Onnewysers moet mos kinners meer lee dan net wiskunde en geskiedenis – hulle moet wys gemaak wôt vannie wêreld. Kinners moet lee wattit betieken om oue te wôt en wat hulle sal nodig het ommie wêreld daa buite aan te pak. Kinners spandeerie meeste van hulle tyd byrie skool, but hoe onregvêdig issit rêrig om soeveel vannie onnies af te verwag. Ek bedoel daa is soe baie mense wie deel is van een kind se liewe. Soeveel mense wat ’n kind moet aanhelp om ontslae te raak van hulle dom-geid. Soeveel anne goed wat ’n kind (0 jaar tot 21 jaar oud, volgens my) se opleiding beïnvloed dan net onnewysers wie nie “reg” kan skoolhou nie.

Dit helpie dattie Onderwysdepartement, onnewysers, ouers, die skole self, en die media, kinners vootrek wie presteerie. Wat vannie res wie nie presteerie? Hoe is daai kind gereed gemaak ommie liewe aan te pak? Daa is baie gevalle waa kinners onne baie druk presteer. Ek praat nou vannie druk van armoede, geweld ensoevoorts, maa is dit rêrig die tipe liewe wat ôs wil gemaklik in voel? Wil ôs rerig voortgaan onne die leiding van ’n onderwysdepartement wie sien hoe klasse propvol is maa niks doen aanie saakie, net soedat hulle kan geld spaar? En geld spaar vi wat? Om nog parties te gooi vi ’n paar leeders wie wag op hulle uitslae. Hoekô sit ôs soe baie klem op matrikulante? Wat vannie res vannie 12 jaar wat djy eintlik op jou basiese skoolopleiding moet spandeer?

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het gesê dattie matriekslaagsyfer baie goed is en dat dinge biete raak. Wee op Facebook en op anne platforms was daa die debat oo die matriekslaagsyfer en baie hettie vraag gevra, but waa issie res vannie kinners wattie by matriek uitgekommittie? Ôs sit in ’n land met ongeskoolde kinners en jongmense. Ôs sit oek in ’n land waa jongmense opleiding kry om in publieke plekke te loep wêk en hulle wietie hoe om hulleself te dra nie.

Minister Motshekga sê oek vêde dat die resep vir ’n bietere slaagsyfer sal wies om meer te fokus op die basiese vlak van onnewys. Dis nou van graad R af tot graad 3. Ek stem nie saam nie. Ek dink dat al die onnewysvlakke dieselle onnersteuning moet onvang vannie departement af. Die kinners moet aan gedink wôt, nie hoeveel geld kan gespaar wôtie. Die konstitusie vannie land sê dis jou reg om skool toe te gan, maa watse tipe opleiding kry djy innie skool? Ek hoo hoe baie onnewysers die onnersteuning van ouers af vra. Ek wietie hoeveel ouers gaan elke dag huis toe en gan help nog hulle kinners met skoolwêkie. Ek wiet dat baie mense nie die tyd, die geld, offie krag het om hulle kinners te helpie. Natuurlik lê dit op die ouers om hulle kinners daai onnersteuning te gie en te help waa hulle kan. Hoe kan djy help wanne djy selfie vestaan wat innie kind se skoolboeke aangaan nie? Hoe kan djy help as djy amper doodgewêk is deur jou baas? Hoe kan djy help as djy warry oo die brood wattie daa issie, offie wate of krag wat een vannie dae afgesit sal wôt?

Ek dink as ôs moet rêrig kyk na die groot krisis in onnerwys, gat dittie net oo een dingie. Die goed wat vekeerd is strek soe oo mekaar dat as djy aanie een ding trek, dan trap djy op ’n anne ding.

Nou natuurlik is daa ’n handjievol mense wie nie met al die proebleme sittie. Hulle hettie tyd en krag (ja elektrisiteit oek), ennie geld om hulle kinners die onnersteuning te gie wat hulle nodig het. “Dis oukei, maa wat vannie res van ôs?” Die Minister praat van ’n resep ommie uitslae te vebiete, maa nog steeds sit hulle nie mee geld innie skole innie. Ek lees op FB oo skole waa daa ampe 100 kinners in ’n klas is wat geskik is vi 31. Nou vra djy jouself in, hoe kan kinners gelee wôt? Hoe kan kinners wie 40 plus in ’n klas sit, deur een mens gelee wôt? Hoe is dit moontlik? Watse rol gan daai kinners in hulle community speel as hulle sulke tipe opleiding kry? Moenie eens praat vannie skole waa daa nie dakke of toilette issie. Dis mos elke jaa se ding, waa die nuus net soe wee ’n bietjie daaoo praat, en dan issit wee stil. En wat vannie onnewysers? Wat van hulle wie die land se nuwe leiers, dokters, vepleegsters, polisie, kunstenare, musikante, onnerwysers, tegnikuste ens moet lee oo hoe mensie liewe aanpak? Het djy al ooit in ’n polisiestasie ingeloep of was djy al ooit gehelp deur ’n publieke vepleegster of dokter? Dit beginnie byrie huisie, dit begin byrie skool.

Watse krop kry ’n mens dan uit? Het djy al ooit gesien ’n boer fokus net om ’n derde van ’n krop te oes? Of ’n Pick n Pay-winkel wat net konsentreer om helfte van hulle kosse vars te hou? Of ’n treinpriester wat net aan eenkant vannie treinwaentjie priek? Niee, daai treinpredikant loep van een kant na die anne kant van daai waentjie. Hy of sy trap oo mense se voete, of swaai ommie pale, om by die annekant uit te kom. Nou hoe kry ôs dit reg om een vannie belangrikste institusies soe te hanteer? Hoe kry ôs dit reg, as Suid-Afrikaners, om te sien dat ôs kinners soe swaa kry? Hoe kry ôsit reg om toe te laat dat die gawwemint soe met ôse liewens speel.

Soe meer mense proebeer om oo die goed te praat, soe druk die gawwemint net hulle ore vêder toe, en vie net vêder die goed onnerie mat in. Hoekô sal hulle warry as die presidentie ees matriek hettie. Hoekô moet hulle warry wat hie oppie grond aanie gang is. Ek en djy kan maa daaonne ly en julle wiet sieke wat kom volgende: ’n land met ’n handjievol mense wat wiet hoe om hulle breine te gebruik. Helfte van daai handjie se mense gaan oosee, die res proebeer om iets trug te sit in die land. Soe wat het ôs dan? ’n Land vol mense, meer as helfte hettie skool klaa gemaakie. Die res wat proebeer het, amper helfte van hulle hettie matriek gemaakie. Die res wat oobly is meestal kinners wie in ’n winkel kan loep wêk, miskien ’n job kry byrie Foschini group, of Edgars, en anne kos- en klerewinkels. Dan is daa dié wat oobly wat dit gan try om ’n job te kry by Amazon of by ’n anne call centre ennie paar wat gan proebeer om vêder te lee. Hoe groei djy ’n land soe? Die ding is van dié: ôs issie meer in apartheitie, ennie gawwemint moet dit onthou. Mense ken hulle regte, en hulle gannie vi altyd rustig sit en sien hoe hulle vir ’n joke gevat wôtie. Julle moet gloe dat dittie die gawwemint gan wies wat gan daaonne ly nie, but ek en djy. Die mense wie sonne bodyguards innie rondte moet loep. Die hele land gan omval oo al die gemors wat net onnerie mat ingevie wôt. Die land is glattie Free nie, nie as die meeste van ôs nog Dom issie.

Op die oudedom van 16 was uh Goodhope fm dj by o’s skool. Hy het met uh mic innie ronte geloep om kinnes te vra wie hulle is en waa’vandaan hulle kom. O’s almal het oppie netbalbane se sementblad gesit. Hy’t voo my kô staan, en hy’t my gevra. “So who are you and where you from? Heelwat op sy nerves. Ek ’it hom boe oo my brille gekyk en stadig gesê: “Ek is Livy. Vannie Rive.”  

Bly te kenne!

  • 5

Kommentaar

  • Avatar
    Magriet Rossouw

    Aangrypend. Breek my hart en ons regering ploeter voort en verryk hulself met geen gedagte aan wat hul nalatenskap gaan wees nie.

  • Shoo Livy die is ware woorde wat djy praat en ek wiet daa is nogsteeds mense wat verby die wil liewe maar dit gani gebee ni ,want amal moet hierdee gan ... Ek is trots op ju manier en wyse van die artikel en ja ek staan met ju op dit os mense kani su angani ... Ouershuis en skool is belangrik en mense moet uitkyk vr hule kinnes.... Give thanks

  • Avatar
    Lindie Lourens

    Pragtig! Ek stem met alles saam. Die "probleembal" word net van die een departement na die volgende gegooi. Niemand neem verantwoordelikheid en doen iets nie. Klein begin. Saamwerk. Omgee.

  • Hartverskeurend waar! Ek haat dit ook om te leef asof probleem nie bestaan nie! Als begin en eindig by opvoeding van kind!

  • Groot en waar woorde wat jy gepen het hier. Die hele land se wette is in ’n gemors want dit geld ook nie vir almal nie. Sommige kan doen wat hulle wil.
    My beskeie opinie is dat ons as kinders gewetter was toe ons in die skool was. In die middag na skool het ons werk gehad om te doen en die duiwel het jou gehaal en jy het die hoenders in die hel hoor kraai as dit nie gedoen was nie. Saans het ek maar huiswerk gesit en doen by ’n kers of paraffienlamp.
    Kinders gee ook nie meer ’n snars om nie, want hulle weet dat die ouers gaan hel kry as jy jou hande durf lig.
    Menige ouers steun egter hulle kinders deur vir hulle sakke vol geld te gee en allerhande snert wat geld kan koop om die kind maar net onder hulle voete uit te hou.
    Dit is maar ’n omvattende problem wat jy hier noem. Bykans almal is skuldig daaraan dat kinders "dom" deur die lewe gaan. Selfs to ek kind was het mense geglo dat kinders gesien en nie gehoor word nie.
    Ekself het maar baie baie dinge geleer nadat ek skool verlaat het, ook maar Gr 10 in vandag se taal.
    Al wat ek kan sê is sterkte aan die wat graag wil maar ongelukkig vir die varke gegooi word deur die wat eintlik die mag het om juis hulle te help wat die potensiaal het maar nie die ndersteuning in alle fasette nie.
    Groetnis

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top