SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |

Follow and join the ongoing conversation on South African schools.

’n Wenslysie vir onderwys in Suid-Afrika: Alana Bailey soek na oplossings

Alana Bailey SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-12

"Dit sal wonderlik wees as Suid-Afrikaanse onderwys kan wegbeweeg van die oorbeklemtoning van akademiese prestasie, wat nie vir alle leerders moontlik is of bevrediging gee nie, en reeds op skoolvlak meer praktiese onderrig kan bied sodat iemand na twaalf of dertien jaar op die skoolbanke direk ’n eie besigheid kan bedryf of ’n spesialisloopbaan kan begin."

Hoe los ons die onderwyskrisis op? Faeed Amardien se oplossings

Faeed Amardien SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-01-31

"Om die krisis aan te spreek, moet daar heelwat verbetering wees in die gelyke verspreiding van byvoorbeeld toerusting en hulpbronne ... Hoe lyk dit vir ’n werkersklaskind?"

Loeriesfontein Hoërskool behaal ’n 100%-slaagsyfer: oud-matrikulante vertel hoe hulle dit reggekry het

Naomi Meyer, Hendrik Urion, Marshalene de Jongh, Juanicia Bates, Jeandré van Wyk, Jody Tieties SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-01-22

"As ek moes in ’n ander taal onderrig gehad het, sou dit slegter gegaan het. Afrikaans is my huistaal wat ek mee grootgeword het en dis die taal wat ek die meeste gebruik en verstaan." 

Is matriek regtig die towerstaffie?

Freek Robinson, Alana Bailey Onderhoude 2025-01-15

Die matriekuitslae is bekendgemaak en uit regeringskringe is daar groot opwinding oor die hoë slaagsyfer. Vertel dit egter die hele storie? Alana Bailey dink nie so nie. Freek Robinson het met haar gesels.

Waarom KI in die klaskamer aanwend? ’n Onderhoud met Riaan van der Bergh

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-01-14

"Ons gaan ons aanwending moet verander en die digitale brug skep waar leerders op skaal na die beste wiskundeles kan kyk op iets soos YouTube. ... Waar duisende leerders toegang kan kry tot die massa gratis leerhulpbronne op die internet, wat klassieke literatuur en goeie artikels insluit. Ons moet die brug bou terwyl ons die skeiding sien."

Bela, stiefmoeder van noodgedwonge vernuwing

Maryna Blomerus SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-01-08

"Hoewel tradisionele skole om baie redes bo tuisonderrig verkies kan word, moet daar nuut, en op ’n nuwe manier, na tuisonderwys gekyk word as ’n alternatiewe model ... KI maak moedertaalvertalings van byna enige leermateriaal moontlik."

Bela onderteken: Wat gebeur volgende?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-12-23

"Solank skole vol is en daar voldoende leerders van ’n bepaalde taalgemeenskap is, sal hulle die reg hê om onderrig in hulle taal te ontvang. Dit word gewaarborg in artikel 29(2) van die Grondwet. Die uitdaging kom gewoonlik waar die skool nie vol is nie en daar ’n ander taalbehoefte in die gemeenskap is." Jaco Deacon, Fedsas se uitvoerende hoof, beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die bekragtiging van wetgewing en oor wat dit vir ouers van kinders in Suid-Afrikaanse openbare skole beteken.

Bela: Belegging of beleg?

Freek Robinson, Jaco Deacon Onderhoude 2024-12-11

Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), oor die voortslepende moddergooiery rakende die Bela-wet.

"Onderwys in syfers"-verslag: ’n onderhoud met Riaan van der Bergh

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-12-09

"Ons gaan moet begin om die werklike kwelpunte aan te spreek as ons die gety wil stuit. Ons moet skole bou waar mense bly; ons moet moedertaalonderrig bevorder; ons moet kyk na ons befondsingsmodelle vir skole; ons moet die vrystellings en wanbetalings omdraai; en ons moet gemeenskapsbetrokkenheid deur eienaarskap en verantwoordbaarheid verhoog."

Bela-wet: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-12-02

"Die afgelope week se mediaberigte, en veral die verskillende mediaverklarings wat uitgereik is, laat dit lyk of ons in ’n verkiesingstyd is. Menings staan lynreg teenoor mekaar en uit die reaksies is dit duidelik dat die ANC intern verdeel is, maar ook dat die regering uit verskillende monde praat. ... Die Nedlac-skikking wysig geensins die wet nie, maar skep ’n geleentheid dat dit wel sou kon plaasvind. Dit is ’n ooreenkoms met die regering, en die regering sal nou prosesse moet skep om uitvoering hieraan te gee."

Bela-optog: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-11-14

"Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat."

Bela-wet: Waarom die groot bohaai oor twee klousules?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-11-12

"Bela is lank nie meer net ’n onderwysaangeleentheid nie; dit is ’n politieke, ideologiese aangeleentheid."

Bela-wet: Op ’n heuwel daar ver

Heindrich Wyngaard Menings 2024-11-06

"En dit is wat gelei het daartoe dat die land Dinsdagoggend ’n oranje-gekleurde, eietydse Groot Trek (opmars, saamtrek) uit die uithoeke van die land, op ’n heuwel met ’n uitsig oor die hoofsetel van die RNE, gade geslaan het."

Postebesnoeiing lei tot lae moraal by onnies

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-09

"Die regering se voorneme om duisende onderwysposte te snoei lei tot grootskaalse ongelukkigheid in onderwyskringe. In die laaste paar weke het verskeie provinsiale departemente aangedui dat hulle geldprobleme ondervind as gevolg van kwaai begrotings, die swak ekonomiese omstandighede van die land en finansiële wanbestuur van die vorige regering."

Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg

Freek Robinson, Paul Philip Sauer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-09

Die onderwys verkeer tans onder baie druk. Freek Robinson gesels met Paul Sauer, uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Poste, begrotingsinkortings, leerders se gebrek aan leesbegrip, die Bela-wet, die toestand van klaskamers en die welstand van onderwysers word onder die loep geneem.

Kunsmatige intelligensie en die dekolonialisering van onderwys in Suid-Afrika

Maryna Blomerus SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-04

"Gestel dat KI-ondersteunde digitale lesse die oordra van kennis kan oorneem terwyl die onderwyser herontplooi word as toesighouer of fasiliteerder wat opgelei word om die basiese tegnologie genoegsaam te verstaan om leerlinge met die gebruik daarvan by te staan, dit wil sê om leerlinge aan die gang te kry en aan die gang te hou binne ’n gedissiplineerde en uitkomsgedrewe klaskamer."

Openbare skole se finansies: hoekom ouers in Oktober oor die geldsake van hul kinders se skole moet praat

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-02

"Eienaarskap en verantwoordelikheid. Die 'openbare' aard van ons skole plaas die eienaarskap van ons skole in die gemeenskap, en die model van samewerkende beheer deur die beheerliggaam versterk dit. ’n Skool met betrokke ouers het ’n baie groot voordeel."

Is verengelsing die Bela-wet se skuld?

Eugene Brink SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-20

"Maar om te Bela of nie te Bela nie is eintlik nie ter sake nie. Dit lewer dalk lekker nuus op, maar die lot van Afrikaans as voertaal in skole hang van meer af as net een wet. Bela is ’n strydkreet vir rolspelers aan albei kante van die geveg, maar ook ’n skuifmeul vir veel meer prosaïese maar harde werklikhede."

BELAB onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-15

"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."

Krisis in die onderwys: ’n onderhoud met Hanlie Dippenaar

Alta Engelbrecht, Hanlie Dippenaar SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-13

"Dit is duidelik dat daar finansiële druk op die Departement van Onderwys is. Ek voel onderwys is die laaste item op die finansiële begroting wat onder druk geplaas moet word. ’n Moontlike oplossing kan wees om ’n verpligte een-jaar-internskap vir nuwe onderwysers in te bring, wat die druk kan verlig."

Top