SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |
Follow and join the ongoing conversation on South African schools.
Die BELA-konsepwet is aanvaar: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2023-09-28"Geen van die bepalings in BELA gaan sorg vir goeie skole of goeie landsburgers nie. Die teendeel kan eerder gebeur, naamlik dat die staat goeie skole se taalbeleide kan verander of goeie skole oorvol kan maak met beheer oor toelatings."
Wêreldgeletterdheidsdag, 8 September 2023: ’n onderhoud met Laurette Marais
2023-09-08"Om met begrip te kan lees is die sleutel tot al die kennis- en storieskatte van die wêreld. Ons wil graag ons deel doen om dit moontlik te maak vir alle Suid-Afrikaanse kinders om daarin te kan deel. En kinders word natuurlik grootmense wat in hul eie kontekste hul waardes wil uitleef."
BELA-wetsontwerp: Gaan Afrikaanse skole bly of gly?
2023-08-31"Ouers: Wees bewus van die implikasies van die BELA-wetsontwerp en maak seker dat die skool se beheerliggaam deur ’n beheerliggaamorganisasie soos Fedsas ondersteun word."
Die kopskuif om onderwys se toekoms te verseker
2023-08-23"Daar bestaan ’n dringende behoefte aan vernuwing wat betref nuwe onderwysmetodes en oplossings om onderwys se toekoms te verseker.’n Groep deskundiges en opvoeders het verlede Donderdagaand tydens ’n gesprek wat deur die Vriende van Afrikaans (VVA) en die Afrikaanse Onderwysnetwerk aangebied is, besin oor moontlike kopskuiwe wat nodig is om die noodsaaklike vernuwing binne die onderwysstelsel ’n werklikheid te maak."
Bestekopname in die middel van die jaar: ’n gesprek oor skoolrapporte
2023-07-06"Uiteindelik is die mikpunt nie om net goeie resultate en uitslae op skoolrapporte te kan wys nie, maar om ’n gebalanseerde kind groot te maak wat later as volwassene die uitdagings wat die lewe aan hom stel, met selfvertroue te kan aanpak en ’n gelukkige lewe te kan lei."
Moedertaalonderrig is van kardinale belang in Suid-Afrika; dis ononderhandelbaar
2023-06-29"My Engelse mentoronderwyser ... het my binne die eerste paar dae van my proeftydperk in kennis gestel dat 50% van haar Engels Huistaal-leerders in Graad 8 hulle eerste kwartaal met lof gedruip het. Waarom? Die antwoord is verbasend eenvoudig. Afrikaanse en Xhosasprekende ouers ... stuur hul kinders na Engelse skole toe."
Boeke en ouderdomsaanbevelings vir jou kind
2023-06-08"Daar is ’n behoefte by volwassenes, ouers, onderwysers, oumas, oupas en almal wat ’n kinderleser in hul lewe het om ’n aanduiding van kenners (uitgewers, skrywers en spesialiste op die gebied) te kry in verband met wat hulle vir hul kinders aanskaf sonder om self die teks te lees."
BELA-wetsontwerp kort aanpassings, maar is nie uit die put van die hel nie
2023-06-02"Die hartseer van alles is volgens [Jaco Deacon] dat niks van die bepalings wat in hierdie wysigingswet ingebring word, gaan maak dat die onderwyskrisisse wat die land tans beleef, opgelos gaan word nie. 'Dit gaan nie maak dat kinders beter lees of dat die geld reg gekanaliseer word en die werklike probleme aanspreek nie, en dit is hartseer.'"
Waarom ouers nou wérklik aan die BELA-wetsontwerp aandag moet gee: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2023-06-01"Die staat sukkel om kwaliteitonderrig by 80% van die land se skole te lewer en wil nou kortpad vat met die wysigingswet om beheer te neem oor die goed funksionerende skole deur meer magte vir onderwyshoofde te gee oor onder andere taal en toelating. Ouers moet eenvoudig vasskop – élke skool behoort kwaliteitonderrig te gee, en as dit nie gebeur nie, moet die probleem daar aangespreek word."
ATKV-redenaars 2023: die perspektief van ’n taalonderwyser
2023-05-31"Ek moet bieg – ek was nie verlede week besonder lus om vir ’n hele middag na toesprake te luister nie. Dis nou eksamen, en ek het vraestelle gehad wat moes klaar. Op pad huis toe was ek egter verbaas oor die oorweldigende gevoel van hoop wat ek ervaar het. ... Ons kinders is orraait."
Albie Sachs ‒ ’n taaltestament? Oudregter van die Konstitusionele Hof Albie Sachs breek ’n lansie vir Afrikaans
2023-04-26"Sachs het verder die wens uitgespreek dat alle wit, bruin en Indiër-leerders die Afrikataal van hulle streek tot matriek moet leer om daarin te kan kommunikeer en dat dit ’n versuim van ons nuwe demokratiese stelsel is dat so ’n reëling nie gebiedend gemaak is nie."
Hoe leer kinders die taal van wiskunde aan? ’n Onderhoud met Wilhelm du Toit
2023-04-20"Wanneer jy syfervaardig is, kom die wiskunde vanself."
Taaldinge: Ria Olivier praat oor Afrikaans in die klaskamer
2023-02-15"Baie Afrikaans-onderwysers bevind hulle in ’n moeilike situasie, want die kurrikulum bepaal dat hulle die leerders moet voorberei om in die gestandaardiseerde variëteit van Afrikaans te kan funksioneer, terwyl baie leerders se huistaal eintlik een van die ander variëteite is, bv Kaapse Afrikaans of Namakwalandse Afrikaans."
Kan die vestiging van waardes in skole ons ligte aanhou?
2023-02-02"Morele vorming gaan nie net om kopkennis en feite nie, maar om die goeie te ken, daarvoor om te gee en dit te doen. Willers skryf in sy artikel oor 'teaching anti-corrupt values', maar waardes word nie onderrig soos ander kurrikuluminhoude nie – dit word op talle maniere gevestig (instilled)."
Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Faeed Amardien se mening
2023-01-27"Die daadwerklike moeite rondom inklusiwiteit in ’n postapartheid klaskamer lyk asof dit tevergeefs is."
Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Dewald Koen se mening
2023-01-27"Moet daar ’n 'resep' wees waarvolgens gedigte, kortverhale en romans wat op skoolvlak voorgeskryf word, gekies word? Is die literêre waarde van die teks nie belangriker as die geslag, gender, seksuele oriëntasie of geloof van die skrywer, of die taalvariëteit wat deur die skrywer gebesig word nie?"
Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 5: Eksplisiete strategie-onderrig
2023-01-20"In hierdie skrywe word die verskillende stappe in die eksplisiete onderrig van ’n leesbegripstrategie bespreek en plek-plek gemodelleer."
Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 4: Die voorbereiding van die onderwyser vir die onderrig
2022-12-13"Waar begin ’n mens met die onderrig van leesbegripstrategieë?"
BELA-wetgewing: ’n onderhoud met ’n tuisskool-ouer
2022-12-01"Ons het tot dusver geen inmenging of hulp van die staat gehad nie en ek voel hoe minder hulle inmeng hoe beter. Die doel van onderrig is om ’n goeie matriek te kry en jou kind op elke manier te help om daar uit te kom."
New history curriculum for South African schools 2024: A historian’s opinion
2022-11-29"A new history curriculum is scheduled for implementation; completion thereof is intended by 2024, and it is almost definitely constructed around ANC nationalistic assumptions of what constitutes valid historical knowledge. This potentially forebodes disturbing implications regarding state attempts to manipulate students’ comprehension of their own identity, particularly minorities and specifically white South Africans."