SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |
Follow and join the ongoing conversation on South African schools.
Bela onderteken: Wat gebeur volgende?
2024-12-23"Solank skole vol is en daar voldoende leerders van ’n bepaalde taalgemeenskap is, sal hulle die reg hê om onderrig in hulle taal te ontvang. Dit word gewaarborg in artikel 29(2) van die Grondwet. Die uitdaging kom gewoonlik waar die skool nie vol is nie en daar ’n ander taalbehoefte in die gemeenskap is." Jaco Deacon, Fedsas se uitvoerende hoof, beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die bekragtiging van wetgewing en oor wat dit vir ouers van kinders in Suid-Afrikaanse openbare skole beteken.
Bela: Belegging of beleg?
2024-12-11Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), oor die voortslepende moddergooiery rakende die Bela-wet.
"Onderwys in syfers"-verslag: ’n onderhoud met Riaan van der Bergh
2024-12-09"Ons gaan moet begin om die werklike kwelpunte aan te spreek as ons die gety wil stuit. Ons moet skole bou waar mense bly; ons moet moedertaalonderrig bevorder; ons moet kyk na ons befondsingsmodelle vir skole; ons moet die vrystellings en wanbetalings omdraai; en ons moet gemeenskapsbetrokkenheid deur eienaarskap en verantwoordbaarheid verhoog."
Bela-wet: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2024-12-02"Die afgelope week se mediaberigte, en veral die verskillende mediaverklarings wat uitgereik is, laat dit lyk of ons in ’n verkiesingstyd is. Menings staan lynreg teenoor mekaar en uit die reaksies is dit duidelik dat die ANC intern verdeel is, maar ook dat die regering uit verskillende monde praat. ... Die Nedlac-skikking wysig geensins die wet nie, maar skep ’n geleentheid dat dit wel sou kon plaasvind. Dit is ’n ooreenkoms met die regering, en die regering sal nou prosesse moet skep om uitvoering hieraan te gee."
Bela-optog: ’n onderhoud met Michael le Cordeur
2024-11-14"Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat."
Bela-wet: Waarom die groot bohaai oor twee klousules?
2024-11-12"Bela is lank nie meer net ’n onderwysaangeleentheid nie; dit is ’n politieke, ideologiese aangeleentheid."
Bela-wet: Op ’n heuwel daar ver
2024-11-06"En dit is wat gelei het daartoe dat die land Dinsdagoggend ’n oranje-gekleurde, eietydse Groot Trek (opmars, saamtrek) uit die uithoeke van die land, op ’n heuwel met ’n uitsig oor die hoofsetel van die RNE, gade geslaan het."
Postebesnoeiing lei tot lae moraal by onnies
2024-10-09"Die regering se voorneme om duisende onderwysposte te snoei lei tot grootskaalse ongelukkigheid in onderwyskringe. In die laaste paar weke het verskeie provinsiale departemente aangedui dat hulle geldprobleme ondervind as gevolg van kwaai begrotings, die swak ekonomiese omstandighede van die land en finansiële wanbestuur van die vorige regering."
Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg
2024-10-09Die onderwys verkeer tans onder baie druk. Freek Robinson gesels met Paul Sauer, uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Poste, begrotingsinkortings, leerders se gebrek aan leesbegrip, die Bela-wet, die toestand van klaskamers en die welstand van onderwysers word onder die loep geneem.
Kunsmatige intelligensie en die dekolonialisering van onderwys in Suid-Afrika
2024-10-04"Gestel dat KI-ondersteunde digitale lesse die oordra van kennis kan oorneem terwyl die onderwyser herontplooi word as toesighouer of fasiliteerder wat opgelei word om die basiese tegnologie genoegsaam te verstaan om leerlinge met die gebruik daarvan by te staan, dit wil sê om leerlinge aan die gang te kry en aan die gang te hou binne ’n gedissiplineerde en uitkomsgedrewe klaskamer."
Openbare skole se finansies: hoekom ouers in Oktober oor die geldsake van hul kinders se skole moet praat
2024-10-02"Eienaarskap en verantwoordelikheid. Die 'openbare' aard van ons skole plaas die eienaarskap van ons skole in die gemeenskap, en die model van samewerkende beheer deur die beheerliggaam versterk dit. ’n Skool met betrokke ouers het ’n baie groot voordeel."
Is verengelsing die Bela-wet se skuld?
2024-09-20"Maar om te Bela of nie te Bela nie is eintlik nie ter sake nie. Dit lewer dalk lekker nuus op, maar die lot van Afrikaans as voertaal in skole hang van meer af as net een wet. Bela is ’n strydkreet vir rolspelers aan albei kante van die geveg, maar ook ’n skuifmeul vir veel meer prosaïese maar harde werklikhede."
BELAB onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2024-09-15"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."
Krisis in die onderwys: ’n onderhoud met Hanlie Dippenaar
2024-09-13"Dit is duidelik dat daar finansiële druk op die Departement van Onderwys is. Ek voel onderwys is die laaste item op die finansiële begroting wat onder druk geplaas moet word. ’n Moontlike oplossing kan wees om ’n verpligte een-jaar-internskap vir nuwe onderwysers in te bring, wat die druk kan verlig."
SA Skoleseminaar: Besnoeiing van onderwysbefondsing
2024-09-12"Onderwysers is die waarborg dat die volgende geslag opgevoed sal wees. Goeie (en genoeg) onderwysers is die enigste verweer teen die moontlike verval van die samelewing."
LitNet Akademies Weerdink-onderhoud – skole: kompetisies of waardes?
2024-08-27"Mense wil van nature deel wees van ’n 'wenkultuur'. Ons raak almal opgewonde as die Springbokke wen, ons atlete medaljes by die Olimpiese Spele verwerf en Dricus du Plessis sy titel suksesvol verdedig. Daar is soveel uitdagings in ons land wat mense moedeloos en negatief laat, soos swak dienslewering, werkloosheid, verlies van mag, dat ek oortuig is dat skole en skole se prestasies dalk as ’n kruk gebruik word."
Hoe om ’n trein te stop deur Stephanie Ebert en Kathryn Pillay: vir lekker lees én om in die klaskamer te gebruik
2024-06-20"Hierdie boek is ideaal vir die geskiedenisprojek wat leerders in die derde kwartaal oor die lewensverhaal van ’n leier moet voltooi."
Miljoene rand in pyplyn vir privaat Afrikaanse skole
2024-04-12"Innoverende planne om moedertaalonderrig vir privaat Afrikaanse skole in Suid-Afrika te bevorder het die afgelope week ’n nuwe fase betree. Miljoene rand gaan gewerf word vir ’n netwerk enkelmedium onafhanklike Afrikaanse skole regoor die land."
Verander die regering hulle deuntjie oor die Bela-wetgewing?
2024-03-25"Dit is alles positiewe stappe en ons verwelkom die feit dat die DBO die openbare insette met die nodige erns bestudeer het. Ons vertrou nou dat die politici in die NRVP die openbare insette met dieselfde erns sal hanteer en gehoor sal gee aan die terugvoer van die DBO."
Internasionale moedertaaldag 2024 en die belang van moedertaalonderrig
2024-02-21"Die huidige dilemma waarin onderwys hom in Suid-Afrika bevind, is deels toe skryf aan die feit dat daar soveel leerders is wat nie in hul moedertaal onderrig ontvang nie. Dit word nou al hoe meer deur die onderwysowerhede besef en ons hoop dat die kwessie spoedig aangespreek sal word."
