Michael le Cordeur, visedekaan van Opvoedkunde aan Universiteit Stellenbosch en voorsitter van die SBA, beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die Bela-optog en Afrikaans in skole.
Michael, die Bela-wet is onderteken en ons weet dat klousules 4 en 5 veral in die nuus is. Wat is jou gedagtes oor hierdie klousules?
Klousules 4 en 5 handel oor die belangrike kwessies van skole se taalbeleid en die gepaardgaande toelatingsbeleid wat intussen deur die President terugverwys is vir verdere onderhandeling. Sommige partye, waaronder die DA, en burgerregte-organisasies soos Solidariteit en AfriForum, is ongelukkig omdat die regering die finale sê hieroor sal hê en nie meer ’n skool se beheerliggaam nie, ’n funksie wat tot nou by die beheerliggame berus het.
Die res van die wetgewing is goed en sal onderwys in ons land na ’n hoër vlak verhef. Die Grondwet sê elke kind het die reg op onderrig in die taal van die ouers se keuse mits dit billik is. Is dit billik dat ’n skool ses Engelssprekende onderwysers aanstel vir een kind? Daarteenoor: Is dit billik dat ’n arm swart kind se ouers elke dag R15 betaal aan ’n taxi om die kind na ’n Engelse skool te vervoer? Dit is R600 per maand. Die regering moet hier ons belasting aanwend en skole en ouers tegemoet kom.
............
Die Grondwet sê elke kind het die reg op onderrig in die taal van die ouers se keuse mits dit billik is. Is dit billik dat ’n skool ses Engelssprekende onderwysers aanstel vir een kind? Daarteenoor: Is dit billik dat ’n arm swart kind se ouers elke dag R15 betaal aan ’n taxi om die kind na ’n Engelse skool te vervoer? Dit is R600 per maand. Die regering moet hier ons belasting aanwend en skole en ouers tegemoet kom.
..............
Ek is egter ’n voorstander van ouerbetrokkenheid by skole en hoop dat ’n skikking bereik sal word met die beheerliggaam, wat steeds ’n rol sal speel wat elke geval op meriete sal beoordeel.
Ek voel ook, en het al vantevore gesê, dat ’n neutrale persoon die onderhandelinge behoort te lei. Iemand soos ’n ombudsman. Die regering kan nie ’n speler en ’n skeidsregter wees nie. Hierdie saak is ’n toets vir die RNE.
Daar was op 5 November ’n optog by die Voortrekkermonument. Deelnemers was mense wat oranje gedra het en by hierdie monument, van groot Afrikanerkultuurbetekenis, saamgetrek het om teen die wetgewing te protesteer. Hoe sien jy die simboliek van die kleur, die ruimte van die optog en die algemene voorkoms hiervan?
Mense is vry om te dra wat hul keuse is. Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat. Oor die keuse van die Voortrekkermonument gaan ek nie wroeg nie. Ek self sou die Taalmonument in die Paarl gekies het. Waarom is daar dan n Taalmonument? Laasgenoemde is ook meer verteenwoordigend van die Afrikaanse taalgemeenskap.
............
Mense is vry om te dra wat hul keuse is. Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat. Oor die keuse van die Voortrekkermonument gaan ek nie wroeg nie. Ek self sou die Taalmonument in die Paarl gekies het. Waarom is daar dan n Taalmonument? Laasgenoemde is ook meer verteenwoordigend van die Afrikaanse taalgemeenskap.
...............
Dink jy dat ’n optog soos hierdie, met die klem op die kleure wat gedra is en die omgewing waar dit plaasgevind het, die beeld van Afrikaans meer goed doen as wat dit die beeld van Afrikaans skaad? Of is ek besig om te veralgemeen – dink jy daar was ’n gevoel dat die taal Afrikaans deur verskillende kultuurgroepe omarm word?
Dis mense se persoonlike keuse om aan ’n optog deel te neem. Die keuse van kleur en omgewing speel wel ’n rol, en daar moes mooi gedink gewees het oor of ons mense rondom taal wil verenig of verder gaan vervreem. Maar dit is vir daardie persone om oor na te dink. Van belang is dat daar ’n oplossing gevind word vir die twee problematiese klousules – en tyd loop uit.
Dis natuurlik van diegene van ons wat inderdaad ten gunste van moedertaalonderrig is en ook Afrikaans praat omdat dit die taal is waarin ons die gemaklikste kommunikeer en wat vir ons ’n erfenisskat is, van kardinale belang dat die taal in ons land se onderwysstelsel bly voortbestaan. Daar is ook sommiges van ons wat meen dis van uiters groot belang dat al die kinders in hierdie land moedertaalonderrig in hul eie tale ontvang. Die Departement van Basiese Onderwys maak van tyd tot tyd self hierdie geluide! Dit gaan nie net oor die voortbestaan van Afrikaans in skole nie – dit gaan oor seggenskap van ouers oor die tale waarin hul kinders onderrig word! Hoe maak ons almal dan om hierdie belangrike gesprek te ondersteun sonder dat dit so erg polities gekleurd is? Of is dit nie regtig relevant nie – die politieke ondertone van die gesprek? Die vraag is: Wat is almal se plig en taak oor die Bela-wetgewing as mens nou nie by daardie optog was nie?
Moedertaalonderrig is belangrik en die ideaal is dat elke kind in sy moedertaal skoolgaan. Ongelukkig het ons in Suid-Afrika ons plig versuim en is dit vir die meerderheid kinders (80% van die land se kinders!) nie beskore nie, en ek twyfel of dit ooit sal gebeur. Almal is skuldig. Nie net die huidige regering nie. In die vorige bedeling is swart kinders gedwing om in Afrikaans skool te gaan. Dit het gelei tot die bloedbad op 16 Junie 1976. Ons pluk nou die wrange vrugte daarvan, want solank as wat swart kinders nie moedertaalonderrig kry nie, is die enigste opsie Engels en dit gaan druk plaas op Afrikaans.
..............
Almal is skuldig. Nie net die huidige regering nie. In die vorige bedeling is swart kinders gedwing om in Afrikaans skool te gaan. Dit het gelei tot die bloedbad op 16 Junie 1976. Ons pluk nou die wrange vrugte daarvan, want solank as wat swart kinders nie moedertaalonderrig kry nie, is die enigste opsie Engels en dit gaan druk plaas op Afrikaans.
................
Die belangrikste vraag is en bly steeds nie wat mense van die optog dink nie. Die vraag is: Sal ’n optog soos hierdie ’n verskil maak aan die uitkoms van wat die regering oor hierdie wetgewing besluit? Wat dink jy?
Ek dink nie so nie.
Lees ook: