Michael le Cordeur

Michael Le Cordeur is ’n NNS-gegradeerde navorser en professor in Afrikaansonderwys en tans die vise-dekaan vir Onderrig en Leer in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch waar hy voorheen ook voorsitter was van die Departement van Kurrikulumstudie. Voorheen was hy Afrikaansonderwyser, skoolhoof van Kylemore Hoërskool en kringbestuurder van Onderwys in Stellenbosch

Hy studeer aanvanklik aan die Universiteit van die Wes-Kaapland waar hy onder ikone soos Jakes Gerwel en Tony Links studeer vir die BA, HONS en HOD-kwalifikasies. Hy verwerf ook die B Ed-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika en ’n bestuurskwalifikasie aan die US se Sakeskool. Daarna verwerf hy die meestersgraad en ’n doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch met navorsing oor die rol van die media in  die bevordering van leerlinge se leesvermoë. Sy navorsing, kennis en passie oor leesonderrig is volgens hom gepaste vaardighede om ’n bydrae te maak tot die SBA se “Zoë-leesprojek” wat landwyd meer as 53 000 leerlinge en 530 skole bereik het.

Le Cordeur is ’n direksielid van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en is in 2024 verkies tot die organisasie se nuwe voorsitter. Hy is ’n komiteelid van die Rapport-Onderwysfonds en was die vorige voorsitter van die US se Het Jan Marais Fonds en die Afrikaanse Taalraad. Hy het ook twee termyne gedien as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee waar hy ’n mede-opsteller was van die Wes-Kaapse Taalbeleid. Sy navorsingsfokus is leesonderrig, taalbeleide en moedertaalonmderrig.

Michael le Cordeur het talle referate gelewer op internasionale en nasionale vlak en neem gereeld deel aan debatte oor taal en onderwyssake in die media. Hy is die skrywer/ redakteur / medeskrywer van talle handboeke en akademiese artikels oor Afrikaans. Die akademiese tydskrif The Conversation het sy artikel oor die faktore wat ’n impak het op Suid-Afrika se matriekuitslae in Januarie 2024 aangewys as dié tydskrif se top artikel toe dit wêreldwyd deur meer as 70 000 mense gelees is. Van sy bekendste boeke sluit in Die Wellingtonse Klopse (2014, met Marlene le Roux), Ons kom van ver (2016 met Wannie Carstens),  Davy Samaai, Kampioen van die Struggle (2020) en Covid: Krisis en Geleenthede vir die Onderwys (2022). Sy jongste boek Reading for Comprehension verskyn einde 2024 en het ten doel om ’n hulpbron te wees vir lees-onderwysers.

Hy is ’n gereelde rubriekskrywer vir Die Burger, Netwerk24 en The Daily Maverick met meer as 400 meningsartikels op sy kerfstok. Dit het aan hom die toekenning van die US se Media Denkleier in 2018 en 2019 besorg. Hy ontvang in 2014 die Universiteit Stellenbosch se Kanselierstoekenning en in 2020 die Neville Alexander Toekenning vir lewenslange bydrae tot Afrikaans. Dié voormalige skolesport-administrateur en is ook ’n toegewyde kweker van krisante.

Afrikaans se talle tonge

Michael le Cordeur LitNet25-skrywersberaad 2025-03-05

"Soos Small, glo ek dat Afrikaans aan almal behoort wat die taal praat, ongeag dialek of tongval. Die onskuld van Namakwa-Afrikaans, die eerlikheid van Griekwa-Afrikaans, die humor van Kaapse Afrikaans, tesame met sy ontronde Bolandse Afrikaans met sy Bolandse bry, is almal boustene van ’n taal wat ons ons eie noem, juis omdat dit ons saambind en nasiebou bevorder."

Die Adam Small-gedenklesing en voorsitterskap van die SBA: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Onderhoude 2025-02-20

"Sal Kaaps ooit deel word van die kurrikulum? Is daar jonger skrywers wat Small se oeuvre verder gaan neem? Hoe sien bruin mense hul toekoms met Afrikaans?" Michael le Cordeur, die nuwe voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), praat hieroor – asook oor die Adam Small-gedenklesing, dié naweek by die Adam Small-fees. 

Top matriekuitslae ≠ beste onderwysstelsel

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-19

"So wat kan erger wees as om matriek te druip? Dit is om jou gat af te werk sodat jy teen al die verwagting in slaag en met ’n matrieksertifikaat sit wat jou toegang gee tot ’n graadstudie maar daar is nêrens plek vir jou nie."

Bela-optog: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-11-14

"Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat."

SteedsDink met LitNet Akademies: Michael le Cordeur oor sy akademiese navorsing

Michael le Cordeur SteedsDink 2024-10-24

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor sy navorsingsfokus, naamlik moedertaalonderrig, leesbegrip en taal en identiteit (Kaaps). Hy lewer kommentaar oor die Bela-wet, asook die uitdagings van Kunsmatige Intelligensie. Adam Small se bydrae, bemagtiging deur Afrikaans, die toekoms van Afrikaans en die belang van kritiese denke en kreatiwiteit word ook onder die loep geneem.

Kollig op akademikus Michael le Cordeur: Moedertaalonderrig en leesbegrip

Michael le Cordeur SteedsDink 2024-10-24

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor die liefde wat hy van kleins af vir Afrikaans het, waarom hy besluit het om onderwys te studeer en die ontstaan van sy navorsingsfokus.

Postebesnoeiing lei tot lae moraal by onnies

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-09

"Die regering se voorneme om duisende onderwysposte te snoei lei tot grootskaalse ongelukkigheid in onderwyskringe. In die laaste paar weke het verskeie provinsiale departemente aangedui dat hulle geldprobleme ondervind as gevolg van kwaai begrotings, die swak ekonomiese omstandighede van die land en finansiële wanbestuur van die vorige regering."

’n Ope brief aan die nuwe minister van Hoër Onderwys

Michael le Cordeur Akademies en skole 2024-07-08

"Hier dink ek aan Kaaps aan die UWK en KSUT, Afrikaans aan die US en Sol Plaatjie, Venda aan die Universiteit van die Noorde, Xhosa aan die Nelson Mandela Universiteit, Engels aan Ikeys en Rhodes, Zoeloe aan KZN en Durban-Westville, Sotho aan die Universiteit van die Vrystaat en Tswana aan NWU. Daar is ander. Die navorsing oor ons inheemse tale, in samewerking met die Nasionale Navorsingsraad (NRF), kan lei tot talle woordeboeke en handeboeke wat vir die student wat verkies om in sy moedertaal te studeer, oneindig baie sal beteken. ’n Mens kan mos droom, of hoe?"

’n Ope brief aan die nuwe minister van basiese onderwys

Michael le Cordeur Akademies en skole 2024-07-04

"Liewe Minister, u aanstelling binne die regering van nasionale eenheid (RNE) is ’n belangrike oomblik in ons land se demokrasie. Vir die eerste keer sal die Departement van Basiese Onderwys bestuur word deur iemand wat nie van die ANC is nie. Dit bied die ideale geleentheid om onderwys in ons land te hernu en herbedink, wat nodig is."

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

Michael le Cordeur Resensies 2022-03-16

"Al wat nodig is, is om nuut oor onderwys te dink."

Die vrystelling van die slawe

Michael le Cordeur Menings 2021-12-15

"Daar word dikwels die aanname gemaak dat ‘bruinmense’ nie so swaar gely het onder die Europese maghebbers nie. Die feite vertel ’n ander storie. Slawe is soos diere in die bos gevang en met slaweskepe na SA en elders vervoer waar hulle op veilings verkoop is."

Huldeblyk aan Herman Bailey

Michael le Cordeur In memoriam 2021-07-29

"Herman se lewe is ’n dokument vir die stryd wat bruin mense gevoer het om selfbeskikking."

COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Skole 2021-07-29

"Die enigste oplossing is dat ouers begin verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se opvoeding. Hulle móét hulp soek, saamspan, vennootskappe sluit met hul plaaslike sakemanne. Jy hoef nie geld te hê nie. Dit kos niks behalwe moeite en harde werk om klaskamers in die middag goed skoon te maak, om te sorg dat daar seep en water is om kinders se hande te was, of om maskers te maak vir kinders nie."

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-10-19

"In die soeke na ’n strategie vir die insluiting of akkommodering van Kaaps is dit dalk raadsaam om vas te stel wat elders in soortgelyke gevalle gebeur."

Die virus in die onderwys: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Onderhoude 2020-06-03

"Ek is verheug dat onderrig in sommige skole kon voortgaan, maar hoe normaal is dit dat te midde van soveel armoede en ellende sommige skole kan voortgaan terwyl die grootste gedeelte van ons land se leerlinge nie toegang tot aanlyn klasse het nie?"

Top