Michael le Cordeur

Michael le Cordeur is medeprofessor en hoof van die Departement Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. Hy is ’n produk van Pauw Gedenk Laerskool en matrikuleer aan Bergrivier Hoërskool. Voorheen was hy onderwyser aan Bergrivier, adjunkhoof van Weltevrede Sekondêre Skool, skoolhoof van Kylemore Hoërskool en kringbestuurder van Stellenbosch. Hy verwerf sy doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch in 2004 met navorsing oor die bevordering van lees by leerders met behulp van mediastrategieë. Hy behaal ook sy BA Honneurs en HOD aan die Universiteit van die Wes-Kaap en ’n meestersgraad aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy is die skrywer of medeskrywer van 21 boeke en het al meer as 75 referate op nasionale en internasionale vlak gelewer, onder andere in New York, Hongkong, Parys, Amsterdam en Warskou. Hy het verskeie doktorale en meestersgraadstudente suksesvol gelewer.

Hy dien die gemeenskap op talle terreine: hy was die voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee en een van die mede-opstellers van die Wes-Kaapse taalbeleid, en is tans ’n direksielid van verskeie organisasies, waaronder die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Hy is ’n gereelde rubriekskrywer, met reeds meer as 200 artikels, en ’n gewilde kommentator op radio en TV. Hiervoor is hy pas deur die Universiteit Stellenbosch bekroon as een van die universiteit se mediadenkleiers in 2018. Sy talle toekennings sluit in: vyf rektorstoekennings; ’n goue medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot onderwys (2008); die Goue Pen-toekenning vir die bevordering van Afrikaans (2012); en die Universiteit Stellenbosch se hoogste toekenning, die Kanselierstoekenning (2014).

Ons kan heelwat by Orania leer

Michael le Cordeur 2014-06-10 "Ek besef dat baie mense nie met die Orania-model sal saamstem nie. As opvoedkundige weet ek nie of ek dit kan regverdig dat kinders so in afsondering, weg van ander rasse, grootword nie. Die Oraniërs sou natuurlik nie met my saamstem nie."

In memoriam: Tannie Grietjie

Michael le Cordeur 2014-04-29  Michael le Cordeur betreur die verlies van Tannie Grietjie.

Die eerste Vryheidsdag sonder Madiba

Michael le Cordeur 2014-04-24 Na twee dekades van demokrasie dink Michael le Cordeur na oor die nalatenskap van hierdie grootse staatsman.

Die Afrikaanse Taalraad in Soweto

Michael le Cordeur 2014-04-08 Lees waar Afrikaans met heldergeel kokerblomme blom.

Hoop vir jong musikante

Michael le Cordeur 2014-04-08 Lees hoe bou die Wellingtonse klopse aan Madiba se droom.

ATR sluit vennootskap met die Jaloersbokkies

Michael le Cordeur 2014-03-19 Lees oor wanneer mens maar jaloers mag wees.

LitNet Akademies-leesgoed: Michael le Cordeur

Michael le Cordeur 2014-02-26 Michael le Cordeur deel haar top leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Verlate Kloof se mense

Michael le Cordeur 2014-01-07 Adam Small gee sy indrukke van Michael le Cordeur se gedig onderaan "Verlate Kloof se mense".

Waarom die Kaapse klopse vandag nog relevant is

Michael le Cordeur, Naomi Meyer 2014-01-06 "Die regering het dalk verander en die base se kleur het verander, maar in wese is die situasie dieselfde. Die meeste mense van die klopse voel steeds dat hul vasgevang is in armoede en geweld. Aan hul omstandighede het dus niks werklik verander nie."

Hamba kahle Madiba

Michael le Cordeur 2013-12-06 Mandela was bestem om sy volk te lei uit die woestyn van apartheid na die Beloofde Land van demokrasie. Die regte man op die regte tyd, as daar ooit een was.

Toespraak by die ATR – Simposium 2013 – Paarl

Michael le Cordeur Academic research 2013-10-23

"Ons kan dit nie bekostig om moedeloos te word in die lig van soveel gebreke in Suid-Afrika nie. Ons moet aanhoudend klop om hierdie deur oop te maak in die belang van ál die tale in die land."

Welkom tuis, Adam Small

Michael le Cordeur 2013-09-17 Dit was voorwaar 'n historiese oomblik, Saterdag 14 September. Net mooi 'n jaar nadat Small die Hertzogprys ontvang het (12 September 2012, om presies te wees), het hy besluit om sy stilte te verbreek.

Michael le Cordeur gesels oor Kaaps

Michael le Cordeur, Naomi Meyer Academic research 2013-08-08

"... dit bewys dat leerders wat in Kaaps opgroei, beter vaar in toetse as die toetse in Kaaps gestel word. Tans moet hulle uit boeke lees wat ver verwyderd is van hul huistaal."

Onsigbare mense van die Karoo op reis na identiteit

Michael le Cordeur Resensies 2013-08-05

Lanklaas het ’n roman my so aangegryp, maar terselfdertyd ook so ontstel, soos hierdie een. Karretjiemense is die aangrypende storie – om David Kramer se woorde te gebruik – van “die onsigbare mense van die Karoo” wat Carol Campbell op die voorgrond bring.

Program oor Adam Small op RSG

Michael le Cordeur 2013-07-30 Rosalie Small het my laat weet dat RSG vanaand, Dinsdag, na die nuus om nege 'n spesiale program uitsaai oor 'n lang gedig wat Adam spesiaal vir Madiba se 95ste verjaardag geskryf het. Die digter gaan die gedig self voorlees.
Top