SteedsDink met LitNet Akademies: Michael le Cordeur oor sy akademiese navorsing

  • 2

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor sy navorsingsfokus, naamlik moedertaalonderrig, leesbegrip, en taal en identiteit (Kaaps).

Hy lewer kommentaar oor die Bela-wet asook die uitdagings van Kunsmatige Intelligensie.

Adam Small se bydrae, bemagtiging deur Afrikaans, die toekoms van Afrikaans en die belang van kritiese denke en kreatiwiteit word ook onder die loep geneem.

Kyk en lees ook:

Kollig op akademikus Michael le Cordeur: Moedertaalonderrig en leesbegrip

Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg

’n Ope brief aan die nuwe minister van basiese onderwys

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Postebesnoeiing lei tot lae moraal by onnies

SA Skoleseminaar: Besnoeiing van onderwysbefondsing

Krisis in die onderwys: ’n onderhoud met Hanlie Dippenaar

Openbare skole se finansies: hoekom ouers in Oktober oor die geldsake van hul kinders se skole moet praat

BELAB onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Kallie Kriel gesels oor sy gesprek met Nommer Een

Leesbegrip? ’n Kinderboek kan jou kind se wêreld oopbreek

’n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek

  • 2

Kommentaar

  • Sal graag wou hê Le Cordeur moet ook die rol wat kinderliteratuur, soos in biblioteekboeke, kan speel om die liefde van lees by kinders te kweek, bespreek.

  • Barend van der Merwe

    Dit was aangenaam om na jou te kon luister. Net soos al die ander navorsers se onderhoude, en mens het waardering vir dit wat LitNet in dié verband doen. Ek het al van jou boeke ook gelees. Soos jy noem, is moedertaal ’n emosionele saak. Ek dink egter nie jy slaag self 100% daarin om die emosie opsy te skuif nie. Jy lê byvoorbeeld vreeslik baie klem op Mandela. Ek raak-raak nou al so aan 40, en het ook iets van die Mandela-era darem meegemaak. En ons weet tog daardie tye is ver agter ons. Hoeveel keer is daar nie al genoem dat die ANC van vandag nie die ANC van die Mandelas, Sisulu’s en Tambo’s is nie? Of die Mbeki’s, for that matter. Die Mandela-era is verby. Dis nou die era van Zuma se bende staatskapers. Dis die era van Lesufi. Soos ek hier sit en tik, is Ramaphosa aan’t sukkel met die staatskapers in sy party. Wie se name in Zondo se verslag staan, maar jare later steeds in die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC voortboer.

    Elders hier op LitNet voer Freek Robinson ’n gesprek met Roelf Meyer. Volgens Roelf Meyer is die Amerikaners al te gretig om by ons lotjie hier in Suid-Afrika te leer. Ons kan hulle skynbaar baie dinge leer. Hoe om infrastruktuur ten gronde te laat gaan. Die ou apartheidskole tuimel al in mekaar in, soos by Driehoek. Die brûe, die hawens, die paaie, die watersuiweringsaanlegte, alles is besig om ten gronde te gaan. Ons riviere is vol riool en die see word ook nie gespaar nie. Ons sou die Amerikaners ook dalk kon leer hoe om tweedeklas-Engelse te wees. Maar nou praat hulle reeds Engels. Dalk kan die Amerikaners by ons leer hoe om 70 moorde per dag te pleeg. Hulle bevolking is boonop so 4 keer die saaiz wat ons s’n is. So dit sal moet draai by 300 per dag in hulle geval, net om ons persentasies te haal. Op die oomblik is hulle nou maar eers by so 60 of wat moorde per dag. Hulle kan ook by ons leer hoe om hulle poskantoor en ander staatsinstellings te verwoes.

    Sommige van die voorspellings wat die sogenaamde "regses" in 1994 gemaak het, het toe inderdaad waar geword. Baie van dit het. Baie van dit het ook gelukkig nie. Daar was toe geen oorlog tussen wit en swart nie. Maar al die universiteite het verengels. Groot hoeveelhede Afrikaanse skole ook. En dit skyn dat die idee met BELA is om die proses te versnel. Die regering het op dieselfde wyse gepoog om die Afrikaanse Taalmonument te sluit. Dit sal ook nog wel eendag gebeur.

    Dis vir my baie vreemd dat jy na die feeste verwys. Die feeste word eintlik as deel van die Afrikaanse probleem gesien. Die sosioloë sal jou vertel daardie feeste is maar net wit enklaves. Arm mense, wat meestal swart is, word buite gehou deur duur hekgelde. Ek dink daar steek baie waarheid daarin, terloops. So hierdie feeste is ook een van die teikens. Persoonlik vermy ek in elk geval meeste van hierdie feeste. Ek weet toevallig ook daar is mense wat droom daarvan om die Woordfees in die "Word fest" te verander. So iets, glo ek nogal, sal maklik kan gebeur. Gee dit nog so 10, 15 jaar. Ek kom soms op Stellenbosch en baie van die inwoners daar praat reeds Afrikaans met ’n dik laag Engels. Ek leer self by hulle hoe om aan my eie mix te werk.

    Amerika het ook glo so ’n mengseltaal daar in die staat Florida; hulle noem dit Spanglish. Dis ’n mengsel van Spaans en Engels.

    So terloops, my gunstelingfees is en bly die Adam Small-fees. Vir verskeie redes. Maar die Suidoosterfees laaik ek ook.

    Ek het grootgeword daar in die "ou" Tronsvol, maar meer hier na die sentrale rigting van die land. In ’n deel wat vandag bekendstaan as die Noordwes-provinsie. Ons het grootgeword met Adam Small se digkuns op skool. Ons weet terloops dat Adam Small nie self Kaaps gepraat het nie. Hy het wel daarin geskryf.

    Ek het sosiolinguistiek in die Vrystaat studeer. Ons was geleer dat Kaaps ’n variant van Afrikaans is. Dit is met ander woorde Afrikaans. En iemand wat Kaaps praat, praat per implikasie Afrikaans. Dit skyn egter asof dit besig is om te verander. Kaaps wil al meer op eie bene staan. Maar wat presies Kaaps is, daaroor stem mense nog nie saam nie. Dalk kom daar meer klarigheid in die toekoms. Sover ek weet, is daar woordeboeke in Kaaps wat besig is om ontwikkel te word.

    Dit is per slot van sake die beloop van die lewe. Wanneer daar nie besluite geneem word in ’n taal nie, en die funksies neem af, dan word daardie taal uiteindelik verdryf deur die sterker tale. Dit is nie iets wat oornag gebeur nie. Dit begin stadig en klein, maar tel met tyd momentum op. Ek vermoed ons is by die draaipunt. Die sensus van 2022 versterk juis daardie vermoede.

    Ek hoef jou seker nie te trakteer op die hele geskiedenis van CJ Langenhoven en hoe hy baklei het vir Afrikaans in skole nie. Vandag is Langenhoven ’n vloekwoord. ’n White supremacist. En die hele Afrikaanse ding is so bietjie in reverse gear. Not to worry, ons kan ons taal geniet. Ek is nie ’n Christen soos my wit voorsate nie. Ek glo nie meer ek is op aarde om my god op andere af te smeer of my DNS te laat voortleef en my bloedlyn af te merk in die Statenbybel nie. Die hele lewe is ’n gejaag na wind. Of hoe sê die Prediker? Laat ons eet en drink en vrolik wees.

    Of dalk soos Koos Doep: "Werk getrou, van ses tot ses, die maatskappy, sorg vir die res."

    Die volksplanters het hulle Orania en Akademia. Waar hulle elke oggend open met Skriflesing en gebed. Net soos die parlement in doktor Verwoerd se jare. Ek mag daar in Orania stop en ’n koela koop, maar soos uself sal ek nooit as te nimmer daar toelating tot permanente residensie verkry nie. In my jonger jare was ek lekker aspris, en het ek soms my CV vir hulle aangestuur wanneer hulle poste adverteer het in my lyn. Welwetende dat die kans dat ek ’n oproep sal kry, ’n groot vet ronde nul is.

    Ten slotte, ek stem nie saam met u oor kennisontwikkeling nie. U noem iewers die skole moet meer kennis ontwikkel. Dan noem u elders dat u klasgee vir nagraadse studente. Ons het juis die krisis in Suid-Afrika dat daar te min suksesvolle kennisoordrag is. En ja, moedertaal is deel van die probleem. Die 75 persent wat in vreemde tale gedwing word. Ek kan nie insien hoekom Zoeloe nie ontwikkel kan word nie.

    Na regte moet Zoeloe ons enigste amptelike taal wees. Want dit het die meeste sprekers. En hoe sal ’n opvoeding in Zoeloe nie vir ’n Zoeloesprekende jongmens ’n mooi, soliede, vaste basis gee om hulle lewens op te bou nie? En hulle identiteit anker? Selftrots in jou eie kultuur. In plaas van tweedeklas-Engelse, wat ons mense wil dwing om te wees.

    Nietemin, ek dwaal nou. Die akademici publiseer hordes akademiese artikels, boeke en navorsing wat nooit gelees word nie. Berge daarvan. Ek wil sê enige mens wat sy ABC goed ken, kan ’n navorsingsprobleem formuleer. Daar word tot navorsing gedoen oor hoeveel al die navorsing gelees word. In baie gevalle het elke akademiese artikel enkelsyfers in terme van trefslae. Maar die sisteem beloon kennisontwikkeling veel meer as kennisoordrag. Publish or perish. Terwyl die skole ten gronde gaan. En die jongmense nie kan lees of reken nie.

    Die skole moet maar liefs hou by kennisoordrag, en dit eers behoorlik onder die knie kry. En die universiteit moet fokus op navorsing wat die wêreld ten goede verander.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top