’n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek

“[ChatGPT] kon die positiewe (beroemd) en negatiewe (berug) van beide persone uitlig, maar, ChatGPT was simpatiek teenoor Oscar Pistorius, wat ’n veroordeelde moordenaar is en nie teenoor Steve Hofmeyr, wat ’n kampvegter teen plaasmoorde is nie. Hieruit kan afgelei word dat ChatGPT moontlik linksgesind is, maar dit is ook moontlik dat Hofmeyr baie intenser in ’n negatiewe lig op die internet bespreek is tydens die insameling van sy opleidingsdata as Pistorius.”