’n Ope brief aan die nuwe minister van basiese onderwys

“Liewe Minister, u aanstelling binne die regering van nasionale eenheid (RNE) is ’n belangrike oomblik in ons land se demokrasie. Vir die eerste keer sal die Departement van Basiese Onderwys bestuur word deur iemand wat nie van die ANC is nie. Dit bied die ideale geleentheid om onderwys in ons land te hernu en herbedink, wat nodig is.”