
Izak de Vries skryf op Facebook:
Oranje het hierdie week ’n slegte naam gekry.
Ons weet van die VSA, maar dis hier in Suid-Afrika waar ’n klompie duisend oranje mense Afrikaans finaal die nekslag toegedien het.
Hierdie ouens se leiers het ook die Afrikaans100 veldtog gekelder toe hulle “Die Afrikaner-verklaring” gaan teken het by die Voortrekkermonument.
Die verklaring is steeds aanlyn, hulle het dit nog nie verwyder nie. https://afrikanerverklaring.co.za/
Kyk wat staan in die verklaring (gelig op 8 November 2024).
Daarom bou ons aan ’n kulturele infrastruktuur, leefruimtes, tuistes en instellings om hier in Suid-Afrika te kan bly. Die doel van hierdie kulturele huishouding is nie om onsself te isoleer nie, maar juis om dit moontlik te maak om saam met ander in suidelike Afrika te bly.
En ook:
Ons kulturele instellings soos skole, universiteite, vakbonde en dergelike ander skep vir ons die tuistelike ruimtes wat ons in staat stel om ons kultuur uit te leef.
Die res van die verklaring maak dit ook duidelik dat hierdie “ons” wit is.
Nou ja.
Op 5 November, die dag van die Trump-tragedie, het Panyaza Lesufi se volgeling lustig die oranje manne en vroue wat daar van die Voortrekkermonument af gestap het, getwiet en gehertwiet.
Kyk hier: https://x.com/Lesufi/status/1854055264246505981
We are together my dearest sister! It’s a rainbow nation when it suits them. When it comes to our children it’s ‘swart gevaar’! We must not lose hope. The doors of learning and culture shall be opened for all including those hiding behind the broomstick using culture as a cover pic.twitter.com/hLT1aZmGYx
— Panyaza Lesufi (@Lesufi) November 6, 2024
Ene Bianca som die gevoel op. En Lesufi, wel, al wat hy moet doen is om saam te stem.
We are together my dearest sister! It’s a rainbow nation when it suits them. When it comes to our children it’s ‘swart gevaar’! We must not lose hope. The doors of learning and culture shall be opened for all including those hiding behind the broomstick using culture as a cover.
Nou ja. Nadat Steve Hofmeyr gesing het, was dit nie eens meer nodig om te wonder nie. Lesufi se volgelinge het eenvoudig net die oranje mense getwiet. En gehertwiet.
Dis hartseer.
Daar was baie, baie goeie redes om Bela te bevraagteken, maar 5 November sal onthou word as die dag toe die oranje golf Afrikaans finaal uit ons skole gedryf het.
Lees ook:
Fedsas-persverklaring oor BELA: Is die koeël deur die kerk vir onderwys?
Khawufane ucinge SA schools seminar: Mphuthumi Ntabeni responds
BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson


Kommentaar
Izak de Vries, lees gerus "Bela-wet: Op ’n heuwel daar ver" deur Heinrich Wyngaard - https://www.litnet.co.za/bela-wet-op-n-heuwel-daar-ver/
Dit mag dalk wees dat dit 'n fout was, maar immers wys dit darem dat Afrikaanse belastingbetalers nie alles net gelate aanvaar nie.
En terloops, wie de ongeluk is die embarassed vrou dat ons haar ernstig moet opneem?
Weet sy dan nie wat by Pretoria High School for Girls aangaan nie? Haar juigkommando olv Panyaza Lesufi sal nie rus voor elke wit onderwyser met 'n Afrikaanse van by daardie skool weggewerk of minstens verneder word nie. Dink vir jouself wat by Afrikaanse skole sal gebeur.
Nouja, Izak de Vries. Weet jy darem wat 'n totalitêre staat is? En assosiatiewe logika in die kleur Oranje is niks werd uit 'n akademiese oogpunt nie.
Enigiemand wat op hierdie stadium - na al die man se bedrog met FMF - nog aansluiting vind by Lesufi is kinderagtig. En nie op peil nie.
Dalk moet Lesufi ook besef dat die ANC lankal 'n slegte naam het. As mens moet ondergaan, ten minste nie soos Boxer, die karperd van 1984 nie.
Izak de Vries, lees gerus ook "Die kleur van hoop" deur Johnell Prinsloo - https://maroelamedia.co.za/debat/diskoers/oranje-is-die-kleur-van-hoop/
Die ouens wat nou oranje, wit en blou sien is maar soos daardie ouens wat in die '80'tigers 'n haas of 'gun' in 'n bank se logo gesien het.