Fedsas-persverklaring oor BELA: Is die koeël deur die kerk vir onderwys?

Ons, die mense van Suid-Afrika, sal moet opstaan vir openbare skole en baie harder baklei vir gehalte-onderwys vir elke kind in ons land. Ons moet besluitnemers aanspreeklik hou vir die nakoming van hul verantwoordelikhede. Goeie ouers moet hand opsteek en staan as kandidate in volgende jaar se beheerliggaamverkiesing en elke ouer moet gaan stem.