“Meteens is daar ’n nuwe vlaag regsgesindheid losgelaat op die planeet, wat gaan veroorsaak dat rubriekskrywers oornag hulle deuntjies verander en wat gaan maak dat al die Steve Hofmeyr-fans weer uit die kas uit donner, soos wat reeds verlede week gebeur het toe regsgesinde Afrikaners die Bela-protes gekaap het en in effek van voor af weer die stem van redelikheid, die nuanses van volwasse protes en die gee en neem van idees vertroebel en doodgesmoor het in ’n magtige nuwe oranje spookasem van etniese mobilisasie.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed