SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |

Follow and join the ongoing conversation on South African schools.

COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Earl Basson Skole 2021-08-13

"Twee dinge staan uit: tegnologie en selfgerigte leer."

COVID-19 en verlore skooltyd: Christa van Staden se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Christina Johanna (Christa) van Staden Skole 2021-08-04

"Sillabusse hoef nie so oorvol te wees nie; dit kon ingekort word. Waarom was die pandemie eers nodig om dit te besef?"

COVID-19 en verlore skooltyd: Elize Vos se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Elize Vos Skole 2021-07-30

"Onderrig en leer sal nooit weer dieselfde lyk nie." 

COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Faeed Amardien Skole 2021-07-30

"Ontsluit jou potensiaal, want daar binne-in jou is daar iets besonders wat die wêreld by baat kan vind. Geen beroep is meer superior as ’n ander nie."

COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Skole 2021-07-29

"Die enigste oplossing is dat ouers begin verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se opvoeding. Hulle móét hulp soek, saamspan, vennootskappe sluit met hul plaaslike sakemanne. Jy hoef nie geld te hê nie. Dit kos niks behalwe moeite en harde werk om klaskamers in die middag goed skoon te maak, om te sorg dat daar seep en water is om kinders se hande te was, of om maskers te maak vir kinders nie."

COVID-19 en verlore skooltyd: Dewald Koen se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Dewald Koen Skole 2021-07-28

"Ouers of voogde moet as ’n span saam met die onderwyser werk. Stel realistiese verwagtinge. Ouers/voogde kan veral jonger kinders soveel as moontlik laat lees. Vir tieners is dit belangrik dat ouers hulle emosioneel ondersteun."

COVID-19 en verlore skooltyd: Estelle Kruger se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Estelle Kruger Skole 2021-07-28

"Wat vir my uitstaan in onderrig – behalwe die vakinhoud – is kreatiwiteit, humor en pret."

LitNet Akademies Weerdink: Hoe onderwysers in die tyd van COVID-19 staande kan bly

Maryke Roberts, Erika Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2021-02-23

Vrese vir ’n derde koronagolf en posttraumatiese stres onder opvoeders styg dramaties. Kenners maan dat die impak op opvoeders se psigiese gesondheid nie onderskat moet word nie. Erika Kruger praat met Maryke Roberts oor stres wat duidelik sy tol op onderwysers eis wat tydens die pandemie onder nóg moeiliker omstandighede moet werk.

Is die matriekbrug stukkend?

Niel Mostert SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2021-02-19

"So as 'ek weet nie' die beste antwoord is op wat jy eendag wil word, wat is die resep om sin te maak daarvan? Die sleutel lê in die regte mindset of ingesteldheid waarmee jy hierdie off-road avontuur moet betree."

COVID-19 en die onderwys

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2021-02-09

"Die COVID-19-pandemie het die onderwys onder verdere druk geplaas en tektoniese verskuiwings veroorsaak in ‘n stelsel wat reeds lank gebuk gaan onder erge wanadministrasie en merkbare agteruitgang."

Die "goeie ou dae" in die onderwys was nie altyd so goed nie

Jo-Marie Claassen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-12-01

"Korrupsie is nie ʼn nuwe ding in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel nie. En minister Angie Motshekga tree baie strenger as haar destydse voorganger op."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Servaas van der Berg

Freek Robinson, Servaas van der Berg SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-11-19

Die grootste deel van die jaar is verlore vir baie van Suid-Afrika se leerders. Freek Robinson gesels met buitengewone professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, Servaas van der Berg, oor die impak van COVID-19-maatreëls op onderwys. Wat gaan skole doen as meer leerlinge hul grade moet herhaal? Wat gaan word van leerlinge wat uitval en hulle vasloop in ’n krimpende ekonomie wat weinig geleenthede bied?

Tuisonderwys is nie inperkingsonderrig nie: praktiese raad vir ouers

Yolanda du Toit Skole 2020-11-18

Vir baie ouers is hierdie jaar veral dalk ’n tameletjie – nie net het die koronavirus die (skool)lewe op sy kop kom keer nie, maar daar is ook groot onsekerheid en kommer oor wat die toekoms mag inhou. Daarom kon jou belangstelling in tuisskoling dalk geprikkel wees. Yolanda Wessels skryf oor die voor- en nadele van tuisskoolonderrig.

Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum

Gerhard van Huyssteen Akademies en skole 2020-11-04

Gerhard van Huyssteen reageer op Michael le Cordeur: "Die punt in hierdie artikel is dus dat Le Cordeur se voorstel om Kaapse woorde te behou wat reeds in die AWS opgeneem is, dalk wel onder skoot kan kom. Dit sal gaaf wees as die sprekersgemeenskap hieroor eensgesindheid kon hê, want dan weet ’n mens om die pad vorentoe met of sonder hierdie woorde te loop."

Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening

Tom McLachlan Seminare en essays 2020-11-02

"Hoe word Kaaps of Kaapse Afrikaans gedefinieer?"

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-10-19

"In die soeke na ’n strategie vir die insluiting of akkommodering van Kaaps is dit dalk raadsaam om vas te stel wat elders in soortgelyke gevalle gebeur."

Die effek van COVID-19 op skole: ’n onderhoud met Liesel Ebersöhn

Hans Pienaar, Liesel Ebersöhn Onderhoude 2020-08-26

"Die gemak met verandering. Dit is ewe skielik so deel van jou onmiddellike omgewing, die feit van verandering. Onsekerheid is normatief, dit is normaal."

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal

Naomi Meyer, Elvis Saal, Cliffordene Norton Skole 2020-08-26

"Die groter erkenning van dialekte sal natuurlik afhang van die mate waartoe dialeksprekers eienaarskap sal neem van hul dialekte en hul dialekte begin opeis as funksionele kodes en sodoende begin wegdoen met die selfstigmatisering van dialekte as ontoereikende en minderwaardige taalkodes."

Review:  Decolonising schools in South Africa: The impossible dream? by Pam Christie

Aslam Fataar SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-07-29

"Pam Christie’s entire career’s work shines a bright light on our educational fault lines, and now, with this book, she invites us into the decolonial space, which is an impossible space to embrace – maddeningly impossible – yet one which must be occupied and rendered pedagogical."

Só lyk die Wiskunde-kurrikulum vir die res van 2020: ’n gids vir ouers

Berdéhan Brand SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-07-27

"Met dit in gedagte kan die opvoeder en ouer duidelik uit die tabelle identifiseer watter areas nie gedek sal kan word nie. Ouers kan dan veral inskerping doen tov die modules wat ’n jaar moet oorstaan."

Top