Sê nou maar-SA skoleseminaar: Chareldine van der Merwe reageer

  • 0

Foto van Chareldine van der Merwe: verskaf (en agtergrond: https://pixabay.com/photos/hot-air-balloon-lake-balloon-sunset-2411851/)

Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het onlangs gesê dat landswette en nie beheerliggame nie, die taal- en toelatingsbeleid en gedragskodes by ’n skool behoort te bepaal. Sy het dit na aanleiding van die Konsepwysigingswetsontwerp op Onderwyswette (BELAB) gesê, ’n wetsontwerp wat op die oomblik deur die proses van openbare kommentaar in die parlement gaan.

Naomi Meyer het ’n paar mense gevra om te skryf oor ’n wêreld waar onderrig in die taal wat die kinders by die huis praat, sou kon plaasvind.


Following the Draft Amendment Bill on Education Laws (BELAB), a bill which is currently going through the process of public comment in parliament, Angie Motshekga, minister of basic education, recently said that national laws and not governing bodies should determine the language and admission policy and codes of conduct at a school.

Naomi Meyer asked a few people to write about a world where children are educated in the language they speak at home.


Emva koqulunqo lomthetho osaqulunqwayo wemithetho yezemfundo (i-BELAB), umthetho oyilwayo okungoku nje uqhuba inkqubo yokuvakalisa izimvo zoluntu epalamente, umphathiswa wemfundo esisiseko uAngie Motshekga, kutshanje uthe imithetho yelizwe hayi izigqeba ezilawulayo kufuneka zimisele ulwimi nokwamkelwa kwabafundi. umgaqo-nkqubo kunye neendlela zokuziphatha esikolweni.

Naomi Meyer ucele abantu abambalwa ukuba bathi gqaba-gqaba ngezavenge kwabantwana ngelwimi labu lesuntu.


Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, ’n divisie van die ATKV:

Vir my is Afrikaans as taal iets méér as woorde. Dis iets wat in ons DNA is, dis iets waarmee jy omgaan elke dag. Dis waarin jy praat, lees, droom, bid. So dis baie dieper as die streektaal wat jy praat. Dis veel meer as emosies en handelinge, maar hoe jy jouself dra. Wie jy is.

Vir my is dit belangrik dat kinders skoolgaan in ’n taal waaraan ’n standaard gekoppel is. My rede is dit is sodat ons goeie kwaliteit skryfstukke en boeke in daardie taal kan hê. Die taal wat ons by die huis praat, is belangrik om jou by die huis te kan uitdruk. Dis wel nie noodwendig die beste taal om in skool te gaan nie. Daar moet ’n lyn of ’n draadjie wees wat deurtrek na alles en almal toe. Dis wel vir my belangrik dat kinders in hulle moedertaal moet kan skoolgaan. Want in daardie taal kan hulle hulleself kreatief uitdruk, hulle kan daarin dink, skryf, jy kan praat, jy verstaan dit da nook die beste om te sê hoe jy voel en waarnatoe jy op pad is.

Dis belangrik dat ouers wanneer hulle besluit in watter taal hulle die kind wil laat skoolgaan, moet nadink oor die taal waarin die kind die beste kan presteer en maksimum resultate kan behaal. Dit moet ook ’n taal wees waarin ouers hulle kinders kan ondersteun. Daar is soms mense wat kinders inskryf by skole waar hulle self nie so taalvaardig is dat hulle die kinders kan help met skooltake in die betrokke taal nie. Vir my as Afrikaanssprekende is dit die beste taal vir my en nie noodwendig die taal wat op verskillende plekke gepraat word nie, maar die taal wat ek kan verstaan, kan praat en beleef en waarin ek myself die beste kan uitdruk.

 

Also read | Lees ook:

Khawufane ucinge SA schools seminar: Mphuthumi Ntabeni responds

"As ’n kind kan lees, kan hy vorder in die lewe": ’n onderhoud met Chareldine van der Merwe oor die VVA se lewensbelangrike leeskonferensie

Skoleseminaar en die Wysigingswetsontwerp: Lesufi is die brein agter Afrikaans se verkragting

Skoleseminaar en Wysigingswetsontwerp: waarom Afrikaanse ouers moet kennis neem

Die inspirerende onnie agter Kakamas se tienertoneelprestasies

Just imagine SA schools seminar: Bassey Antia responds

Die Konsepwysigingswetsontwerp op Onderwyswette (BELAB): Afrikaans oorleef op skool solank "redelikerwys doenlik"

The Basic Education Laws Amendment Bill (BELAB): what parents should know

Persverklaring: Onderwysverklaring na aanleiding van Wysigingswetsontwerp op basiese onderwys

"Ons moet politiek uithaal uit die onderwys."

Onderwystaalwet: BELA is nie kinderspeletjies nie

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

Afrikaans en Kaaps op skool: Faeed Amardien se pad met die onderwys

Kaaps is the future of Afrikaans

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top