Skoleseminaar en Wysigingswetsontwerp: waarom Afrikaanse ouers moet kennis neem

  • 3

Foto van Chris Klopper: verskaf. Foto van stapel boeke: Kimberly Farmer, https://unsplash.com/photos/lUaaKCUANVI

Naomi Meyer praat met Chris Klopper, uitvoerende hoofbeampte van SAOU, oor die Wysigingswetsontwerp tov skole.

Chris, die Wysigingswetsontwerp tov die Skolewet is weer onder bespreking. Wat is die belangrikste wysigings wat voorgestel word?

.........
Daar moet verreken word dat die werklik ingrypende wysigings op die sowat 2 300 Afrikaanse skole gemik is, met name die skole se taal- en toelatingsbeleid.
.............

Daar moet verreken word dat die werklik ingrypende wysigings op die sowat 2 300 Afrikaanse skole gemik is, met name die skole se taal- en toelatingsbeleid. Vir die ander 22 000 openbare skole gaan daar geen verskil wees nie. Dit is ons oordeel dat dit veel verder gaan as wat die Konstitusionele Hof in die waterskeidingsake beslis het, nl dié rakende Ermelo (taalbeleid) en Rivonia (toelating).

Is daar rede vir lede van die publiek om hiervan kennis te neem, en indien wel, hoekom maak dit saak?

.............
Hierdie voorstelle is ’n teruggryp na mikrobestuur en die hervestiging van ’n staatskoolbedeling waar die staat vir gemeenskappe besluit wat in hulle belang is – soos gedurende 1976.
...........

Hierdie voorstelle is ’n teruggryp na mikrobestuur en die hervestiging van ’n staatskoolbedeling waar die staat vir gemeenskappe besluit wat in hulle belang is – soos gedurende 1976. Openbare skole is demokratiese instellings waar die skool die gemeenskap, en nie die staat nie, moet dien.

Kinders van die land het ’n grondwetlike reg om in hul moedertaal onderrig te kan word, maar ek sien min van hierdie ideaal in die praktyk. Wat is die plig van skole ten opsigte van moedertaalonderrig volgens die huidige Skolewet en wat sal die plig wees wanneer die wysigingswet inderdaad goedgekeur en van krag sou word?

.........
Daar is nie ’n uitdruklike verwysing in die Grondwet na moedertaal nie. Artikel 29(2) verwys na die reg om ’n keuse uit te oefen na ’n onderrigtaal van keuse, maar waar dit redelikerwys uitvoerbaar is.
..........

Daar is nie ’n uitdruklike verwysing in die Grondwet na moedertaal nie. Artikel 29(2) verwys na die reg om ’n keuse uit te oefen na ’n onderrigtaal van keuse, maar waar dit redelikerwys uitvoerbaar is. Die voorstel is dat skole se taal- en toelatingsbeleid onderhewig sal wees aan die finale goedkeuring deur die Onderwysdepartement. Dit verg geen josefskleed om te voorspel dat Afrikaanse enkelmediumskole se beleide aan bepaalde partypolitieke ideologieë onderhewig sal wees nie.

Ek dink in hierdie geval gaan dit nie om die stryd van een taal nie, maar dit gaan oor die lot van die kinders van die land. Hulle elkeen se taal is ’n waardevolle nasionale bate. Hoe kan ouers van die land dít aan die regering oordra? Is daar iets wat hulle kan doen?

..........
Jy is korrek tov die stelling mbt taal wat vir gemeenskappe ’n bate moet wees. Maar vir ’n beduidende gedeelte van die skoolgemeenskappe is Engels die taal van aspirasie, ongeag die feit dat daar onweerlegbare onderwysnavorsing bestaan wat die waarde van onderrig in die huistaal onderstreep.
............

Jy is korrek tov die stelling mbt taal wat vir gemeenskappe ’n bate moet wees. Maar vir ’n beduidende gedeelte van die skoolgemeenskappe is Engels die taal van aspirasie, ongeag die feit dat daar onweerlegbare onderwysnavorsing bestaan wat die waarde van onderrig in die huistaal onderstreep. Weer eens, is dit hoofsaaklik Afrikaanse gemeenskappe wat aan die kortste ent gaan trek.

Wil jy nog enige ander gedagtes met ons lesers deel omtrent wat aan die gang is in skole?

..........
Dit is van die grootste belang dat die vetoreg wat die staat vir homself toe-eien, nie aanvaar kan word nie.
............

Dit is van die grootste belang dat die vetoreg wat die staat vir homself toe-eien, nie aanvaar kan word nie. Gemeenskappe moet daarop aandring dat die breë beginsels soos in die Ermelo- en Rivonia-sake belig is, eerbiedig moet word, en niks meer nie.

Lees ook:

Ope brief aan Phumelele Buthelezi, vakadviseur KwaZulu-Natal: Die toekoms van Afrikaans op skool

Ongelykheid in skole, en hoe blind almal daarvoor is

Onderwys: die ANC-regering se grootste mislukking die afgelope 25 jaar

Watwou “vergunning”! Afrikaans bied dalk juis ’n oplossing in skole!

Multilingual schools, multilingual universities: an interview with Russell Kaschula and Michael Kretzer

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum

Die "goeie ou dae" in die onderwys was nie altyd so goed nie

COVID-19 en die onderwys

Wat behoort die benadering teenoor godsdiens in skole te wees?

COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers

’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier

Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

Skoleseminaar en die Wysigingswetsontwerp: Lesufi is die brein agter Afrikaans se verkragting

BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson

 

  • 3

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    So die ANC-regering wil terugkeer na hoe dinge gedoen was tydens apartheid ... en tussendeur sal ons seker ook bly "moedertaaldag" vier terwyl ons spog met ons 11 "amptelike" tale.

  • Dis interessant dat ons wonderlike regering so klakkeloos truratrassisme beoefen, sonder om te blik of te bloos. Hul het die Afrikaanse boeke verbrand en wou in eie taal onderrig word, net om ons Afrikaans van ons kinders te wil steel, nes die Engelse destyds. En sommer die Khoi en San ook in dieselfde hap uitskakel! Ai, mag hul nooit slaag in hul doel nie. Veel eerder, mag Akademia nooit soos Potch geld by die staat leen of ontvang nie!

  • Anne-Marie Burger

    Dit was mense wat apartheid afgedwing het, nie Afrikaans nie. Ons is presies net waar ons was voor demokrasie. Elke Suid-Afrikaan moet die geleentheid gebied word om in sy/haar eie moedertaal onderrig te word. Beslis nie net Engels as alternatief nie. Ons het immers elf tale, en nie net Afrikaans en Engels nie. Die regering skram weg van die verantwoordelikheid om opvoeders in al elf tale te voorsien. Hierdie nuwe wetsontwerp gaan nie net Afrikaansprekende skoliere benadeel nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top