
Aslam Fataar (Foto: verskaf)
........
Godsdiensonderrig in skole word gekonfronteer met die behoefte om waardes van gesonde bestaan en verhoudings aan te kweek, veral in ’n wêreld waarin klimaatsverandering ons bestaan bedreig. Boonop word ons nou gekonfronteer met ons tegnologies-gedrewe bestaan wat enorme vrae opper oor die rol van morele en godsdienstige waardes in ons samelewing.
..........
Godsdiensonderrig in skole word gekonfronteer met die behoefte om waardes van gesonde bestaan en verhoudings aan te kweek, veral in ’n wêreld waarin klimaatsverandering ons bestaan bedreig. Boonop word ons nou gekonfronteer met ons tegnologies-gedrewe bestaan wat enorme vrae opper oor die rol van morele en godsdienstige waardes in ons samelewing. Godsdiensonderrig word nou uitgedaag om te help om ’n moraliteit onder mense aan te kweek sodat ons keuses kan maak oor ons leefstyle, en hoe ons gemeenskap kan bou.
Daar heers tans onsekerheid oor die rol van godsdiensonderrig in skole. Die uitdaging waarmee skole te doen kry, is of godsdiensonderrig ’n breër gemeenskapsbourol moet speel waarin waardes van deel en omgee oor godsdiensgrense heen belangrik is. Of moet godsdiensonderrig oorheers word deur ’n identiteitsverbintenis waar die aankweek van ’n eng godsdienstige identiteit seëvier?
Om dit anders te stel: Moet godsdiensonderrig godsdienstige samehorigheid en universele waardes bevorder of moet dit op die nouer identiteit van die onderskeie geloofsgroepe konsentreer? Kan godsdiensonderrig albei doen? En wat is die stand van sake hieroor in ons skole?
........
Om dit anders te stel: Moet godsdiensonderrig godsdienstige samehorigheid en universele waardes bevorder of moet dit op die nouer identiteit van die onderskeie geloofsgroepe konsentreer? Kan godsdiensonderrig albei doen? En wat is die stand van sake hieroor in ons skole?
..........
Godsdiensonderrig fokus tans merendeels op godsdienstige identiteit; leer oor ander kulture en godsdienste bly beperk. Dit beteken dat ’n nouer geloofsoriëntasie ’n breër menslike morele benadering oortref. Godsdiensidentiteit is dus bo die belange van die groter samelewing verhef.
Godsdiensopvoeding in skole dra dus nie altyd positief by tot saamleef en solidariteit wat nodig is om die mensdom se uitdagings die hoof te bied nie. In uiterste gevalle sal dit bydra tot wantroue, twis en selfs geweld. ’n Enge godsdiensbenadering bevorder dus nie sosiale kohesie nie.
Ons demokratiese eksperiment oor die afgelope 27 jaar het interessante uitdagings vir godsdiensonderrig opgelewer. Ons leef in ’n sekulêre demokrasie met ’n sekulêre Grondwet wat waardes van inklusiwiteit en billikheid bevorder.
Ons het as ’n land ’n samewerkende benadering tussen die demokrasie en godsdiens aangeneem. Ons het gekies om nie ’n teologiegesentreerde staatsbenadering aan te neem waarin godsdienswaardes en -voorskrifte die openbare lewe oorheers nie. Ons vermy ook ’n situasie in ’n land soos die VSA, waar daar ’n muur tussen godsdiens en die openbare lewe is, waar onderrig oor godsdiens verbied word.
Ons Grondwet waarborg godsdiensvryheid. Alle godsdienste moet gelyk behandel word. Om mense teen hulle wil aan godsdienstige eerbiediging te onderwerp, word afgekeur. Belydenis-tipe godsdiensonderrig en praktyke op skool word afgeraai. Leerders moet geleer word om godsdienstige diversiteit te respekteer. Tog word voorsiening gemaak vir godsdienstige praktyke, mits dit billik is en die beoefening daarvan vrywillig is.
Suid-Afrika het dus ’n koöperatiewe model gekies wat ’n konstruktiewe verhouding tussen godsdienstige waardes en die waardes van die Grondwet bevorder. Dit behoort die hoeksteen van godsdiensonderrig in skole te wees. Ruimte word gebied om godsdiens op skool te onderrig. Die voorwaardes vir godsdiensonderrig is duidelik: Dit mag nie eksklusief wees nie, dit mag nie die regte van ander skend nie, en dit moet waardes van kohesie, respek en inklusiwiteit bevorder.
Die klem val dus op die ontwikkeling van ’n soort godsdienstige geletterdheid oor alle geloofstelsels, kulturele uitdrukkings en die geskiedenis van alle godsdienstige gemeenskappe. Begrip vir menslike naasbestaan is die opvoedkundige hoekstene van so ’n benadering.
.......
Skoolhoofde, skoolbeheerliggame en onderwysers word dus uitgedaag om ’n ruim en inklusiewe godsdienstige benadering te implementeer. Tog is dit presies waar skole sukkel.
.........
Skoolhoofde, skoolbeheerliggame en onderwysers word dus uitgedaag om ’n ruim en inklusiewe godsdienstige benadering te implementeer. Tog is dit presies waar skole sukkel. Baie skole verkies steeds ’n eng benadering. Hulle sukkel om ’n breër oriëntasie aan te neem. Godsdiensopvoeding fokus steeds oorwegend op godsdienstige verbintenis en belydenisopbouing. Dit verhinder skole om by te dra tot die breër morele en kulturele waardes en samewerking wat benodig word vir lewe in komplekse tye.
Godsdiensonderrig in skole behoort uitgedaag te word om ’n breër rol te speel. Onderwysers moet voorberei word om onderrig in godsdienste op hierdie breër manier aan te bied. Handboeke en materiaal moet ontwikkel word om ’n inklusiewe, dieper opvoedkundige benadering te ondersteun.
Ek gee ’n klein voorbeeld van ’n deel van ’n eerstejaarsmodule wat ek by my universiteit oor Islam aanbied. Die module word deur ’n span dosente aangebied wat op verskillende gelowe en kulture konsentreer. Ek dek die basiese leerstellings van Islam. Ek gee die studente ’n oorsig van die geskiedenis van die godsdiens, en ek fokus op die geloof se belangrikste rituele en praktyke. As deel van die kursus neem ons die studente na ’n reeks aanbiddingsplekke en plekke met kulturele betekenis. Hier word die studente blootgestel aan kulturele praktyke en die geskiedenis en argitektuur van verskillende gelowe. Dit verryk daaropvolgende gesprekke in die klas.
........
Ons konsentreer dus nie op godsdienskultivering nie. Eerder is die klem op diepgaande perspektiewe om geloof as dinamies, altyd aanpassend en betekenisvol in die konteks van alledaagse lewensomstandighede voor te stel.
.........
In die klas fokus ons op die veelvuldige praktyke van jongmense, waarvan godsdiens een is. Ons vra die studente om skryfprojekte te doen wat die klem op godsdiens in die alledaagse praktyke van gelowiges lê. Die studente toon waardering vir die verduidelikings wat die klasse oor hul vrae en wanopvattings bied. Ons konsentreer dus nie op godsdienskultivering nie. Eerder is die klem op diepgaande perspektiewe om geloof as dinamies, altyd aanpassend en betekenisvol in die konteks van alledaagse lewensomstandighede voor te stel.
Godsdiensonderrig kan bydra tot die kultivering van gemeenskaplike waardes mits ons dit met ’n ruim en inklusiewe aanslag benader. So ’n benadering vereis toewyding tot onderrig wat breër samelewingswaardes aankweek, benewens skole, skoolhoofde en onderwysers wat bereid is om ’n godsdienstige kurrikulum aan te bied wat daarna streef om studente oor die godsdienste van die wêreld op te voed.
- Aslam Fataar, Departement Opvoedingsbeleidstudie, Universiteit Stellenbosch: Navorsingsprofessor in die universiteit se Transformasiekantoor
Lees ook:
LitNet Akademies Weerdink: Hoe onderwysers in die tyd van COVID-19 staande kan bly
COVID-19 en verlore skooltyd: Estelle Kruger se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Dewald Koen se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Elize Vos se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Christa van Staden se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers
Kommentaar
Hierdie stuk is 'n deurdagte bydrae oor godsdiens in skole.
Die antwoord is bloot verskillende skole - christen, moslem, joods ens.
Prof Fataar was my NOS lektor in 2013. Hy het ons 'n module in Inklusiwiteit en Diversiteit aangebied. Hy was geensins dogmaties of nou in sy intellektuele aanslag nie. Inteendeel, hy was altyd gematig en gabalanseerd, maar het ons uitgedaag om dieper te dink oor die kompleksiteit van saamleef verby ons ras, seks en etniese agtergronde. In hierdie artikel volg hy dieselfde trand; die moontlikheid dat godsdiens bind en en nie verdelend nie. Goeie stuk!
Godsdiens moet liefs tog nie in skole aangebied word nie. Hoe gouer die mensdom van god- en godeaanbidding ontslae kan raak, hoe beter; dit veroorsaak net onmin, skeiding, rusie, geweld, en selfs oorlog.
This perspective cultivated in our home. Vredeliewendheid!!!
Dankie Aslam. Jou benadering resoneer in die diepste van my wese. Ek wens iemand het dit lankal besef en dienooreenkomstig aangebied. Ook sou ek graag ’n student in jou klas wou wees.
Leerders kan na hulle gemeentes gaan vir godsdiensonderrig en die skool vir onderwysers los. My ervaring van godsdiensonderrig, beide as leerder en leerkrag, was nie inspirerend nie - dit het altyd geforseerd gevoel in 'n plek waar die fokus elders was. In 'n multikulturele land is dit eintlik uiters problematies - asof daar nie genoeg twispunte is nie. Godsdiens is tog die ouer en die kerk (of gelykstaande instansie) se plig, en skoolonderrig die ouer en die skool s'n.
Maar Francois Venter; met respek, waar leer ons kinders dan van ander gelowe as nie in skole en universiteite nie? Of moet ons maar in onkunde saamleef?
Godsdiensonderrig werk ook mee aan identiteitsvorming, morele ontwikkeling en lewens- en wêreldsbeskouing, nie waar nie?
"Ons leef in ’n sekulêre demokrasie met ’n sekulêre Grondwet wat waardes van inklusiwiteit en billikheid bevorder."
- Aslam Fataar
Daaroor is ek bly en al het ek net 'n handvol klavierleerders by 'n skooltjie naby my, het ek nou ophou wegsteek dat ek nie 'n Christen is nie alhoewel Kersfees ook wêreldwyd as 'n sekulêre vakansiedag gevier word, maar ek skuil nog agter Boeddhistiese filosofie en tog is die leerdertjies min gepla. Enetjie wou net weet wat is ek dan... en ek het nog nie die moed om te stel ek is ongelowig nie, ek het net iets gemompel van Boeddha, toe verloor hy belangstelling, want dit is 'n vreemde woord vir hom, maar om te stel ek is ongelowig - nee nog nie, want dan dink die ouers dalk ek is immoreel of iets en vat die leerders weg van my af.
Ek moet nog oor daardie brug kom.
Godsdiens is beslis nie die enigste, of beste, bron om kinders morele waardes en etiese gedrag te leer nie. Daarvoor het al die hoofstroomgodsdienste heeltemal te veel bagasie van onverdraagsaamheid, vervolging, afskeidings en teologiese vetes.
1 Daar moet 'n duidelike leerplan wees wat geen proseletering toelaat nie.
2 Die onderwysers moet bewys kan lewer van kennis en ervaring, en onderneem om nie kerke se dogmas te verdedig of te bevorder nie.
3 Ouers behoort die reg te hê om deelname van hulle kinders te weier.