LitNet Akademies Weerdink: Hoe onderwysers in die tyd van COVID-19 staande kan bly

Vrese vir ’n derde koronagolf en posttraumatiese stres onder opvoeders styg dramaties. Kenners maan dat die impak op opvoeders se psigiese gesondheid nie onderskat moet word nie. Erika Kruger praat met Maryke Roberts oor stres wat duidelik sy tol op onderwysers eis wat tydens die pandemie onder nóg moeiliker omstandighede moet werk.