COVID-19 en verlore skooltyd: Christa van Staden se wenke aan ouers en onderwysers

  • 1

Foto van horlosie: Pixabay; foto van Christa van Staden: verskaf

Die tweede semester is hier. COVID–19 en inperkingsmaatreëls het te veel onderrigtyd laat verlore gaan. Naomi Meyer het by ’n paar opvoedkundiges aangeklop en praktiese raad vir ouers gevra.

Hier onder reageer Christa van Staden, navorsingsgenoot aan die Departement Rekenaarwetenskap en Informatika van die Universiteit van die Vrystaat, op die vrae.

Die tweede semester van die jaar het pas afgeskop. Nou die dag hoor ons dat Angie Motshekga gepraat het van die katastrofiese hoeveelheid skooltyd wat reeds verlore is. Ons weet ons leef in ’n totaal ongelyke samelewing en akademiese opvoeding is een manier om ’n sukses van jou lewe te kan maak. Het jy enige voorstelle van wat gedoen kan word om kinders te help om verlore skooltyd in te haal? Wat kan ouers by die huis doen om hulle kinders te help – akademies?

........

Dit is ’n groot probleem, veral op gebiede waar ouers nie oor die nodige opvoeding beskik om hulle kinders te kan help nie. Toegang tot die internet, rekenaars en selfone beperk ook maniere waarop ouers gelei kan word om hulle kinders te help.

..........

Dit is ’n groot probleem, veral op gebiede waar ouers nie oor die nodige opvoeding beskik om hulle kinders te kan help nie. Toegang tot die internet, rekenaars en selfone beperk ook maniere waarop ouers gelei kan word om hulle kinders te help. My twee kleinseuns was in Laerskool Fairland en hulle het meer as normaalweg gedoen omdat hulle nou die Cambridge-sillabus ook volg. Hulle ma het haar hande vol gehad om albei (graad 1 en  graad 5) in die middae te help. Ek het geen idee hoe ander ouers dit gedoen het nie.

Dink jy daar is sekere gewoontes wat oor die afgelope paar maande gevorm is wat aangespreek moet word? Ek praat van meer tyd wat kinders op skerms spandeer het, of tye wat hulle doelloos in die strate rondgedwaal het, georganiseerde sport wat tot stilstand gekom het. Mens wil so graag die kinders veilig hou van die virus, maar ook is sport of buitemuurse aktiwiteite ’n manier om die kinders gefokus te hou, of hoe? Hoe gemaak, as ouers self hul hande vol het om hulle eie balle in die lug te hou?

.......

Ek vermoed dat baie ouers meer tyd vir hulle kinders het omdat hulle nie ure in die verkeer gesit het nie. Maar ook dat baie kinders erg verwaarloos is, omdat hulle by skole die nodige aandag gekry het. 

..........

Jy noem dinge waaroor mens bekommerd behoort te wees. Kinders wat alleen tuis moes bly omdat ma en pa albei werk, kinders wat stil moet wees terwyl pa en ma van die huis af werk. Ek vermoed dat baie van hierdie kinders in hierdie tyd geleer het om hulle werk self te doen, maar ook dat baie ouers die werk namens die kinders gedoen het – iets wat in elk geval in skole gebeur. Ek stem saam – sport is baie belangrik, en daar is ’n hele groep kinders wat baie geleenthede misgeloop het omdat daar nie georganiseerde sport is nie. Maar ouers kan die tyd gebruik om byvoorbeeld met hulle kinders gaan stap – meestal is ’n plek waar mens veilig kan stap, naby die huis. Ek vermoed dat baie ouers meer tyd vir hulle kinders het omdat hulle nie ure in die verkeer gesit het nie. Maar ook dat baie kinders erg verwaarloos is, omdat hulle by skole die nodige aandag gekry het. 

Kan jy aan enigiets dink wat kinders in hierdie tyd beter kan voorberei op ’n toekoms wat heeltemal anders lyk as die verlede? Kom ons verbeel ons dis ’n ideale wêreld.

Mens het in hierdie tyd die volgende gesien:

1) Sillabusse hoef nie so oorvol te wees nie; dit kon ingekort word. Waarom was die pandemie eers nodig om dit te besef?

2) Toetse en eksamens kan tuis gedoen word as kinders siek is.

3) Alhoewel ek ’n sterk voorstander van tegnologie is, kan tegnologie nie onderwysers vervang nie. Dit kan wel help om beter lesse aan te bied, beter te assesseer.

4) Kinders kan nie voor ’n skerm gesit word nie; baie het nog nie geleer om op te let nie. 

5) Assessering behoort nie so gedrewe te wees nie – die fokus moet op leer wees eerder as op assessering. 

6) Kinders moet toegelaat word om self werk te doen,  om selfregulerings- en selfgerigte leervaardighede aan te leer. 

7) Kinders moet toegelaat word om self inligting te soek – die onderwyser moenie alles met ‘n teelepel ingee nie.

8) Groepwerk kan deur middel van tegnologie beter gedoen word as in die klas.

Lees ook:

COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Dewald Koen se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Elize Vos se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Estelle Kruger se wenke aan ouers en onderwysers

  • 1

Kommentaar

  • Louis le Roux

    Die minister van basiese onderwys het nie ’n idee wat in skole aangaan nie. Die hele onderwyssisteem is ’n nagmerrie vir onderwysers. Oorvol leerplanne, oningeligte en onbekwame onderwysbeplanners, asook onderwysers in 'n sekere groep is besig om onderwys die grond in te dryf. Dis nou wat jy kry agv kaderontplooiing.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top