Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

NW-skoleverrykingsartikel: Die storie van magnetisme – van towerklippe tot kwantumspin

Koos Holtzhausen Skole 2025-10-07

"Elke elektron besit ’n eienskap genaamd spin. Dit beteken nie dat die elektron letterlik rondtol nie, maar dit tree op asof dit ’n klein magneet met ’n noord- en suidpool is."

Afrikaans Huistaal: Graad 8-vraestelle en memoranda, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-10-02

Is jy in graad 8 en hou jy van sokkie en dans? LitNet kan jou help om vir Afrikaans Huistaal voor te berei en sommer ook lekker stories te lees van ander graad 8-leerders wat ook hou van dans. Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda gratis hier af.

Wiskunde: Graad 9-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-25

As jy in graad 9 is, het jy al met koördinate te doen gehad. Hierdie gratis Wiskundevraestel en memorandum sal jou help om voorbeeldsomme daarvan te oefen – en ook ander somme om jou vir hierdie kwartaal se toets voor te berei. Laai die vraestel en memorandum af, en bemeester die werk!

Wiskunde: Graad 8-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-25

As jy in graad 8 is, verstaan jy waarskynlik hierdie prent van desimale getalle. Hierdie gratis Wiskundevraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld sal jou help om voorbeeldsomme daarvan te oefen – en ook ander somme om jou vir hierdie kwartaal se toets voor te berei. Laai die vraestel en memorandum af en bemeester jou werk!

Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-18

As jy in graad 8 is, weet jy teen hierdie tyd dat statiese elektrisiteit en ballonne iets met mekaar te doen het. In hierdie gratis NW-oefenvraestel deur Rita Engelbrecht gaan jy nog meer oefenvoorbeelde ten opsigte van statiese elektrisiteit en ander werk wat julle hierdie kwartaal behandel, aantref. Laai dit af en behaal goeie punte in jou toets!

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-15

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Graad 7: Lewenswetenskappe-toets en memorandum, kwartaal 3

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-09

Is jy in graad 7 en leer julle in hierdie kwartaal se Natuurwetenskappe van energie? Maak jou skoenveters vas en hardloop na Rouxlyn Botha se gratis voorbereidingsvraestel en memorandum toe. Nadat jy hard daarvoor gewerk het, sal jou punte van hierdie toetsreeks jou gemoedstemming sommer ’n energieke hupstoot gee. 

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-01

Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Afrikaans Huistaal-toets as deel van jou toetsreeks? Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestel en memorandum gratis hier af. Een van die leesvoorbeelde handel oor ’n meisie wat so mooi soos ’n voëltjie sing. Jy sal ook sommer ’n vrolike lentelied sing as jy hierdie kwartaal jou rapportpunte sien!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-08-26

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde 2: Graad 12-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-08-25

Is jy in matriek en voel jy of jy moet meet en pas om elke dag genoeg ure tot jou beskikking te hê om vir jou rekordeksamen voor te berei? Lee-Ann Langeveld se Meetkunde-vraestel en memorandum kan jou met jou voorbereiding help. Klik hier om dit gratis af te laai.

Wiskunde 1: Graad 12-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-08-25

As jy vanjaar in matriek is, het LitNet ’n voorstel vir wat jy in jou vryetyd kan doen. Jy kan Lee-Ann Langeveld se Wiskunde-vraestel gratis hier aflaai en voorberei vir jou rekordeksamen! Die memorandum sal jou help sien of jy op die regte spoor is. Een van haar voorbeeldsomme handel juis oor jongmense en hul vryetydsbesteding. Voorspoed met die voorbereiding.

Pharos se Klein woordeboek/Little Dictionary bedoel vir groot en klein: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Annemie Stoman, Lize Burger Skrywersonderhoude 2025-08-25

"Ons teikenmark is jonk en oud, Afrikaans en Engels – enigiemand wat ’n betroubare, sakpas naslaanbron saam met hulle wil dra."

Graad 7, Lewenswetenskappe-verrykingsartikel: Hitte-oordrag

Rouxlyn Botha Skole 2025-08-19

"Hitte-oordrag is belangrik vir ons mense en ook vir diere om te oorleef. Ons liggame kan net by sekere temperature funksioneer en daarom maak ons van verskillende metodes gebruik om die temperatuur daar te hou. Deur die prosesse van hitte-oordrag te verstaan kan ons die beste moontlike besluite neem om die temperatuur daar te hou waar ons dit wil hê."

Graad 12: Lewenswetenskappe-vraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-08-18

As jy vanjaar in matriek is, weet jy dis amper tyd vir die rekordeksamen. Mens voel dalk so bang daarvoor soos vir hierdie slang, maar kyk hom eerder in die oë en laai hierdie gratis Lewenswetenskappe-oefenvraestel deur Rita Engebrecht af om oefenvoorbeelde uit te werk (onder andere interessante oefeninge oor slange se stambome). Laat dit op rekord wees dat jy voorbereid gaan eksamen skryf het!

Afrikaans Amptelik 100-skolekompetisie-persverklaring: Wys ons hoe Afrikaans julle skool leef!

LitNet Skole 2025-08-12

Dié nasionale kompetisie, wat oop is vir alle skole vanaf 1 Mei tot 15 September 2025, is deel van die landwye vieringe van 100 jaar sedert Afrikaans as amptelike taal erken is.

Afrikaans EAT: Graad 4-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-08-08

Is jy in graad 4 en wens jy jy kon eerder ’n roomys eet as om ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel te skryf? Gelukkig is hierdie gratis vraestel en memorandum deur Annelie Botha sommer baie pret. Daar is oefenvoorbeelde wat juis oor roomyse handel. Werk die vraestel uit en proe die soet smaak van sukses as jy hierdie kwartaal goeie punte behaal!

Wiskunde: Graad 7-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-07-30

Is jy in graad 7 en voel jy jy moet meet en pas om elke dag jou werk te kan leer en goeie punte in die Wiskunde-eksamen te kan behaal? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af om jou met jou voorbereiding te help. As jy nou begin werk, sal jy van meet af aan beter resultate sien.

 

Wiskunde: Graad 6-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-07-28

Is jy in graad 6 en praat almal skielik van goeie punte wat jy vir hoërskoolkeuring moet behaal? Leer jy in Wiskunde van driedimensionele vorms, en van ’n huis se vooraansig of kantaansig? Alles het baie eenvoudiger gevoel toe jy jonger was, of hoe? Gelukkig kan jy Wilhelm du Toit se oefenvraestel en memorandum gratis hier aflaai. Dit sal jou met jou Wiskunde help en alles sal sommer eenvoudig beter voel.

Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-07-23

Is jy in graad 5 en sê jou ouers jy moet reeds vir jou Wiskundetoetse begin voorberei, maar eintlik wil jy net aan skatte en ander avonture dink? Die goeie nuus is dat jy hierdie oefentoets en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis kan aflaai. By sommige van die somme gaan jy moet skat. By ander somme gaan jy moet meet. Werk die vraestel gou uit en kyk hoe skitter jou rapport hierdie kwartaal!

Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-07-22

Is jy in graad 4, kan jy glo dis al die derde kwartaal en wonder jy hoekom is hier ’n prentjie van die aarde by hierdie Wiskundevraestel geplak? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit en kry jou Wiskunde onder die knie. Daar is ook baie somme oor sekondes, minute en tyd hierin. As jy die vraestel uitwerk, sal die Wiskunde nie jou kop laat draai nie en jy sal kan sien dat tyd en die Wiskunde wat daaroor handel, heelwat te doen het met hoe vinnig die aarde draai!

Top