Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

WOW Woordfees-persverklaring: 500 leerders by landwye Sanlam WOW Spelfees-finaal

LitNet Skole 2026-10-01

Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word in drie tale aangebied – Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 5 tot 8). Die Sanlam WOW Spelfees is ’n vlagskipprojek van Woorde Open Wêrelde (WOW) by die Universiteit Stellenbosch (US).

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-18

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Verrykingswiskunde: Die som van ’n reeks opeenvolgende heelgetalle tot ’n vasgestelde mag verhef

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2026-09-18

"Hierdie leerling wat later roem verwerf het as die Duitse wiskundige Carl Friedrich Gauss (1777–1855), was een van die heel grotes en volgens sommige die grootste wiskundige van alle tye, selfs groter as Archimedes of Eratosthenes."

Graad 5-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-18

Is jy in graad 5 en op soek na ’n Wiskunde-oefenvraestel vir die derde kwartaal? Wilhelm du Toit het ’n vraestel en memorandum opgestel, wat jy gratis in PDF kan aflaai.

Wiskunde: Graad 4-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-18

Is jy in graad 4 en benodig jy ’n Wiskunde-oefenvraestel vir die derde kwartaal? Wilhelm du Toit het een vir LitNet opgestel. Laai die vraestel en memorandum gratis hier af.

Die droomdilemma deur De Wet Hugo: ’n dramateks vir skoolkinders

De Wet Hugo Notas, toetse en vraestelle 2026-09-18

LitNet is oorval deur navrae van leerders, ouers en opvoeders – en De Wet Hugo het op versoek ’n eksklusiewe dramateks geskryf. Dis geskik vir leerders van graad 4 tot 9. Laai die dramateks van Die droomdilemma gratis hier in PDF af!

Wiskunde-video: Graad 8 – totale buite-oppervlakte van 'n prisma, metode 2

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-14

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld metode 2 vir die berekening van totale buite-oppervlakte van 'n prisma vir graad 8’s - hier’s ’n formule!

Wiskunde-video: Graad 8 – totale buite-oppervlakte van 'n prisma, metode 1

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-14

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld metode 1 vir die berekening van totale buite-oppervlakte van ’n prisma vir graad 8’s.

Wiskunde-video: Graad 8 – omgekeerde Pythagoras

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-14

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld die omgekeerde Pythagoras-stelling vir graad 8’s.

Wiskunde-video: Graad 8 – Pythagoras se stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-14

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld Pythagoras se stelling vir graad 8's.

Wiskunde: Graad 6-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-04

Is jy in graad 6 en hoe lank groei jou neus as jou ouers vra of jy al vir jou Wiskundetoets voorberei het? Gelukkig kan Wilhelm du Toit se gratis vraestel en memorandum jou help om van lengtes te leer, en ook die res van jou toetswerk te verstaan. Laai dit hier af.

Wiskunde: Graad 7, vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-04

Is jy in graad 7 en moet jy voorberei vir jou Wiskundetoets? Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help. Jy kan dit hier aflaai.

Afrikaans Huistaal: Graad 12, vraestel en memorandum, kwartaal 3

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-09-04

Is jy in graad 12 en is jy benoud oor die eksamen? Cecilia Klopper se gratis Afrikaans Huistaal-vraestel en memorandum, wat jy hier kan aflaai, kan jou met jou voorbereiding help. Breek ’n rekord met jou punte hierdie rekordeksamen!

Natuurwetenskappe: Graad 9-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-08-28

Is jy in graad 9 en behandel julle hierdie kwartaal elektrisiteit en stroombane in Natuurwetenskappe? Laai Rita Engelbrecht se gratis toets en memorandum hier af. As jy goed voorbereid is, sal jou punte jou op ’n positiewe manier skok!

Skoleverrykingsartikel: Kompos en herwinning

Rouxlyn Botha Skole 2026-08-27

Doen jou kind hierdie kwartaal ’n navorsingstaak oor kompos en herwinning? Hierdie artikel deur Rouxlyn Botha sal jou kind kan help met navorsingsmateriaal!

Afrikaans Huistaal: Graad 5-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-08-18

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Afrikaans Huistaal as deel van jou toetsreeks? Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda gratis af om jou met jou voorbereiding te help.

Fiela se kind, die drama: ’n skolebespreking

Cecilia Klopper Notas, toetse en vraestelle 2026-08-13

In die derde kwartaal moet leerders ’n literêre-navorsingstaak voltooi. Miskien is Fiela se kind, die drama vanjaar jou voorgeskrewe boek in Afrikaans Huistaal. Lees die boek en laai dan Cecilia Klopper se bespreking en analise gratis hier in PDF hier af om die teks onder die knie te kry!

Wiskunde: Graad 1-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-08-06

Is jou kind in graad 1 en wil jy saam met hom voorberei vir die kwartaal se Wiskundetoetse? Laai speel-speel en in ’n japtrap Tharina Joubert se gratis toets en memorandum hier af.

Vlooi en die verlore fossiel in die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Skole 2026-08-03

"Die grondslagfase-leerder reageer meestal nog op instink en nie vooropgestelde idees nie en dit maak hulle die heel lekkerste gehore om voor op te tree. Dis onbevange lekkerte. Lekkerste, maar nie maklikste. Kinders wil oortuig word, so die akteurs en teaterspan moet uithaal en wys." Hierdie produksie is gebaseer op karakters in die Oxford University Press se Storieboomreeks; dis die boeke waarmee baie skoolkinders leer lees.

Klein Karoo Klassique 2026 reik uit na jongmense met spesiale orkesaanbieding: ’n onderhoud met Richard Cock

Maryke Roberts, Anina Lundie, Richard Cock Musiek 2026-07-29

"Ek werk al met jong mense vandat ek vir die eerste keer by musiek betrokke geraak het. Ek weet dat as jy hulle op ’n jong ouderdom kan inspireer, hulle hul lewe lank entoesiasties oor musiek sal wees. Dit is wat ons nodig het: Mense wat lief is vir musiek en die krag daarvan verstaan."

Top