Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Lewenswetenskappe: Sure en basisse, miere en termiete – het hulle iets gemeen?

Rouxlyn Botha Skole 2025-05-12

"Behalwe vir selfverdediging, gebruik miere ook mieresuur om hul neste mee te ontsmet. Mieresuur het anti-mikrobiese eienskappe. Dit beteken dat dit die groei van mikrobes wat siektes onder die miere kan veroorsaak, vertraag. Mieresuur is so effektief dat dit gebruik word om veevoer mee te preserveer."

Persverklaring: Vlooi en die speelgoedkis by die Kunstekaap

LitNet Teater 2025-05-12

Opvoeders en leerders, neem kennis! Vlooi besoek binnekort weer die Kunstekaap. Hier is solank inligting sodat julle betyds kan kaartjies koop.

Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-07

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Jy ken seker die bekende sprokie van die twee kinders wat in die woud verdwaal en ’n lekkergoedhuisie ontdek het. Jy hoef nie so verlore soos hulle te voel as jy vir jou Wiskunde-eksamen voorberei nie. In hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit sal jy in sekere van die voorbeeldsomme huisies van vuurhoutjies kan bou. Wanneer jy goeie punte in die eksamen behaal, kan jy jou met smullekker koekies beloon. 

Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-06

Is jy in graad 4 en skryf jy hierdie kwartaal vir die eerste keer eksamen? LitNet kan help! Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af en laat jou spanning saam met die water van die rivier op die prentjie wegvloei. Jy sal ook voorbeelde van vloeidiagramme in die vraestel aantref en as jy dit geoefen het, sal jy jou werk beter verstaan! 

Wiskunde: Graad 11-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-05

Is jy in graad 11 en wonder jy aan die begin van hierdie eerste week in ’n lang tyd waartydens dit nie ’n langnaweek is nie wat die sin van die lewe is? LitNet het die antwoord. Dit is: "Sin, cos, tan!" Laai Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum af en berei voor vir jou eksamen aan die einde van die tweede kwartaal. As jy goeie punte in die eksamen behaal, sal dinge sommer meer betekenisvol voel!

Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-29

Is jy in graad 5 en hou jy hierdie week "skoolvakansie"? As jy lus voel om appeltert te bak, kan jy dit doen – en jy kan dit as beloning eet as jy sommer hierdie gratis oefenvraestelle van Eugene van der Westhuizen afgelaai en dit uitgewerk het om voor te berei vir jou tweede kwartaal se eksamen. Dit sal sommer baie lekker wees om die appeltert te eet en boonop goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen te kry! 

Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig

Naomi Meyer, Herman van der Westhuizen Suidoosterfees 2025-04-25

"Niks kom ... by ’n lewende opvoering nie, so kom kyk by die Suidoosterfees na die Proscenium Jeugteater in die kykNET Kamer. Toegang is gratis. Daar is vier groepe wat elkeen drie keer optree en die vier stukke saam in elke groep duur nie langer as ’n uur nie."

Wiskunde: Graad 9-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-23

Is jy in graad 9 en voel dit vir jou daar is genoeg alfabetletters waarmee jy in Wiskunde te doen het dat dit nou al na Afrikaans voel? Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel kan jou met jou somme help. Werk dit uit en berei voor vir die tweede kwartaal se eksamen. (As jy vir Afrikaans wil voorberei, is daar ook hulpvraestelle daarvoor op LitNet beskikbaar.)

Wiskunde: Graad 8-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-23

Is jy in graad 8 en sal jy eerder met jou broer of suster tyd spandeer as om Wiskunde te doen? Werk net eers hierdie som in Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel uit: "Jaco was twee jaar gelede twee keer so oud soos sy sussie Jane. Hoe oud is Jaco as Jane nou 𝑝 jaar oud is?" Noudat jy hierdie antwoord ken, kan jy die volgende som ook doen. (As jy onseker is oor hoe om die berekening te maak, sal haar memorandum jou help!) 

Wiskunde: Graad 10-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-15

Is jy in graad 10 en kan jy die woord "sin" in ’n sin gebruik? Moenie vrees nie; LitNet kan jou help om vir trigonometrie voor te berei. As jy hierdie gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou werk te oefen en vas te lê, sal jy sien: om vraestelle uit te werk voor jou eksamen, is baie sin-vol.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-hersieningsvraestel (begrip, taal en opsomming), tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-14

Is jy in graad 9 en voel jy bietjie soos ’n springbok wat sy spring verloor het as jy aan die tweede kwartaal se eksamen dink? LitNet kan help. Laai hierdie gratis Afrikaans Huistaal-vraestel deur Zelda Brits af en toets jou kennis aan die hand van oefenvoorbeelde, soos onder andere ’n leesstuk oor ’n springbok wat sy spring verloor het. Jy sal sommer bokspring van blydskap as jy jou punte aan die einde van die kwartaal sien!

Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memorandum, eerste en tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-10

Is jy in graad 8 en leer julle baie nuwe dinge in Natuurwetenskappe vanjaar? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engelbrecht om jou werk vir die eerste en die tweede kwartaal vas te lê. Jy sal sien hoeveel jou punte verbeter – en jou selfvertroue sal, net soos hierdie plante op die prent, groei!

Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior

LitNet Suidoosterfees 2025-04-02

Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.

Graad 7: Lewenswetenskappe – hidrobreking en skaliegas in die Karoo en die impak van brandstofproduksie op die omgewing

Rouxlyn Botha Skole 2025-03-31

"Die ontginning van skaliegas in die Karoo was die afgelope jare die onderwerp van baie debatte. Die proses is tydelik gestaak om tyd toe te laat vir beter navorsing, maar kan nou weer in volle swang voortgaan. Maar wat is die impak daarvan op die omgewing?"

Persverklaring: Kom wys jou staal by nuwe nasionale redenaarskompetisie

LitNet Leefstyl 2025-03-25

Curro Durbanville Hoërskool nooi met trots hoërskole reg oor die land uit om hul mees gesoute span in te skryf vir die toonaangewende kompetisie-met-’n-kinkel: twee leerders moet saamspan en as ’n eenheid die toespraak aanbied. Die tema is "Afrikaans – ’n taal van kleure en klank", en dis heel gepas, omdat Afrikaans vanjaar 100 jaar lank ’n amptelike taal is.

Wiskunde: Graad 11-vraestel 2 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-19

As jy in graad 11 is, weet jy nou al jy moet jou nie met andere vergelyk nie. Dalk weet jy egter nog nie alles van vergelykings af nie. Laai hierdie gratis tweede Wiskundetoets en memorandum van die kwartaal deur Lee-Ann Langeveld af om jou werk te oefen.

Wiskunde: Graad 11-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-19

As jy in die hoërskool is, sal jy uit die prent hierby kan aflei watter soort somme jy in hierdie oefentoets sal aantref. As jy in graad 11 is, is dit die moeite werd om hierdie gratis toets en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af te laai en vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei. Wys hulle waar Dawid die wortels begrawe het!

Wiskunde: Graad 10-vraestel 2 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-18

Is jy in graad 10 en veroorsaak breuke vir jou hoofbrekens? Jy hoef nie verder jou koppie daaroor te breek nie. Laai Lee-Ann Langeveld se tweede gratis oefenvraestel en memorandum af en berei voor sodat jy jou toets lag-lag sal deurkom.

Wiskunde: Graad 10-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-18

As jy in graad 10 is en die letters "x" en "y" laat jou dink dat die alfabet einde se kant toe staan, is jy reg. Die kwartaal is ook amper verby en dis tyd om vir die algebra-toets voor te berei. As jy hierdie gratis vraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld opgestel het aflaai, gaan jy voorbereid wees vir jou toets. Dis die alfa en die omega van die saak!

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo's, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-13

Is jy in graad 4 en baie lief vir jou hondjie? In hierdie Afrikaans Huistaal-vraestelle deur Eugene van der Westhuizen kan jy ’n storie lees van iemand wat ook baie lief vir sy hondjie was. Laai die vraestelle en memo’s gratis in PDF-formaat af en oefen vir jou eerste kwartaal se toets. Jy sal nie vir wors in die hondehok hoef te gaan soek nie; jou punte gaan sommer self verbeter as jy jou werk met behulp van die vraestelle inoefen!

Top