Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Wiskunde: Graad 7-vraestel 1 en memo, derde kwartaal
2025-07-30Is jy in graad 7 en voel jy jy moet meet en pas om elke dag jou werk te kan leer en goeie punte in die Wiskunde-eksamen te kan behaal? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af om jou met jou voorbereiding te help. As jy nou begin werk, sal jy van meet af aan beter resultate sien.
Wiskunde: Graad 6-vraestel 1 en memo, derde kwartaal
2025-07-28Is jy in graad 6 en praat almal skielik van goeie punte wat jy vir hoërskoolkeuring moet behaal? Leer jy in Wiskunde van driedimensionele vorms, en van ’n huis se vooraansig of kantaansig? Alles het baie eenvoudiger gevoel toe jy jonger was, of hoe? Gelukkig kan jy Wilhelm du Toit se oefenvraestel en memorandum gratis hier aflaai. Dit sal jou met jou Wiskunde help en alles sal sommer eenvoudig beter voel.
Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, derde kwartaal
2025-07-23Is jy in graad 5 en sê jou ouers jy moet reeds vir jou Wiskundetoetse begin voorberei, maar eintlik wil jy net aan skatte en ander avonture dink? Die goeie nuus is dat jy hierdie oefentoets en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis kan aflaai. By sommige van die somme gaan jy moet skat. By ander somme gaan jy moet meet. Werk die vraestel gou uit en kyk hoe skitter jou rapport hierdie kwartaal!
Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, derde kwartaal
2025-07-22Is jy in graad 4, kan jy glo dis al die derde kwartaal en wonder jy hoekom is hier ’n prentjie van die aarde by hierdie Wiskundevraestel geplak? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit en kry jou Wiskunde onder die knie. Daar is ook baie somme oor sekondes, minute en tyd hierin. As jy die vraestel uitwerk, sal die Wiskunde nie jou kop laat draai nie en jy sal kan sien dat tyd en die Wiskunde wat daaroor handel, heelwat te doen het met hoe vinnig die aarde draai!
Lewenswetenskappe: Statiese elektrisiteit in die insekwêreld
2025-07-03"Statiese elektrisiteit kom ook in die natuur voor. Insekte maak gebruik van statiese elektrisiteit om rond te beweeg, om stuifmeel te versamel en om hul vyande te vermy. Bye kan, deur van statiese elektrisiteit gebruik te maak, stuifmeel versamel sonder om eens daaraan te raak. Terwyl ’n by vlieg, versamel sy statiese elektrisiteit as gevolg van die wrywing tussen haar vlerkies en die lug."
Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 10-vraestel en memorandum
2025-06-24Is jy in graad 10 en skryf jy binne die volgende paar dae jou laaste Afrikaans Eerste Addisonele Taal-vraestel? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af en maak seker dat jy nie ’n F vir Afrikaans behaal nie. Dis nou tensy die F staan vir "fantasties".
Afrikaans Huistaal: Graad 7-vraestelle en memo’s, tweede kwartaal
2025-06-24Is jy in graad 7 en nou eerder lus vir middagete as om vir jou laaste Afrikaans Huistaal-eksamen van die tweede kwartaal voor te berei? Indien jy ook honger is vir goeie punte, laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en gebruik die oefenvoorbeelde om vir jou eksamen voor te berei. Daar is ’n resep vir ’n bekende Suid-Afrikaanse gereg as voorbeeld.
Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
2025-06-23Is jy in graad 10 en voel jy vrolik omdat dit amper vakansie is? Daar’s nog ’n rede om positief te voel. Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir jou eksamen voor te berei. Wees bly, want daar is boonop somme oor positiewe eksponente in hierdie vraestel. Jy sal positief oor jou punte voel as jy vir oulaas ’n vraestel uitwerk en vir die eksamen voorberei.
Afrikaans Huistaal: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
2025-06-23Is jy in graad 10 en wil jy heeldag op TikTok spandeer – maar jy skryf nog hierdie week jou Afrikaans Huistaal-eksamen? LitNet het net goeie nuus vir jou. Jy kan hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai en vir jou eksamen voorberei. Boonop word daar juis oor TikTok in een van die oefenvoorbeelde geskryf. Die ander goeie nuus is dat dit amper vakansie is!
Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum
2025-06-18Is jy in graad 9 en het jy onlangs na die Comrades-marathon gekyk? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld is daar voorbeeldsomme wat oor marathons handel. As jy die vraestel gebruik om vir jou eksamen voor te berei, kan jy dalk eerste plek met jou uitslae behaal!
Wiskunde: Graad 8, kwartaal 2, toets en memorandum
2025-06-11Is jy in graad 8 en los jy graag twee teelepels suiker in jou tee op? In hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveld gaan jy ook leer om Wiskundesomme op te los – maar dis op ’n algebraïese wyse. Oefen die somme, drink ’n lekker koppie tee en behaal boonop hierdie kwartaal goeie punte in jou eksamen!
Afrikaans Huistaal: Graad 11, kwartaal 2, hersieningsvraestel en memo
2025-06-09Is jy in graad 11 en wil jy baie graag nou gedurende die Junie-eksamen by die fliek uitkom? Dis goeie raad om eerder nou vir jou eksamen voor te berei en in die vakansie ’n film te gaan kyk. Hierdie Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memorandum deur Zelda Brits kan gratis afgelaai word. Jy sal die vraestel moet deurwerk om te sien waarom springmielies as toeligtingsprent gekies word!
Wiskunde: Graad 7-vraestel en memo, tweede kwartaal
2025-06-03Dis winter en tyd vir die Junie-eksamen. As jy in graad 7 is, kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit jou help om vir jou eksamen voor te berei. Jou beker warm sjokolade sal ekstra soet smaak as jy goeie punte in die eksamen behaal!
Uittreksels en oefenvoorbeelde: Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7 deur Aletha de Klerk
2025-06-03Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings.
Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7: ’n onderhoud met Aletha de Klerk
2025-06-03"Teen eksamentyd voel dit mos of alles gelyk moet gebeur – en eintlik gister al. Die kind se konsentrasie wankel, die rekenaar gee in, en selfs die hond kruip weg. In daardie oomblik is Lees en kyk met begrip Graad 7 Huistaal presies in die kol – soos daardie ekstra stel hande wat jy nie eers geweet het jy nodig het nie."
Wiskunde: Graad 12-vraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2025-05-28Is jy in graad 12? Jy is nie meer so klein soos die kinders op hierdie prent nie. Een van die dae staan jy nie meer in die ry voordat die skooldag begin nie. Hier is wel ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld wat jou sal help om rye en reekse vir jou volgende Wiskundevraestel te bemeerster.
Lewenswetenskappe: Chemiese reaksies in die bombardierkewer
2025-05-27"Chemiese reaksies is oral rondom ons waarneembaar. Ons is net nie altyd daarvan bewus nie. Ook in die natuur gebeur daar gereeld allerhande chemiese reaksies. Kom ons kyk hoe die bombardierkewer van chemiese reaksies gebruik maak."
Wiskunde: Graad 12-vraestel 1 en memo, kwartaal 2
2025-05-23Is jy in graad 12? Dis tyd om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld wat jou sal help om briljante punte te kan behaal!
Wiskunde: Graad 6-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal
2025-05-21Is jy in graad 6 en bekommer jy jou oor jou Wiskunde-eksamen wat voorlê? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit sal jou spanning soos mis voor die son help verdwyn. Laai dit af, oefen jou werk en jy sal sommer met selfvertroue kan gaan skryf.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-oefenvraestelle en memoranda, tweede kwartaal
2025-05-15As jy vanjaar in graad 6 is, het jy seker nog nie so baie van hierdie voorwerp in jou lewe gesien nie. As jy egter voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen, kan jy hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen aflaai en meer lees oor die poskantoor. Dalk pos jou ouers vir jou ’n liefdesbrief as hulle sien watter goeie punte jy as gevolg van jou harde werk behaal.

