
Prent: Silke op Pixabay
Is jy in matriek en raak jy emosioneel as jy aan die eindeksamen dink? Blameer sommer ’n ui as jy in trane wil uitbars! Hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engelbrecht sal jou met jou Lewenswetenskappe-voorbereiding kan help. Hersien die kwartaal se werk en natuurlik is daar ook ’n voorbeeldvraag oor die uieplant in die vraestel. Daar sal sommer trane van blydskap vloei as jy jou punte sien!
Klik hier om die vraestel gratis in PDF af te laai.
Klik hier om die memorandum gratis in PDF af te laai.
Lees ook:


Kommentaar
Lewenswetenskappe-vraestelle.
Hallo! Dankie vir jou navraag. LitNet het heelwat gratis hersieningsvraestelle en memoranda wat alles beskikbaar is op hierdie indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai deur die lys om te sien wat beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe vraestelle en inhoud by. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek is 'n Lewenswetenskappe-leerder wat oefenstelle soek vir die eksamen.
Goeiedag! Dankie vir die navraag. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle op LitNet, alles op een plek: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Hier is al die vraestelle en memo's wat op LitNet beskikbaar is. Blaai daardeur om te sien wat daar is, en klik op die skakels om die inhoud gratis in PDF af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Voorspoed met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder