
Prent: Canva
Is jy in graad 7 en skryf jy binnekort ’n Afrikaans Huistaal-toets? Jy kan met Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda daarvoor voorberei, en dis ook van toepassing op die tweede kwartaal se werk. Dit is gratis hier beskikbaar. Een van die stories handel oor ’n busrit in die nag; spring aan boord!
Lees ook:


Kommentaar
Ek stel baie belang in dit wat u doen. Ek is 'n graad 7 Afrikaans Huistaal-onderwyser. Enige hulp en idees sal baie waardeer word.
Goeiedag! Dankie vir jou navraag. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Hier is 'n lys van vraestelle met hul bypassende memoranda wat deur kundiges opgestel is, ingedeel volgens graad en vakgebied. Dit is gratis beskikbaar. Klik telkens op die skakels om die inhoud af te laai en vir die nodige vak voor te berei. As die betrokke vak se vraestel nie op die lys vertoon nie, beskik ons nog nie oor daardie vraestel nie. Ons voeg wel so gereeld moontlik inhoud by. Sterkte met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Wat is die koste hieraan verbonde?
Goeiedag! Daar is geen koste hieraan verbonde nie. LitNet se vraestelle en memoranda is gratis beskikbaar. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat alles op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Klik telkens op die skakels in die artikels om die inhoud in PDF af te laai. Voorspoed met die kwartaal se voorbereiding! Groete, Naomi
Baie dankie!!
Baie dankie. Dit help my baie.
Wil graag al die vraestelle van al die vakke van graad 7 van die 1ste en 2de kwartaal kry, asb.
Hallo! Dankie vir die navraag. LitNet bied heelwat gratis oefenvraestelle ten opsigte van al die grade en vir die meeste vakke. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles op een plek beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF af te laai. Voorspoed met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder