Christina Johanna (Christa) van Staden

Christa van Staden is tans as navorsingsgenoot aan die Departement Rekenaarwetenskap en Informatika van die Universiteit van die Vrystaat verbonde. Sy is ook studieleier van twee PhD-studente (Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van die Vrystaat) en tree sy as kritiese leser vir nagraadse studente op.

Haar kwalifikasies sluit ’n PhD, MEd (Ortopedagogiek), BEd (Spesialisering in begaafdekindonderwys) en ’n BA (Ed) in. Sy het, weens haar man se beroep, by verskeie skole in Gauteng, Mpumalanga en die Vrystaat skoolgehou en was ook as opvoedkundedosent by Vista Universiteit en Unisa betrokke. Christa geniet dit om praktykgerigte navorsing te doen en het al in verskeie nasionale en internasionale vaktydskrifte gepubliseer. Sy het ook verskeie nasionale en internasionale referate gelewer. Haar navorsing fokus hoofsaaklik op probleme in die onderwys en hoe tegnologie gebruik kan word om leer en professionele ontwikkeling te ondersteun. Op die oomblik speel sy met ChatGPT om te verstaan hoe hierdie kletsbot hoëronderwys kan ontwrig of gebruik kan word om ryk leergeleenthede te skep.

Christa is passievol oor haar gesin, haar familie en haar miniatuur-Schnauzers, waarvan een haar langarmdansmaat is! Hulle het vanaf 2 Maart 2019 tot 5 Oktober 2020 in Ust’-Kamenogorsk (beter bekend as Öskemen) in die oostelike provinsie van Kazakhstan gewoon, maar die pandemie het hulle laat besef dat hulle hier in hul eie land hoort – naby hul kinders en vier kleinkinders, almal seuntjies. Tans geniet sy dit om die ontwikkeling van haar jongste kleinseun (3), wat naby haar woon, gade te slaan, veral noudat hy in die kleuterskool is. Dit maak natuurlik weer nuwe velde vir navorsing oop, veral weens haar intense belangstelling in begaafdekindonderwys.

Strategies to develop life skills while Geography learners use ChatGPT-4o to interpret contour maps

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2025-02-04

"The rapidly changing 21st century requires learners to develop a set of life skills during education and training in order to be successful in future careers."

Strategieë om lewensvaardighede te ontwikkel terwyl Geografie-leerders ChatGPT-4o gebruik om kontoerkaarte te vertolk

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-04

"KI-hulpmiddels, met hul foute en beperkings, is hier om te bly. Aangesien hierdie hulpmiddels reeds in die werkplek gebruik word, moet leerders die nodige vaardighede aanleer om dit verantwoordelik te gebruik."

SteedsDink met LitNet Akademies: Christa van Staden oor haar akademiese navorsing

Christina Johanna (Christa) van Staden SteedsDink 2024-12-11

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Christa van Staden oor die belang van navorsing in Afrikaans, leernetwerke, die lewe van ’n navorser en kritiese denke en ChatGPT.

Kollig op akademikus Christa van Staden: Onderrig, tegnologie en netwerke

Christina Johanna (Christa) van Staden SteedsDink 2024-12-11

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Christa van Staden oor onder meer haar belangstelling in praktykgerigte navorsing, die gebruik van tegnologie om leer te bevorder en sosiale-netwerk-analise.

Usefulness of ChatGPT-4V(ision) to analyse aerial photographs, factors which can drive adoption, and implications for Geography classrooms

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2024-11-07

"The purpose of this research was threefold, namely (a) to determine the usefulness of ChatGPT-4V to analyse aerial photographs, (b) to predict whether it would be adopted, and (c) to discuss the implications for Geography classrooms if ChatGPT-4V were adopted to analyse aerial photographs."

Bruikbaarheid van ChatGPT-4V(ision) om lugfoto’s te ontleed, dryfvere wat opneem kan bevorder en implikasies vir Geografie-klaskamers

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-11-07

"Die bevindinge toon dat ChatGPT-4V bruikbaar is om lugfoto’s te ontleed. ChatGPT-4V se geografiese kennis is redelik goed, die lugfoto’s is redelik suksesvol ontleed en hy kon lugfoto’s gebruik om ’n gevallestudie en ’n toets (beide met memoranda) te skep."

A proactive strategy to mitigate plagiarism with ChatGPT-3.5 – an explorative study

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2023-11-16

"Although it could argue different points of view, it was sympathetic towards a convicted murderer (Oscar Pistorius), but not towards a South African fighting against farm murders (Steve Hofmeyr). This might indicate a problem with its training as it could indicate that ChatGPT leans to the left. These limitations can have an impact on the usefulness of ChatGPT in classrooms."

’n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-16

"[ChatGPT] kon die positiewe (beroemd) en negatiewe (berug) van beide persone uitlig, maar, ChatGPT was simpatiek teenoor Oscar Pistorius, wat ’n veroordeelde moordenaar is en nie teenoor Steve Hofmeyr, wat ’n kampvegter teen plaasmoorde is nie. Hieruit kan afgelei word dat ChatGPT moontlik linksgesind is, maar dit is ook moontlik dat Hofmeyr baie intenser in ’n negatiewe lig op die internet bespreek is tydens die insameling van sy opleidingsdata as Pistorius."

ChatGPT: Friend and foe in the geography subject didactics classroom? Implications for practice

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2023-08-23

"Almost immediately, reports showed that the chatbot’s answers were good enough to pass a variety of postgraduate examinations, with the result that lecturers were worried that the chatbot could have a negative impact on academic integrity."

ChatGPT: Vriend en vyand in die Geografie-vakdidaktiek-klaskamer? Implikasies vir die praktyk

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-23

"Alhoewel die groei buitengewoon is, het ChatGPT se kuberbrein die aandag van akademici wêreldwyd getrek omdat dit geleenthede vir akademiese oneerlikheid kan skep."

Kletsbotte: Vriend of vyand? Praktiese voorstelle om hierdie kletsbot te omarm om die gehalte van akademiese skryfwerk te bevorder

Christina Johanna (Christa) van Staden Seminare en essays 2023-01-20

"Só kan kunsmatige intelligensie ’n vriend in hoëronderwysklaskamers word wat kan help om die gehalte van akademiese skryfwerk te verbeter."

Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer

Christina Johanna (Christa) van Staden Seminare en essays 2022-12-21

Christa van Staden lewer verslag oor Ronel Callaghan se lesing, "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer", wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.

Efficiency of collaborative experiential learning tasks during training of lecturers in distance higher education

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2022-12-14

"This mixed methods research aimed to investigate the efficiency of collaborative experiential learning tasks to understand how my practice could be improved."

Doeltreffendheid van gesamentlike ervaringsleertake tydens opleiding van dosente in afstandhoëronderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-14

"Die doel van die ondersoek was om die doeltreffendheid van die gesamentlike ervaringsleertake tydens die opleiding van dosente in ’n afstandhoëronderwyskonteks te ondersoek om te verstaan hoe ek my eie praktyk kan verbeter."

Christa van Staden: Telegram die beste geselstoep vir gebruik deur leerders en studente

Liné Loff, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2022-07-07

"Signal is die veiligste, maar Telegram bied soveel funksies waarmee die beperkings van WhatsApp oorkom kan word. Hoe meer ek Telegram gebruik het, hoe meer het ek besef hoe bruikbaar dit is."

Top