Christina Johanna (Christa) van Staden

Christa van Staden is ’n C2-bekroonde navorser. Sy is ’n gekwalifiseerde onderwyseres (BA.Ed, Universiteit van Pretoria) met Opvoedkunde 3, Geografie 3 en Afrikaans 3 as hoofvakke en het Sielkunde 3 (Unisa) later verwerf. Ten spyte van haar intensiewe opleiding, het sy gapings gevind, met die gevolg dat haar nagraadse studies daarop gerig was: begaafdekindonderwys (B.Ed, Unisa), die selfkonsep van onderpresterende begaafde seuns (M.Ed, Unisa) en tegnologie-gesteunde deurlopende professionele ontwikkeling van onderwysers (PhD, Universiteit van Johannesburg). Tydens haar doktorale studies het sy die onderwys verlaat om as navorser te spesialiseer.

Sy het haar nadoktorale genootskap in twee verdeel, naamlik een jaar by Noordwes-Universiteit en een jaar by Unisa. By Unisa het sy in die etiese komitee gedien en op versoek ’n nagraadse module aangebied. Alhoewel sy geen vergoeding vir die onderrig ontvang het nie, het dit navorsingsgeleenthede geskep aangesien sy die oorskakeling na e-portefeuljes moes loods. Haar leergeoriënteerde benadering tot die assessering van e-portefeuljes het tot die publikasie van verskeie artikels bygedra. Na voltooiing van die nadoktorale genootskap het sy as onafhanklike navorser gepubliseer, maar sy is sedert 2018 as navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat aangestel.

Haar onlangse navorsing is in verskeie nasionale en internasionale akademiese vaktydskrifte gepubliseer, waaronder LitNet Akademies, die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie (SATNT), Journal for Geography Educators in Africa (JoGEA) en twee van Springer se vaktydskrifte, naamlik Discover Education en Discover Artificial Intelligence. Haar eerste PhD-student (Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van die Vrystaat) en eerste MBA-student (Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe, Universiteit van Johannesburg) het hulle studies in 2025 suksesvol voltooi. Haar eie navorsing fokus op tegnologie-gesteunde onderwys, die moontlikhede en beperkings van generatiewe kunsmatige intelligensie, die gebruik van sosialenetwerkanalise om die impak van verhoudings te ondersoek en begaafdekindonderwys.

A network perspective on the use of cooperative base groups as a technique to improve collaboration in distance higher education

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2019-03-27

"The students were actively and meaningfully involved in the learning process, deeper forms of learning were promoted and the collaboration in groups had a positive impact on the academic success of distance education students."

’n Netwerkperspektief op die gebruik koöperatiewe basisgroepe as tegniek om samewerking in afstandhoëronderwys te bevorder

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-03-27

"Hierdie tegniek kan daartoe bydra dat die groot gaping tussen die akademiese prestasie van afstand- en kontak-hoëronderwysstudente gekrimp kan word terwyl die studente vir toetrede tot die werksplek voorberei word."

WhatsApp en die onderwys? Die sosiale media tot die redding!

Estelle Kruger, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2018-06-20

"Ek glo dat aanlynleeromgewings leer effektiewer ondersteun omdat die presiese inhoud van gesprekke outomaties geberg word om sinchroniese en asinchroniese deelname aan gesprekke moontlik te maak."

WhatsApp? A positively interdependent e-network of practice developed while students compiled their e-portfolios in distance education

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2018-06-13

"It can be concluded that WhatsApp groups provide a key to student success in distance education if the mentor is present to structure a cooperative learning process and to facilitate the development of self-regulating skills."

WhatsApp? Die ontwikkeling van ’n positief-interafhanklike e-praktyknetwerk tydens die samestelling van e-portefeuljes in afstandhoëronderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-06-13

"Die afleiding kan gemaak word dat WhatsApp-groepe ’n sleutel tot studentesukses in afstandhoëronderwys bied, mits die dosent of mentor aktief in die aanlynleeromgewing betrokke is om die leerproses koöperatief te struktureer en die ontwikkeling van selfreguleringsvaardighede te fasiliteer."

Ondersteuning van onderwysers aanlyn: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2017-12-06

"Ek dink juis aanlynleeromgewings bied ’n manier om onderwysers in afgeleë gebiede te bereik en by die groter Suid-Afrikaanse onderwysergemeenskap te betrek. Tegnologie is geduldig, en berg artefakte van gesprekke, en dus hoef onderwysers nie die hele tyd aanlyn te wees om saam te leer nie."

Online learning environments: A key to the continuing professional development of teachers

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2017-11-27

"Online learning environments allow teachers to collectively solve the problems they encounter, despite hierarchical, geographical and time differences."

Aanlynleeromgewings: ’n sleutel tot die deurlopende professionele ontwikkeling van onderwysers

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-11-27

"Ware professionele groei vind eers plaas wanneer onderwysers aktief en dinamies, kognitief en emosioneel, individueel en gesamentlik hul praktyke bevraagteken, daaroor besin en pogings aanwend om nuwe praktyke te ontwikkel."

Sosiogramme en genetwerkte leer: ’n soort opsitkers vir onderwysers

Estelle Kruger, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2016-11-30

"Onderwysers kan baie by mekaar leer. Soms gebeur dit nie. Wáár kan onderwysers met mekaar gesels oor dinge wat noodsaaklik is? Die web kan dalk gebruik word om 'n tuiste te skep."

Analysis of sociograms as method to study the efficiency of networked learning in a school-based mathematics subject group

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2016-11-29

"The state requires of teachers to learn from one another, but does not provide a method to assess the effectiveness of the learning that happens when teachers learn from one another."

Ontleding van sosiogramme as metode om die doeltreffendheid van genetwerkte leer in ’n skoolgebaseerde wiskundevakgroep te ondersoek

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-11-28

"Die staat vereis dat onderwysers saamwerk, maar bied geen metode om die doeltreffendheid van genetwerkte leer te ondersoek nie."

Top