Christina Johanna (Christa) van Staden

Christa van Staden is ’n C2-bekroonde navorser. Sy is ’n gekwalifiseerde onderwyseres (BA.Ed, Universiteit van Pretoria) met Opvoedkunde 3, Geografie 3 en Afrikaans 3 as hoofvakke en het Sielkunde 3 (Unisa) later verwerf. Ten spyte van haar intensiewe opleiding, het sy gapings gevind, met die gevolg dat haar nagraadse studies daarop gerig was: begaafdekindonderwys (B.Ed, Unisa), die selfkonsep van onderpresterende begaafde seuns (M.Ed, Unisa) en tegnologie-gesteunde deurlopende professionele ontwikkeling van onderwysers (PhD, Universiteit van Johannesburg). Tydens haar doktorale studies het sy die onderwys verlaat om as navorser te spesialiseer.

Sy het haar nadoktorale genootskap in twee verdeel, naamlik een jaar by Noordwes-Universiteit en een jaar by Unisa. By Unisa het sy in die etiese komitee gedien en op versoek ’n nagraadse module aangebied. Alhoewel sy geen vergoeding vir die onderrig ontvang het nie, het dit navorsingsgeleenthede geskep aangesien sy die oorskakeling na e-portefeuljes moes loods. Haar leergeoriënteerde benadering tot die assessering van e-portefeuljes het tot die publikasie van verskeie artikels bygedra. Na voltooiing van die nadoktorale genootskap het sy as onafhanklike navorser gepubliseer, maar sy is sedert 2018 as navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat aangestel.

Haar onlangse navorsing is in verskeie nasionale en internasionale akademiese vaktydskrifte gepubliseer, waaronder LitNet Akademies, die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie (SATNT), Journal for Geography Educators in Africa (JoGEA) en twee van Springer se vaktydskrifte, naamlik Discover Education en Discover Artificial Intelligence. Haar eerste PhD-student (Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van die Vrystaat) en eerste MBA-student (Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe, Universiteit van Johannesburg) het hulle studies in 2025 suksesvol voltooi. Haar eie navorsing fokus op tegnologie-gesteunde onderwys, die moontlikhede en beperkings van generatiewe kunsmatige intelligensie, die gebruik van sosialenetwerkanalise om die impak van verhoudings te ondersoek en begaafdekindonderwys.

Efficiency of collaborative experiential learning tasks during training of lecturers in distance higher education

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2022-12-14

"This mixed methods research aimed to investigate the efficiency of collaborative experiential learning tasks to understand how my practice could be improved."

Doeltreffendheid van gesamentlike ervaringsleertake tydens opleiding van dosente in afstandhoëronderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-14

"Die doel van die ondersoek was om die doeltreffendheid van die gesamentlike ervaringsleertake tydens die opleiding van dosente in ’n afstandhoëronderwyskonteks te ondersoek om te verstaan hoe ek my eie praktyk kan verbeter."

Christa van Staden: Telegram die beste geselstoep vir gebruik deur leerders en studente

Liné Loff, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2022-07-07

"Signal is die veiligste, maar Telegram bied soveel funksies waarmee die beperkings van WhatsApp oorkom kan word. Hoe meer ek Telegram gebruik het, hoe meer het ek besef hoe bruikbaar dit is."

Telegram, Signal or WhatsApp? Choosing an appropriate application for creating mobile learning environments in South African higher education contexts

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2022-06-23

"Telegram can be regarded as a safer app than WhatsApp, although not as safe as Signal. For the purpose of this study, an app is regarded as safe if the personal information collected is limited and outsiders cannot gain access to the messages."

Telegram, Signal of WhatsApp? Keuse van ’n geskikte toep om mobiele leeromgewings vir Suid-Afrikaanse hoëronderwyskontekste te skep

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-06-23

"[Dit is] sinvol om Telegram bo Signal aan te beveel weens die verskil in bruikbare kernfunksies. Alhoewel Signal die veiligste toep is, is dit nie sinvol om die veiligste toep vir opvoedkundige doeleindes aan te beveel nie, omdat studente ander toeps – wat groot hoeveelhede persoonlike inligting insamel – op ’n daaglikse basis op hulle slimfone gebruik."

COVID-19 en verlore skooltyd: Christa van Staden se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Christina Johanna (Christa) van Staden Skole 2021-08-04

"Sillabusse hoef nie so oorvol te wees nie; dit kon ingekort word. Waarom was die pandemie eers nodig om dit te besef?"

Teachers’ perceptions of Facebook and Gesels.net as e-learning environments: implications for emergency remote education

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2021-04-19

"Gesels.net was therefore designed and developed to serve as an eLE for South African teachers. Although individual teachers join both Facebook and Gesels.net, these tools have not yet been adopted by the staff of schools to establish schoolwide learning communities."

Onderwysers se persepsies van Facebook en Gesels.net as e-leeromgewings: implikasies vir nood-afstandonderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-04-19

"Alhoewel Facebook beskou is as makliker om te gebruik, was die verskil in persepsies nie betekenisvol nie. Daarom kon aanbeveel word dat die groep onderwysers Gesels.net gebruik om ’n e-leergemeenskap te vestig."

The analysis of sociograms to investigate the impact of cooperative base groups on positive interdependence on class level

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2020-08-20

"The COVID-19 pandemic resulted in a global move from contact education to e-learning since March 2020. In the process, the focus has shifted to the efficiency of facilitation and evaluation of learning and cooperative learning in e-learning environments."

Die ontleding van sosiogramme om die impak van koöperatiewe basisgroepe op positiewe interafhanklikheid in klasverband te ondersoek

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-08-20

"Die COVID-19-pandemie, wat sedert Maart 2020 veroorsaak het dat kontakonderwys wêreldwyd na aanlyn onderwys moes oorskakel, plaas die fokus op die doeltreffendheid waarop leer en koöperatiewe leer in aanlyn omgewings gefasiliteer en geëvalueer word."

Onderwysers kan mekaar arendsvlerke gee: ’n onderhoud met Christa van Staden

Naomi Meyer, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2019-09-16

"Die onderwysers gesels met ander onderwysers wat dieselfde vak aanbied en leer so oor tyd en geografiese grense heen. Dit is belangrik om te weet dat jy nie die enigste onderwyser is wat met 'n probleem soos kinders met gedragsprobleme sukkel nie. As mens eers weet dat jy nie alleen is nie, word die las ligter."

Soos ’n Arend: 5 vrae aan Christa van Staden

Christina Johanna (Christa) van Staden, Imke van Heerden Akademies en skole 2019-09-04

“Hierdie navorsing bewys dat onderwysers ’n toepassing kan gebruik om gevorderde vorms van kennis te skep en te deel. Dit is baie belangrik, aangesien hierdie vorm van leer selde erken word omdat daar oor die algemeen aanvaar word dat onderwysers kursusse moet bywoon om te leer.”

An investigation into the access provided by the Arend app to technological pedagogical and subject content knowledge (TPACK)

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2019-08-27

"Arend, a web-based learning environment, was designed, developed and published in 2012 to serve as meeting place for South African teachers."

’n Ondersoek na die tegnologiese-pedagogiese-en-inhoudkennis (TPEIK) waartoe die Arend-toep toegang verleen

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-08-27

"Die Arend-toep is in 2018 ontwerp en ontwikkel om toegang tot die webgebaseerde Arend, ’n aanlynleeromgewing vir onderwysers, te verbeter."

Vrouedag-skryfkompetisie: Anja, my inspirasie

Christina Johanna (Christa) van Staden Skryfkompetisies 2019-08-25

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Christa van Staden: "Sy bou saam met die kleinseuns modderdamme, klim saam boom en lag as hulle vuil is."

Top