Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

  • 4

Danie van Wyk: foto verskaf

........
Die implikasie vir Afrikaanse skole van die staat se voorstelle om skoolbeheerliggame hulle mag te ontneem om self die taal- en toegangsbeleid van hulle betrokke skole te bepaal, sal verreikende gevolge vir Afrikaanse skole en Afrikaanse gemeenskappe hê, sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.
.........

Die implikasie vir Afrikaanse skole van die staat se voorstelle om skoolbeheerliggame hulle mag te ontneem om self die taal- en toegangsbeleid van hulle betrokke skole te bepaal, sal verreikende gevolge vir Afrikaanse skole en Afrikaanse gemeenskappe hê, sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

Die Departement van Basiese Onderwys se voorgenome beleid om dié mag in die hande van provinsiale regerings te plaas gaan die magte van skoolbeheerrade verder erodeer. Afrikaans gaan verder onder druk verkeer as die beleid eensydig van die kant van die staat verander sal word. Dit is verder duidelik dat hierdie voorgestelde besluit van die staat ideologies gedrewe is. Die wysigings het dit ten doel om die regering se mag uit te brei. ’n Aspek wat in gedagte gehou moet word, is dat daar nie staatskole in Suid-Afrika is nie, maar wel openbare skole. In openbare skole is die bedoeling dat gemeenskappe, en veral ouers, verantwoordelikheid vir hul skole moet aanvaar. Dit word so in die Suid-Afrikaanse Skolewet omskryf.

..........
Die wysigings het dit ten doel om die regering se mag uit te brei. ’n Aspek wat in gedagte gehou moet word, is dat daar nie staatskole in Suid-Afrika is nie, maar wel openbare skole. In openbare skole is die bedoeling dat gemeenskappe, en veral ouers, verantwoordelikheid vir hul skole moet aanvaar. Dit word so in die Suid-Afrikaanse Skolewet omskryf.
............

Alle skole is openbare of onafhanklike skole. Die verskil tussen ’n staatskool en ’n openbare skool is dat eersgenoemde aan die staat behoort soos in die geval van China, Viëtnam en Kuba, asook ander kommunistiese state.  Gedurende die bewind van die apartheidstaat was daar ook voorgeskryf  aan skole hoe hulle moes onderrig en geadministreer moes word in terme van die Christelike Nasionale Onderwys-beleid. Die skole was dus staatskole.

’n Openbare skool word tans deur sy beheerliggaam beheer. Die primêre rol en funksie van ’n skoolbeerliggaam is om:

  1. sy statutêre plig na te kom en in die belang van die skool op te tree
  2. die skool, opvoeders en leerders se volle potensiaal te ontsluit
  3. uiteindelik ’n verskil in Suid-Afrika te maak.

Kragtens artikel 15 van die Skolewet is openbare skole regspersone. Dit beteken dus dat alle openbare skole losgemaak is van staatsadministrasie. Die skool behoort nie aan die staat nie, en word ook nie deur die staat beheer nie. Die Skolewet bepaal in artikel 16 dat die beheer van alle openbare skole in beheerliggame gesetel is. Om daarom na skole in Suid-Afrika te verwys as “staat- of regeringskole” is ’n gruwelike miskenning van die besondere aard van openbare skole in die land. Dit is ook die gruwelike miskenning van die regte van almal wat by openbare skole betrokke is.

.........
Kragtens artikel 15 van die Skolewet is openbare skole regspersone. Dit beteken dus dat alle openbare skole losgemaak is van staatsadministrasie. Die skool behoort nie aan die staat nie, en word ook nie deur die staat beheer nie.
..........

Die drie artikels waarin die staat beheer wil oorneem ten opsigte van skoolbeheerliggame se magte, is:

  • Artikel 5, wat provinsiale onderwyshoofde die “finale gesag” gee oor ’n skool se toelatingsbeleid.
  • Artikel 6, wat die provinsiale onderwyshoofde die “finale gesag” gee oor ’n skool se taalbeleid, met hierdie hoofde wat spesifiek verplig word om toe te sien dat die taalbeleid “die breër gemeenskap” dien.
  • Artikel 13, wat aan LUR’e verantwoordelik vir onderwys die mag gee om skole te laat saamsmelt en die nuwe naam van die saamgestelde skool te bepaal.

Hierdie veranderings kan gesien word as ’n finale poging van die staat om onderwys finaal onder hul beheer te plaas. Op hierdie wyse sal beheer oor skole gesentraliseer wees en die mag wegneem uit die hande van gemeenskappe en ouers  wat weet wat die beste vir hul kinders sal wees.

Jaco Deacon, adjunk- uitvoerende hoof van Fedsas, noem tereg dat die oorspronklike witskrif bepaal het dat ouers of voogde die primêre verantwoordelikheid vir die onderwys van hul kinders het, en dat die sentralisering van onderwys nie die oplossing gaan wees nie. Eienaarskap moet te alle tye in die gemeenskap gesetel wees.

Toelatingsbeleid van die skool

Tans word die toelatingsbeleid van ’n skool bepaal deur wetgewing sowel as deur regulasies wat volgens daardie wetgewing uitgevaardig is. Die toepaslike nasionale wetgewing en regulasies is soos volg:

Die Skolewet

Artikel 5 van die Skolewet handel oor die toelating van leerders. Dit skryf voor dat ’n openbare skool leerders móét toelaat en in hul opvoedkundige behoeftes moet voorsien, sonder om onbillik teen leerders te diskrimineer. Verdere belangrike voorskrifte is in die volgende subartikels van artikel 5 vervat. Dit dui aan dat die toelatingsbeleid van ’n openbare skool deur die beheerliggaam van sodanige skool bepaal word.

Die aansoek om toelating van ’n leerder tot ’n openbare skool moet aan die onderwysdepartement gerig word. Die Nasionale Toelatingsbeleid word volgens die Wet op Nasionale Onderwys bepaal. Dit bevestig die beheerliggaam se taak om die toelatingsbeleid te bepaal. ’n Afskrif van ’n skool se toelatingsbeleid moet aan die Onderwyshoof beskikbaar gestel word. (Dit gaan nie moontlik wees as die nuwe wysigings goedgekeur gaan word nie.)

Taalbeleid van die skool

Taalbeleid kan twee aspekte insluit. Die eerste is die onderrigtaal van die skool, met ander woorde die taal waarin alle vakke (buiten taalvakke) in die skool aangebied word, en die algemene omgangstaal waarin die skool met belanghebbendes soos opvoeders, ouers en leerders kommunikeer.

Die reg op onderrig in ’n amptelike taal of tale van eie keuse is dus ’n reg wat alle individue toekom. Leerders, en hulle ouers het dus die reg om die amptelike taal of tale te kies waarin hulle onderrig word. Openbare skole behoort leerders en hul ouers van hierdie fundamentele reg bewus te maak. In die geval van minderjarige leerders oefen die ouers leerders se taalregte namens hulle uit. Dit is ’n samevatting wat die Skolewet tans bepaal.

 Die staat se poging om die taalbeleid van openbare skole te bepaal is ’n skending van die grondwetlike reg wat dit duidelik maak dat almal ’n reg op onderwys het in ’n taal van hul keuse. Skoolbeheerliggame wat deur ouers van ’n skool verkies word, het onder die huidige wetgewing die mag om ’n skool se taal- en toelatingsbeleid te dikteer.

Die nuwe wetsontwerp ontneem ouers die reg om die taalbeleid van ’n skool te bepaal. Hierdie is ’n poging van die staat om in alle aspekte volle beheer oor die onderwys te neem. Hierdie voorgestelde wetgewing moet teengestaan word. Dit gaan politieke inmenging van die hoogste graad wees en skole verplig om by die wetgewing in te pas, of aan te pas.

.........
Suid-Afrika se onderwysbeleid gaan nie bydra tot die ontwikkeling van ’n goedgekwalifiseerde burger nie, en nie die uitkomste bied om internasionaal mee te ding nie. Die Skolewet maak voorsiening vir ouerinspraak waarin die rol en funksie van ’n skoolbeheerliggaam duidelik uitgespel word sodat ’n atmosfeer by ’n skool geskep kan word waarin onderrig en leer kan gedy en van die betrokke skool of skole funksionele skole kan maak wat die trots van die gemeenskap moet wees waarin dit geleë is.
...........

Suid-Afrika se onderwysbeleid gaan nie bydra tot die ontwikkeling van ’n goedgekwalifiseerde burger nie, en nie die uitkomste bied om internasionaal mee te ding nie. Die Skolewet maak voorsiening vir ouerinspraak waarin die rol en funksie van ’n skoolbeheerliggaam duidelik uitgespel word sodat ’n atmosfeer by ’n skool geskep kan word waarin onderrig en leer kan gedy en van die betrokke skool of skole funksionele skole kan maak wat die trots van die gemeenskap moet wees waarin dit geleë is.

Die ontneming van die mag van skoolbeheerliggame gaan veroorsaak dat skoolbeheer nie meer so gesetel gaan wees dat dit sy opvoedkundige doelwitte bereik nie. Dit kan slegs bereik word deur die skep van ’n positiewe skoolkultuur. Die invloed deur hierdie voorgestelde wetgewing gaan onderwys in die breë negatief beïnvloed. Daaraan is daar geen twyfel nie. Ook weet ons nie wat ’n volgende wysiging van die Skolewet in die toekoms gaan inhou nie – moontlik die afskaffing van verteenwoordige leerderrade? Dit klink nie té vergesog nie.

Die beplande wysigings ten opsigte van die taalbeleid asook die toelatingsbeleid van ’n skool gaan Afrikaans as onderrigtaal verder onder druk plaas. Die regering se beheptheid met Afrikaans gaan Afrikaans as onderrigtaal reduseer tot nul. Alle Afrikaanse skole en gemeenskappe, wit en bruin, het nou die geleentheid om as ’n eenheid hierdie Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys met alle mag teen te staan. Die toekoms van ons kinders is onder beleg.

..........
Die staat moet hul hande van onderwys af weg hou, want daar was nog geen geslaagde onderwysbeleid deur die staat om onderwys in Suid-Afrika op ’n gesonde basis te plaas nie. Dit was een eksperiment na die ander wat ’n totale mislukking was. Daar is te veel voorbeelde wat daarvan spreek. Ons as die publiek mag nie ons mag onderskat nie. Ons beskik oor die mag – dit moet net ontsluit word.
...........

Die staat moet hul hande van onderwys af weg hou, want daar was nog geen geslaagde onderwysbeleid deur die staat om onderwys in Suid-Afrika op ’n gesonde basis te plaas nie. Dit was een eksperiment na die ander wat ’n totale mislukking was. Daar is te veel voorbeelde wat daarvan spreek. Ons as die publiek mag nie ons mag onderskat nie. Ons beskik oor die mag – dit moet net ontsluit word.

Ek wil voorstel dat ’n dringende gesprek met die Minister van Basiese Onderwys gereël word waar belangegroepe almal verteenwoordig gaan wees om hul misnoeë uit te spreek, maar ook met praktiese voorstelle te kom hoe om die tekortkominge aan te spreek.

  • Danie van Wyk, Uitvoerende voorsitter, DAK Netwerk

Lees ook:

Ope brief aan Phumelele Buthelezi, vakadviseur KwaZulu-Natal: Die toekoms van Afrikaans op skool

Ongelykheid in skole, en hoe blind almal daarvoor is

Onderwys: die ANC-regering se grootste mislukking die afgelope 25 jaar

Watwou “vergunning”! Afrikaans bied dalk juis ’n oplossing in skole!

Multilingual schools, multilingual universities: an interview with Russell Kaschula and Michael Kretzer

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum

Die "goeie ou dae" in die onderwys was nie altyd so goed nie

COVID-19 en die onderwys

Wat behoort die benadering teenoor godsdiens in skole te wees?

COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers

’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier

 

 

 

 

  • 4

Kommentaar

  • Anne Stoffels

    Wat ek nou gaan noem, is nie oor die talebeleid by skole nie.
    Ek wil graag verneem: Wie onthou die middagskof by skole van ’n paar dekades gelede? Dit het gewerk soos ’n bom. Ek was self ’n middagskofonnie. Dit sal ook meer poste skep vir nuut afgestudeerde onderwysers. Die leerders kry dieselfde kwaliteit onderrig. Ons skoolbetuurders van destyds was hardwerkend, personeel ingesluit. Dit HET GEWERK. Maak klasse kleiner. Verskaf werk aan jong onderwysers. Afgetrede onnies wat nog krag het, kan dien as mentors. Maar dan moet hulle darem up to date wees. So met die tong in die kies. Mense, probeer dit.
    Sterkte vir Kleenex-klasse en middagskofte.
    Ani.JaS

  • Tersia du du Plessis

    Ek is 'n tuisonderrig-tutor vir sewe Afrikaans-moedertaalleerders, ouderdomme 12 tot 16. Afrikaans gaan binne 20 jaar uitsterf. Leerders se woordeskat is uiters beperk. Woorde soos spook, veearts, herder, solo, getuiens, vulgêr ens. is onbekend en ongebruik. (Ek het 'n spreitabel saamgestel met algemene gebruikswoorde wat die leerders nie ken nie, vir diegene wat belangstel.) Die politici en FAK en ATKV wat stry oor skole se taalbeleide is totaal uit voeling met wat op grondvlak aangaan. Geen kind wat ek ken luister enigsins na 'n radiostasie soos RSG nie. Nie een die programme vir tieners en/of kleuters nie. Hulle vind dit uiters "boring" en "fake" – om hulle aan te haal. Enige persoon wat Afrikaans wil red, moet begin om programme op YouTube te skep waarby kinders aanklank vind, en ophou veg met die regering.

  • Wilhelm Fourie

    Natuurlik moet ons hierdie probleem aanspreek. Dit beteken egter nie dat die politici mag wegkom met wat hulle doen nie. Ek kan baie ander tieners en kleuters noem wat wel 'n goeie woordeskat het. Die meeste mense onder 20 luister nie meer radio nie, maar kyk liewer na YouTube. Daar is egter geen rede om aan te neem dat dit so sal bly nie. Mense se gewoontes verander met ouderdom. Twintig jaar gelede het ek ook nie radio geluister nie, en vandag luister ek gereeld.

  • Wie het die kind gemaak, die ouer. En die ouer kan self besluit oor sy toekoms en taalonderrig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top