Danie van Wyk

Danie van Wyk is die uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

Gebore in Fraserburg in die Noord-Kaap, maar grootgeword en my skoolonderrig in Oudtshoorn ontvang, waar ek aan die Hoërskool Môrester gematrikuleer het. Ek verwerf my onderwysdiploma aan die Opleidingskollege Suid-Kaapland en studeer daarna deeltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar ek die BA-graad (Tale) verwerf. Ek het dit later opgevolg met ’n honneursgraad in arbeidsreg aan die Universiteit van Kaapstad en ’n seniorbestuursontwikkelingsprogram aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool.

Ek was verbonde aan verskeie skole in die Wes-Kaap as prinsipaal, waarna ek heeltyds by die onderwysvakbonde betrokke geraak het. Ek was hoofonderhandelaar in die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys asook die Staatsdiensbedingingsraad. Ook was ek ’n projekleier verbonde aan die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame voordat ek as hoof uitvoerende beampte by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans aangesluit het. Ek was ook betrokke by FEDSAS en by beheerliggame in skole.

Ek is geskei en twee kinders en twee kleinkinders.

Hersiene taalbeleid by Nelson Mandela Universiteit ’n groot sprong vorentoe

Danie van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2026-04-16

"Dit is duidelik dat hierdie nuwe en hersiene taalbeleid van die universiteit nie ideologies gedrewe was nie, maar suiwer gevestig is op akademiese konsepte wat tot voordeel van studente en die hele gemeenskap sal strek."

Wyngaard Weekliks: Ja of nee dat UWK na Allan Boesak vernoem word?

Heindrich Wyngaard, Danie van Wyk, Christian Martin Onderhoude 2026-03-12

Die vieringe van Allan Boesak se 80ste verjaardag gaan met omstredenheid gepaard. Daar word berig dat die bestuur van die Universiteit van Wes-Kaapland teen ’n naamsverandering besluit het. Dit is nie noodwendig die einde van die debat nie. Heindrich Wyngaard luister na die uiteenlopende menings van Christian Martin, voorsitter van die Oos-Kaapse komitee vir geografiese name, en Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk.

Afrikaans: die taal van Afrika en die Afrikaner as ’n "African" – erkenning vanuit ’n onverwagse oord

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-01-30

"Die groot Suid-Afrikaanse tragedie is dat Afrikaans nie as ’n inheemse taal erken word nie. Afrikaans word gekortwiek om sy plek langs ander Afrikatale in te neem. Dit alles is ’n somtotaal van die ideologiese benadering tot die onderwyssisteem. Daarvolgens is Engels die taal van onderwys en die staatsdiens in die algemeen en is ’n groot bydraende faktor tot die swak prestasies in die onderwys."

Robert Sobukwe: die vergete leier van die struggle

Danie van Wyk Seminare en essays 2026-01-15

"Sy teenstanders wou sy stem uitwis, maar kon nie daarin slaag nie."

Afrikaner, Afrikaan, Afrikaans

Danie van Wyk Seminare en essays 2025-11-14

"Dit is geen geheim nie dat bruin mense die mees diverse en gemengde groep in die land is met wortels wat tot diep in Afrikanerbloedlyne strek – en dit kan nie ontken word nie. Ons het meer gemeen met die (wit) Afrikaner as wat ons van mekaar verskil. Ons deel dieselfde taal, dieselfde godsdiens, kultuur en tot ’n groot mate tradisies. Afgesien van hierdie feite en raakpunte, pas ons nie binne die definisie van wat of wie ’n Afrikaner is nie."

Die aaklige gesig van rassisme: reaksie op die potgooi wat bruin mense verkleineer

Danie van Wyk Menings 2025-08-11

"Die swart jongmense het nie besef dat hulle ’n tsunami van afkeer veroorsaak het deur hul ondeurdagte uitsprake op hul potgooi wat groot reaksie ontlok het nie. Wat hulle as ’n grap gesien het, was nie onskadelik nie."

Elders gesien: Die speurder en die fish cane kastrol

Danie van Wyk Elders gesien 2025-03-18

"Beampte: 'What is a fish kastrol?'
Klaer: 'You put it on the fish cane when you catch fish.'"

Elders gesien: Randall van den Heever is oorlede

Danie van Wyk Elders gesien 2024-12-08

"Hy, Sonn en Jakes Gerwel was deel van die Dakar-groep wat die ANC in Dakar in die 1980’s ontmoet het."

Die rede waarom Donald J Trump ’n beter keuse vir die VSA en die wêreld is

Danie van Wyk Menings 2024-11-14

"Baie is oortuig dat Trump ’n wenner is en dat hy sy beloftes teenoor Amerika en die wêreld sal vervul. Gee hom ’n kans."

Elders gesien: Gee die agbare minister Gayton McKenzie ’n kans om homself te bewys

Danie van Wyk Elders gesien 2024-07-03

"Daar sal nie weer belaglike pogings wees soos om die grootste vlag in Suid-Afrika in Pretoria teen groot onkoste op te rig of om die Afrikaanse Taalmonument se naam te verander nie. Ook sal hy Afrikaans as ’n inheemse taal erken en as ’n Afrikaanssprekende sy stem laat hoor teen die marginalisering van die taal."

Gewaarwordinge van die eerste verkiesingsdag, 27 April 1994

Danie van Wyk Seminare en essays 2024-05-02

"Ek onthou dat daardie dag ’n koue en triestige dag in die Kaap was, maar dit het niemand teruggehou om hul kruisies te gaan trek nie."

Internasionale moedertaaldag 2024 en die belang van moedertaalonderrig

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-02-21

"Die  huidige dilemma waarin onderwys hom in Suid-Afrika bevind, is deels toe skryf aan die feit dat daar soveel leerders is wat nie in hul moedertaal onderrig ontvang nie. Dit word nou al hoe meer deur die onderwysowerhede besef en ons hoop dat die kwessie spoedig aangespreek sal word."

Slawevrystelling aan die Kaap op 1 Desember 1834: Moet dit gevier of herdenk word?

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-12-14

"Dit alles in ag genome kan die vrystelling van die slawe nie gevier word nie. Dit was nie ’n oorwinning van hulle kant nie, maar ’n edik wat deur die Britse regering uitgevaardig is waarin hulle vrystelling gewaarborg is ... ’n Herdenking van die vrystelling van die slawe sal meer gepas wees."

Verslag oor die Hoerikwaggo Indaba: ’n suksesvolle byeenkoms

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-12-11

"Wat ook  duidelik na vore gekom het in die gesprekke, is dat bruin mense nie ’n rassegroep is nie, maar wel ’n kultuurgroep binne die Suid-Afrikaanse bevolking. Die verskeidenheid binne bruin geledere moet gevier en omarm word."

Waarom Wolraad Woltemade as held vereer moet word

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-06-05

"Suid-Afrika het nou helde soos Wolraad Woltemade nodig om ons te red uit die put van politieke korrektheid, van werkloosheid, beurtkrag, misdaad, ekonomiese insinking, swak gesondheidsdiens, swak onderwys, swak polisiëring en vele ander wat dringend aandag moet geniet. Dit moet nou die prioriteit wees. Nie kleinlike politiekery wat verder bydra tot ons onbenydenswaardige posisie nie."

Top