“Daar bestaan nie meer organisasies in die bruin gemeenskap soos in die verlede om hul eiesoortige kwessies aan te spreek en oplossings daarvoor te vind nie,” sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.
Ek het verlede Saterdag, 23 November 2023, die Hoerikwaggo Indaba van Kaapse Forum bygewoon, waar daar gefokus is op die Erika Theron-kommissie – 50 jaar na die bekendmaking van die verslag wat ’n indringende studie gedoen het van die gemeenskapsuitdagings wat bruin mense op daardie stadium ervaar het. Dit moet egter genoem word dat daar verwys is na bruin mense as “kleurlinge”, en die bespreking van die verslag moet teen daardie agtergrond gesien word. Die kommissie is deur die apartheidsregering, onder die leiding van eerste minister BJ Vorster, ingestel met die spesifieke doel om ondersoek in te stel na die sosio-ekonomiese omstandighede van die bruin mense. Wat ek interessant gevind het van die byeenkoms, is dat daar vir die eerste keer deur bruin mense self na die uitdagings soos deur die verslag blootgelê, gekyk is. Die kwessies verwysend na “kleurlinge” was altyd gesien as ’n “vraagstuk” sonder ’n bepaalde oplossing. Van die absurde voorstelle deur “kleurlingkenners” het gewissel van totale integrasie met die Afrikaner tot ’n afsonderlike “tuisland vir kleurlinge” noord van die Hexrivierberge.
Kwessies soos in verskeie temas geïdentifiseer was uit verskeie perspektiewe bespreek deur ’n uitgelese groep wat as leiers binne die bruin gemeenskap gesien kan word en deelgeneem het aan ’n beraad met ’n bepaalde tema en agenda – die soeke na oplossings vir diepgewortelde probleme in hierdie besonderse bevolkingsgroep. In die verlede was daar die kombinasie van ’n Franklin Sonn, Allan Boesak en Jakes Gerwel wat op verskeie fronte die stryd om geregtigheid geveg het. Die enigste organisasie wat aktief betrokke was by gemeenskapsake was die Kaaplandse Professionele Onderwysersorganisasie (KPO), wat meer as net ’n onderwysersorganisasie was. Dit het gemeenskapskwessies aangespreek en het voortdurend oplossings gesoek binne ’n beperkte ruimte.
Een voorbeeld was studiebeurse wat aan studente aangebied was. Die befondsing van daardie beurse het grootliks uit die sakke van lede gekom – onderwysers wat dit hul plig gemaak het om ’n deel by te dra tot die voortsetting en voltooiing van hul studies.
Bruin mense is vandag grootliks nog vasgevang in ’n kringloop van chroniese armoede – soos dit 50 jaar gelede was. Dis byna asof ons vasgevang is in ’n strik van waar ons nooit sal kan ontsnap nie. Dis byna asof bruin mense “in armoede gebore en ontvang was” – met alle respek teenoor Psalm 51:5 – byna soos ’n erfsonde. Bruin mense is totaal op die rand van die Suid-Afrikaanse samelewing geskuif. Voorverlede Saterdag se gesprek was ’n soeke na gemeenskaplike oplossings vir die kwessies wat vir jare met ons is. Wat van belang is, is dat daar nie net gefokus is op die agtergesteldheid soos veroorsaak deur die diskriminerende wette en praktyke en soos deur die apartheidsregering bedryf was nie, maar dat daar met werkbare of merkbare voorstelle vorendag gekom was.
...........
Voorverlede Saterdag se gesprek was ’n soeke na gemeenskaplike oplossings vir die kwessies wat vir jare met ons is. Wat van belang is, is dat daar nie net gefokus is op die agtergesteldheid soos veroorsaak deur die diskriminerende wette en praktyke en soos deur die apartheidsregering bedryf was nie, maar dat daar met werkbare of merkbare voorstelle vorendag gekom was.
.............
Die teenwoordigheid van jongmense by die indaba was verfrissend. Hul insette was belangrik oor hoe hulle die demokrasie ervaar binne ’n nuwe politieke bedeling vergeleke met ’n vorige sisteem wat hulle nie ervaar het nie. Ek wil spesifieke verwysing maak na Robyn Botes, ’n onderwyseres wat met haar vernuwende onderrigmetodes in die klaskamer die aandag van die breë Suid-Afrikaanse publiek getrek het asook oorsese belangstelling veroorsaak het deur middel van TikTok. Robyn is verbonde aan JD Crawford Primêre Skool in Beaufort-Wes, waar sy onderwys gee. Die skool is geleё in Rustdene, die oudste bruin woonbuurt, buite die dorp. Hier woon inwoners steeds onder moeilike en haglike omstandighede met groot uitdagings. Robyn het haar lesse in Afrikaans op die sosiale platform gelaai en het onmiddellik groot belangstelling ontlok. Op haar unieke wyse van onderwysmetodiek inspireer sy nie slegs haar leerders nie, maar betrek ook die ouers indirek by haar lesplan en die lesse wat sy aanbied.
............
Ek wil spesifieke verwysing maak na Robyn Botes, ’n onderwyseres wat met haar vernuwende onderrigmetodes in die klaskamer die aandag van die breë Suid-Afrikaanse publiek getrek het asook oorsese belangstelling veroorsaak het deur middel van TikTok. Robyn is verbonde aan JD Crawford Primêre Skool in Beaufort-Wes, waar sy onderwys gee. Die skool is geleё in Rustdene, die oudste bruin woonbuurt, buite die dorp. Hier woon inwoners steeds onder moeilike en haglike omstandighede met groot uitdagings. Robyn het haar lesse in Afrikaans op die sosiale platform gelaai en het onmiddellik groot belangstelling ontlok. Op haar unieke wyse van onderwysmetodiek inspireer sy nie slegs haar leerders nie, maar betrek ook die ouers indirek by haar lesplan en die lesse wat sy aanbied.
...............
Dit het die vraag onwillekeurig tydens die beraad laat ontstaan waarom ons kinders nie behoorlik kan lees nie. Waar lê die fout? Lê die fout by onderwysersopleiding of by die voorskrifte en inhoud van die kurrikulum? Slegs die Departement van Basiese Onderwys kan die verandering teweeg bring deur minder klem te lê op kwantiteit in plaas van kwaliteit in onderwys. Onderwysers soos Robyn Botes en ander sal ernstig opgeneem moet word om kwaliteitonderrig aan leerders te verseker.
Die geleentheidspreker was Allan Boesak, wat op sy bekende wyse die regering ernstig aangespreek het oor voortgesette rasseklassifikasie. Die onophoudelike verwysing na ras, asook die indeling daarvan herinner sterk aan die apartheidsindeling van die Wet op Rasseklassifikasie, wat nie slegs vernederend was nie, maar ook mense se lewens in ’n oogknip kon verander. Hierdie behoud van ’n wetgewing wat reeds op die ashoop beland het, werk rassepolarisasie in die hand en werk nie mee tot die vestiging van ’n nierassige samelewing nie. Die strewe na ’n Suid-Afrika wat alle kultuur- en godsdiensgroeperings moet inkorporeer en akkommodeer, moet vooropgestel wees. Die een bevolkingsgroep kan nie en mag nie die ander oorheers nie. Die verwysing na “African in particular” en “blacks in general” moet onmiddellik gestaak word. Die regering kondoneer dit met hul diskriminerende arbeidswetgewing. “Black in general” gee nie erkenning aan bruin mense as Africans nie, en stroop ons van ons “Africanness”. Bruin mense is so deel van die hierdie Afrika-kontinent soos enige ander persone verbonde aan Afrika, en niemand kan ons dit ontsê nie.
Die landsleuse, “! Ke E:/Xarra / Ke” skep die inklusiwiteit wat almal insluit in die ware sin van die woord: “Eenheid in verskeidenheid”. Wat ook duidelik na vore gekom het in die gesprekke, is dat bruin mense nie ’n rassegroep is nie, maar wel ’n kultuurgroep binne die Suid-Afrikaanse bevolking. Die verskeidenheid binne bruin geledere moet gevier en omarm word. Die 198 bloedlyne wat in bruin mense voorkom, wat een deel van ons DNS is, maak van ons die mees gemengde groep op aarde. Bruin mense is afstammelinge van mense uit Europa, Afrika, die Midde- en Verre Ooste en die plaaslike eerstenasiemense, die Khoi en San, wat vir eeue in Suidelike Afrika geleef en gewerk het. Dit moet ons sterker en trotser op onsself maak as Africans.
Was die Hoerikwaggo-indaba ’n sukses? Vir ons wat teenwoordig was en dit meegemaak het, beslis. Die berg wat uit die see opstaan, Hoerikwaggo, het haar naam opnuut gevestig.
Danie van Wyk, Uitvoerende voorsitter, DAK Netwerk
Lees ook:
Top-tien-opvoeders in die Wes-Kaap: ’n onderhoud met Robyn van de Rhede
’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk