SA se onderwys sal hersien móét word

  • 1

Danie van Wyk skryf op Facebook:

"Van hoop tot aksie deur kennis" – UWK se advertensie en gelukwensing aan die 2022 matrieks op RSG.

Hoe ironies dat die universiteit in Afrikaans adverteer, alhoewel dit vir alle praktiese redes ’n Engelstalige universiteit is.

Dis so jammer dat die Gerwel-kommissie se aanbevelings dat die UWK een van twee Afrikaanse universiteite in die land moes wees, totaal deur Kader Asmal, destydse minister van onderwys, van die tafel gevee is.

’n Ander ramp was die onpraktiese samesmelting van universiteite en universiteite van tegnologie. Dit het nie bygedra tot die ontwikkeling van hoër onderwys nie. Die sluiting van kolleges vir onderwysopleiding het grootliks die krisis in onderwys vererger. Daar is tans ’n tekort aan onderwysers en die heropening van onderwyskolleges sal groot verligting kan bring.

Ons het ’n Onderwys-Kodesa of -indaba nodig waar onderwyskenners die krisis kan aanspreek en met werkbare oplossings vorendag kan kom. Dit is dringend nodig. SA se onderwys is onder geweldige druk en sal hersien móét word.

  • 1

Kommentaar

  • Goed ontwikkelde, ingeligte en presterende skoolverlaters is glad nie in die politici se belang nie. Beslis dus ook nie moedertaal nie. Alles word Engels gemaak. Afskaffing van mense se moedertale maak alles "inklusief", volgens die politici. Met genoeg mense afhanklik van staatstoelae kan mens mos 'n veel sterker party bou.

    Probleem is net dit lyk of die kos nou opraak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top